Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Oorwinning

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 16 September 2022 Aantal woorde: 88 38 Kere gelees 2

groei word gemeet
in BNP* vir inflasie aangepas
vir jare word geld gewas
uitgerafel tot
ń ragfyn
lappie

uitgewaste koppe lê oral rond
fabriek en kantoor vloere vol
waar lykbesorgers in pakke
whiskey heildronke instel
op hul geldige
sukses

die stryd is fel
ń wenner is nooit
die gawe goeie ou,
maar hou beste beeld voor
met kompetisiemes gereed,
bly die standaard raad

streef vir die gemenebes
preek die maatskappy
maar lyke lê kniediep
in die stryd vir ubuntu
en eie ego behoud
elke sege eis ń verlies

*Bruto Nasionale Produk




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 573
Kommentaar telling: 148

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 130 gaste aanlyn

Bydraes – Argief