
OORLOG WAT NIEMAND SIEN NIE
My siel n slagveld in jare saam gepers
emosies lê verstrooid
niks meer die moeite werd
hoop wat nog aan my skoensole klou
spore wat maskers dra oor gister se onthou
die oorlog wat niemand sien nie
die trane wat droë skote vuur
vingers is stompies van gee
my hart oorleef mank bloed bevlek
troetel ons die bekende gesigte
wat die skoot gaan vuur
jou hart met die bionet vermink
dis woorde daai tong die swaard
sonder n weegskaal
wat jou verpletter alleen in jou peleton laat staan
@Loret Zwarts
Bronsgradering
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek