onwillekeurig
onwillekeurig
as woorde soms hul lug verloor
ek hygend oopmond asemhaal
snikkend sonder tussenpose
soekend na die spore nagelaat
soos in dowwe gevreesde angs
en alles wit brand teen die rooi in my bloed,
wonder ek oor onheil,
die dood se kennis
teen my eerbied se voel
en die ontsag van liefde se mooi…
ontmoet ek teenstand
soos in die moedeloos
van geen wedersiens
en van nugtere teleurstelling,
ontoegeeflik…
kom die intrek en uitstoot
asemloos deur my longe
skree my woorde onwillekeurig krete
soos ‘n liefdesavontuur
die vlam binne my ontsteek
@Anton Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.