POËTIESE BEGRIPPE
RYM |
Rym is die herhaling van dieselfde klanke binne of aan die einde van ’n versreël
Dit is die herhaling, gereeld of ongereeld, van woorde of klanke. |
Rym is ‘n belangrike vormelement, daarby ‘n middel om klankbinding in ‘n gedig te bewerkstellig, ook is dit vir baie digters ‘n soort gids wat die gang van die gedig bepaal, bowenal is dit ‘n dissipline wat die digter dwing om die moontlikhede van sy taal deeglik te verken. |
Funksies: |
|
HALFRYM |
ALLITERASIE: (ook stafrym) |
Die herhaling van dieselfde konsonante in ’n versreël. |
“en bedug beur ons nou, ’n bietjie broos
“Kind nog kraai” |
ASSONANSIE: |
Die herhaling van dieselfde vokaal in ’n versreël.
“Die maan gaan staan.” |
VOLRYM |
WANNEER VOKALE EN KONSONANTE AS ’n GROEP HERHAAL WORD. |
Beginrym
Hier rym die begin woorde van ’n versreëlmet mekaar. |
Vrolik kyk die tweetjies na mekaar
olik vertrek hul later met ’n traan … |
Binnerym of middelrym |
’n Woord in die versreël wat rym met ’n woorde aan die einde van die versreël.
“Stil in die duister lê ek so en luister hoe die mense dwaal en maal”
|
Dubbelrym |
Hier rym twee lettergrepe van die voorafgaande vers met die twee lettergrepe in die daaropvolgende vers:
“Waarom bly jy immer kind? Liefde sal jy nimmer vind. |
RYMSKEMA |
Die posisie van die rymwoorde in die versreël bepaal die rymskema. |
|
RYMDWANG |
Soms vind ’n digter dit moeilik om by die rymskema te bly. Die woord word dan verander om in die rymskema te pas. Vergelyk “kou” i.p.v. “koue” in onderstaande gedig : |
In elke grashalm se vou
blink ’n druppel van dou en vinnig verbleek dit tot ryp kou. |
RITME EN METRUM: |
Alhoewel hierdie twee terme baie naby beskrywend is van prosesse in die digkuns, is dit egter nie.
RITME |
Die ritme van gedig is die tempo wat gebruik word om die gedigte soos ‘n metronoom ( ta –ta – ta – tum) te begelei. Hier is dit baie belangrik dat verse ALTYD hardop gelees word nadat u dit geskryf het. Wat die oog mis, mis die oor nooit. Lees u gedig ‘n paar keer hardop vir uself en vergewis uself van die ritme en korregeer dit sou dit nodig wees. Ritme is die herhaalde patroon van klanke wat beweging skep. |
Dit is meer natuurlik as metrum en word bepaal deur aksente, intonasie, tempo, ruspunte en enjambemente. Dit word nie metries bepaal nie, met ander woorde: dit bestaan nie uit afgebakende beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe wat in ‘n vaste patroon herhaal word nie. Aksentuering speel ‘n belangrike rol in die bepaling van ritme in ‘n versreël. Hier onderskei ons tussen woordaksent en sinsaksent of ‘n versreëlaksent. |
Faktore wat ritme beïnvloed: |
|
METRUM |
Die METRUM dui op donker en lig in vers. M.a.w. harde en sagte klanke wat die stemming van die gedig aandui. |
|
REFREIN |
Kom gewoonlik voor by ballades. Dit is woorde, versreëls wat aan die einde van opeenvolgende koeplette van ‘n lied of gedig telkens herhaal word. |
ENJAMBEMENT |
Dit is wanneer een versreël sonder enige leestekens in die volgende versreël oorgaan. |
|
Funksies van enjambement: |
|
BEELDSPRAAK |
Figuurlike taal (teenoor letterlike taal) – sinnebeeldig, metafories, oordragtelik; woorde en frases wat gebruik word om ’n spesifieke effek te bereik soos vergelykings, personifikasie, metafoor, metonimia (oornoeming), sinekdogee (gedeeltelike aanduiding), antonomasia (naamsverwisseling) |
Literêre tekste maak baie van figuurlike taal gebruik. |
Vergelyking |
Hier word twee sake met mekaar vergelyk. Die woorde : soos, net soos en nes, word gebruik om te wys dat daar gemeenskaplike kenmerke tussen twee vergelykbare sake is,byvoorbeeld |
Metafoor |
Stel twee sake wat met mekaar verband hou,gelyk aan mekaar, byvoorbeeld |
Die bedrieër is ’n jakkals.
Die jakkals het haar verkul en met al haar spaargeld weggeloop. |
Personifikasie |
Die vermensliking van die natuur, lewelosevoorwerpe, diere en abstrakte begrippe.Menslike eienskappe word hieraan toegedig. |
Die uitken van personifikasie is nie voldoende nie, jy moet ook die funksie endoeltreffendheid daarvan kan onderskei. |
“Die sterre knipoog vir die maan en
glimlag oor die nuwe dag wat kom” |
STYLFIGURE |
Stylfigure (ook stylleer) – uitdrukking wat ’n styleffek teweegbring deur woorde nie in hulle normale of letterlike betekenis en funksie aan te wend nie (afwyking in woordgebruik), maar op ’n besondere wyse groter krag of dramatiese beeld aan skryfwerk verleen, bv. eufemisme, hiperbool, ironie, satire, litotes, sarkasme, sinestesie, metonimia, klimaks, oksimoron, polisindeton,ens |
CLICHé
Dit is afgesaagde, verslete beeldspraak; holruggeryde uitdrukking of idee wat so dikwels gebruik word dat dit uitdrukkingskrag verloor,
bv. laaste, maar nie die minste nie. |
ANAFORA |
Herhaling van dieselfde woord of uitdrukking aan die begin van versreëls. |
ANTITESE |
Die teenstelling van gedagtes wat uitgedruk word deur parallelisme wat skerp teenoor mekaar staan, bv. hoe meer haas hoe minder spoed |
ENUMERASIE |
Opnoeming of opsomming van verskillende sake of begrippe wat soms nie lyk of hul bymekaar pas nie. |
INVERSIE |
Omkering van gewone of natuurlike woordorde ter wille van ‘n bepaalde effek of rym,
bv. lank was die dag, i.p.v. die dag was lank. |
IRONIE |
Die woordgebruik waarmee ’n mens die teenoorgestelde sê van wat jy bedoel; omstandigheid of stand van sake wat die teenoorgestelde sê van wat ’n mens kon verwag het. |
Dit is ’n vorm van humor en bedekte spot. |
PARADOKS |
Skynbare teenstrydigheid wat dieper waarheid verberg. “Ek veg vir vrede” |
REPETISIE/HERHALING |
Beklemtoning deur oordoen, oorsê en oorvertel. |
FUNKSIES |
Belangrike woorde, reëls of sinsnedes word uitgehef. Die eenheid van die gedig word daardeur versterk, want herhaling bind versreëls. Dit verleen aan die gedig ‘n vaste patroon. Dit verleen ‘n bepaalde musikaliteit of sangerigheid aan die verse. |
SARKASME |
Sterk, beledigende vorm van ironie. |
ASINDETON |
Afwesigheid van voegwoord. Bv. Al haar hemde, rokke, skoene, alles, val by die kas uit. |
POLISINDETON |
Dit is die herhaling van voegwoorde om ’n sekere effek te skep, byvoorbeeld: |
Hy het gesing en gedans en gelag en gejubel van vreugde. |
ELLIPS |
Weggelate woorde wat deur drie punte (. . .) voorgestel word. Dit vestig die aandag op ʼn belangrike deel wat volg. Dit word gebruik om atmosfeer te skep soos spanning en onsekerheid. |
‘n Sin wat onvoltooid gelaat word as gevolg van die weglaat van woorde. (…) Word ook beletselteken of weglaatteken genoem. Bv. Die polisieman knik, en toe… |
ENUMERASIE |
Opnoemtegniek. Opnoem of opsomming van verskillende sake. Bv. Simonsberg, Oranjerivier, Namakewaland en Kaapse-vlaktes. |
ELISIE |
By elisie word klanke of ‘n klankgreep uitgelaat, ter wille van ‘n bepaalde effek of ritme, bv. elk’ i.p.v. elke. Die weglatingsteken ’ word gebruik. |
EUFEMISME |
Die versagtende uitdrukking of omskrywing; verbloeming; word gebruik om nie gevoelens seer te maak nie, bv. lang vingers hê (steel)
‘n Harde werklikheid word sag gestel. Bv. Die elmboog lig. (Baie drink.) |
DEFEMISME |
Wanneer iets besonders skerp en/of kras gestel word. Bv. Beledigings. |
HIPERBOOL |
’n Stylfiguur waarin buitensporige, doelbewuste oordrywing gebruik word; om iets groter as wat dit werklik is, voor te stel, bv. Hulle het ons ’n berg koek gegee om te eet
Bv. Ek werk my dood! (Nee, jy werk net hard.) |
LITOTES |
’n Stylfiguur waarby iets verklein word om die betekenis of bedoeling beter te laat uitkom, veral deur die teenoorgestelde te ontken. |
Bv. Hierdie is ‘n klein geskenkie van R1000. (Dis duur.) Dit gaan nie sleg nie… (Dit gaan goed.) |
OKSIMORON |
Opsetlike teenstrydigheid tussen twee woorde. Bv. ‘n Plastiekglas. Ou nuus. Aaklig mooi. Bitter-soet. Treurige glimlag. Horende doof; sienende blind. |
PARALELLISME |
Herhaling van versreëls kort na mekaar. Bv. Dit gaan goed met die wat onberispelik lewe, die wat wander volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met die wat sy verordeninge gehoorsaam, die wat met hulle hele hart sy wil doen. |
RETORIESE VRAAG |
Is ‘n vraag waarop geen antwoord verwag word nie, en wat aangewend word om ‘n bepaalde gedagte uit te hef. Dit word gebruik wanneer die sin in die vorm van ‘n vraag gestel word met die doel om aandag te trek.
Dink jy dit was vir my lekker?! |
WOORDSPELING |
Die humoristiese gebruik van verskillende betekenisse van ‘n woord. |
RETORIEK |
Valse, oordrewe verslete beeldspraak wat as oorversiering aangebied word. Veral politici. Bv. Viva die massa! Viva! Vir Volk en Vaderland! |
KLANKNABOOTSING |
Die voorstelling van klank (ook onomatopee) – die gebruik van woorde om die klanke wat hulle beskryf, te skep. Dit help ons om die geluid sintuiglik te ervaar.
Bv. Tok-tok, kiep-kiep |
KONTRAS |
(ook antitese, teenstelling) – stylmiddel waarin twee uiterstes teenoor mekaar gestel word |
SARKASME |
– bytend, bitter spot, minagting wat wil seermaak of skok op persoonlike vlak; dit sê wat die spreker/skrywer bedoel. |
SATIRE |
– iets wat hekelend spot met die lewe; dwaashede en wanpraktyke van die mens/maatskappy word onthul of geopenbaar; ’n satiriese literêre werk het gewoonlik ’n bewustelike sosiale inslag |
SIMBOOL |
– ’n teken/voorwerp wat ’n ander saak verteenwoordig; ’n tradisionele simbool soos ’n kruis is as beeldspraakvorm nie net ’n afbeelding van die werklikheid nie, maar dit kry ook ’n dieper betekenis deurdat dit na iets anders verwys.
’n Sleutel simboliseer kennis./ ’n Nuwe begin. ’n Duif simboliseer vrede en vryheid. ’n Klip simboliseer vrede en vryheid. ’n Huis simboliseer sekuriteit. ’n Kruis simboliseer verlossing/swaarkry. ’n slang simboliseer die bose. Rooi simboliseer passie/liefse/gevaar. |
METONIMIA |
‘n Stylfiguur waarby ‘n eienskap wat by iemand of iets hoort, in plaas van, vir die benoemde gebruik word. |
Bv. Hy lees Langenhoven. Die soldaat het lood geëet. Ek het ‘n lekker bord geëet. Die kroon is in die moeilikheid. Jy is ʼn vlieg – baie lastig. |
ONTLEDING VAN GEDIG |
TEMA |
Die hoof gedagte of sentrale idee.
UNIVERSALITEIT |
Nie gebonde aan tyd, situasie of plek nie. |
INTERTEKSTUALITEIT |
Wanneer ʼn gedig verwys na tekste wat reeds bestaan. ʼn Digter kan met opset dele van ʼn ander teks gebruik deur, byvoorbeeld, oor dieselfde onderwerp te skryf of dele van ʼn ander teks te gebruik. |
SPREKER |
Die persoon wat praat, ’n stem.
|
AANGESPROKENE |
Die persoon met wie daar gepraat word. |
HERHALING |
Wanneer woorde of sinsnedes herhaal word om ‘n gedagte te beklemtoon |
APOSTROOF |
Wanneer die spreker met iemand praat in sy/haar afwesigheid. |
DENOTASIE |
Dit wat die begripsinhoud weergee of saamvat, die letterlike betekenis van ’n woord of uitdrukking. |
EKSPLISIET |
Die betekenis wat duidelik of direk gestel word. |
KONNOTASIE |
Wat gesuggereer word deur ’n woord of ding, dieperliggend as die letterlike of eksplisiete betekenis |
Mense gebruik beelde om iets te sê. ʼn Woord het dus ʼn baie wyer betekenis. As iemand sê: “Nou sit ek met die gebakte pere”, verwys dit na die feit dat die persoon nou ander mense se moeilikheid geërf het. Dit word aangetref in metafore, vergelykings, personifikasie en idiomatiese uitdrukkings. |
Geïmpliseerde betekenis |
Betekenis wat gevolgtrekking inhou of toelaat; betekenis wat nie eksplisiet in die teks uitgedruk word nie. |
implisiet (teenoor eksplisiet) – dit wat nie direk in ’n teks gestel word nie, maar wel afgelei kan word. |
INNERLIKE BOU |
Dit verwys na die inhoud van die gedig. Dit wat die gedig sê. |
TITEL |
Dit is die opskrif |
SUBTITEL |
Dit is die ondertitel wat gewoonlik iets meer sê as die titel self. |
STEMMING |
Dit is die gevoel wat die leser kry wanneer hy die gedig of verhaal lees. ʼn Gedig se atmosfeer kan, byvoorbeeld, vrolik, hartseer, ernstig wees.
Toonaard (atmosfeer) Kan weemoedig, opgewek, ernstig, hartseer, ensovoorts, wees. Die volgende faktore beïnvloed die toonaard van die gedig
|
Die emosionele atmosfeer of gevoel wat geskep of uitgedruk word. |
|
TOON |
Die manier of houding van jou stem. |
|
TEMPO |
Dit is ‘n baie belangrike element van ‘n gedig, want tempo suggereer of skep altyd ‘n bepaalde atmosfeer. Betekenis en tempo is ook ten nouste met mekaar verbonde.
Kyk na die volgende voorbeelde:
“By staande waatre klaag my siellewe”
Die tempo in hierdie versreël is stadig. Die gevoel van verlatenheid en droefheid word deur hierdie stadige tempo versterk.
Kyk na die volgende versreëls:
“En o, met my is die windjies bly: hul spring uit die stof orent en wals en draai in dwarrelswaai oor my vloer, van ent tot ent:”
Hier is die tempo vinnig om ‘n atmosfeer van vrolikheid en opgewektheid te skep en ook die gevoel van die haastige windjies word versterk.
Faktore wat tempo beïnvloed: · Leestekens – baie leestekens vertraag die tempo, terwyl min leestekens die tempo versnel. Enjambemente – versnel die tempo. · Verslengtes – kort versreëls vertraag die tempo. |
WENDING |
‘n Wending is waar daar ‘n verandering of ommekeer in die gedig is. |
Die woorde TOE.. en MAAR dui gewoonlik ’n wending aan.
Bv. maar waar hy in die sirkustent aapagtig teen die firmament, Toe het ‘n brief gekom eendag … |
UITERLIKE BOU |
Verwys na die struktuur. Hoe dit op papier lyk.
Die manier waarop die gedig gedruk is. Voorbeelde: lettertipe lengtes van reëls skuinsdruk (kursief/italics) hoof- en kleinletters leestekens wyse waarop reëls geplaas is. |
ALLEENPLASING |
Wanneer ’n woord alleen staan in ’n versreël. Die woord word dan sodoende beklemtoon en uitgehef |
VERSREëL |
‘n Reël van ‘n gedig. |
STROFE |
‘n Aantal reëls wat tussen tipografiese spasies staan. |
Soorte strofes: |
|
UITHEFFINGSTEGNIEKE |
|
TIPOGRAFIE |
Wit gedeeltes tussen paragrawe/strofes: dui ’n verandering aan. |
PUNKTUASIE |
Die plasing van leestekens. By poësie het sekere leestekens dikwels ‘n spesifieke belangrike funksie binne die konteks van die gedig.
Inlassing (parentese) Hier word gebruik gemaak van die aandagstreep aan weerskante van die inlassing, bv. “Die nag daar in die stad – geen een om in jou nood jou by te staan nie – het jy geweet dat Hy alleen in Getsemané sou binnegaan”. |
punt (.) | sluit ’n bepaalde gedagte/frase af |
kommapunt (;)
|
kerngedagte word geïsoleer
Die ruspunt word gebruik om elke keer ‘n nuwe gedagte aan te toon, bv: “‘n Skurwe huisie uit ysterklip gekerf; ‘n slap draadheining; op die stoep lê rond ‘n vark, vier hoenders en ‘n hond; ‘n stowwerige kind kruip oor die werf.” |
komma (,) | pouse word geskep wat soms as uitheffingstegniek dien
Kommas kan voor en na ‘n bystelling kom, wat dan die gedeelte uithef (parentese). Dit dui op afsonderlike gedagtes, kenmerke. Dit hou die aandag gevange en verleen sodoende aan sekere woorde of sinsnedes groter prominensie. Baie kommas vertraag die tempo en dit beïnvloed weer die toonaard. |
aandagstreep (-) | Dit vestig aandag op verdere inligting.
Dit word veral gebruik om die woord of gedagte wat volg te beklemtoon. Dit dui gewoonlik ‘n kontras aan, bv: “maar die tarenaal sit stom op haar nes vol eiers – my hart broei oor die stad; glas; sink; beton.” Dit word gebruik om parenteses (inlassinne) aan te dui. Dit word gebruik om by distansiëring (uitsteltegniek) die aandag op die klimaks te vestig |
hakies ( ) | dui parentese aan |
dubbelpunt (:) | verduideliking volg/direkte rede |
ellips (…) | onvoltooide stelling/suggestie (ook beletselteken genoem) |
uitroepteken (!) | verleen trefk rag aan sekere gedagte Verleen forsheid, kragtigheid en beklemtoon dringendheid van verse. Word gebruik om ‘n gedagte of woord te beklemtoon. Dit word gebruik om ‘n sekere gevoel te versterk. |
hoofletter (H) | beklemtoon woord |
skuinsdruk (i) | aanhaling/beklemtoning van woorde |
SOORTE GEDIGTE | |
Natuurgedig | |
Lofsang van natuurskoon. | |
Briefgedig | |
Epiek beteken “verhaal”. | |
‘n Epiese gedig is ‘n gedig waarin ‘n verhaal vertel word. | |
Liriek is van die woord “lier” afgelei wat met sang te doen het. Liriese gedigte gaan meer om die emosie van die digter | |
In ‘n liriese gedig is sangerigheid teenwoordig. Sulke gedigte word dikwels getoonset. | |
Verhalende gedigte lees soos ’n storie Ballade | |
Dit is ’n verhalende gedig, met of sonder ’n refrein*. | |
Epos/Heldedig | |
Dit is ’n verhalende gedig waarin heldedade of die lewens van gode breedvoerig beskryf word. | |
Huldegingsgedig | |
’n Gedig as nagedagtenis an ’n gestorwe persoon. | |
Dramatiese monoloog/ Alleenspraak Dit is ’n verhalende gedig waarin die spreker met hom- of haarself in gesprek tree.
|
|
Sonnet Dit is ’n gedig met ’n vaste vorm en 14 versreëls. Daar is twee vorme van die sonnet: Engels/Shakesperiaans en Italiaans/Petrarcaans.
|
|
Liefdesgedig/Ode/Loflied Dit is ’n liriese lofdig oor ’n spesifieke onderwerp, bv. die liefde.
’n Gedig met liefde as tema. ’n Gedig waarin liefde besing word. |
|
Elegie/Klaaglied/ Lykdig/ Treursang/Treurdig Dit is ’n gedig oor die dood van ’n geliefde.
|
|
Ander digsoorte: | |
VRYE VERS | |
Geen funksionele leesteken- en hooflettergebruik nie. Geen vaste rymskema nie Versreëls en strofes nie ewe lank nie
Wanneer ’n gedig nie ’n spesifieke dissipline soos ’n vaste rymskema, versreëllengte of strofebou het nie, word dit vrye vers genoem. Daar kan selfs afgewyk word van die gewone toepassing van hoofletters, leestekens en sinskonstruksie. So ’n gedig moet egter ander bindende elemente bevat, byvoorbeeld herhaling van klanke, woorde, beelde, gedagtes of versreëls. |
|
Blanko vers | |
Dit is ’n gedig sonder rym. | |
Limeriek | |
Dit is ’n grappige, kort vers van vyf reëls. Die rymskema is aabba. | |
Parodie | |
Dit is ’n gedig wat ’n ander ernstige gedig naboots en grappig van aard is. | |
Hekeldig/Spotdig | |
Dit is ’n gedig waarin daar gespot word met euwels van die samelewing | |
Pryslied | |
’n Pryslied het nie ’n vaste vorm nie, maar dit besit wel die volgende kenmerke:
|
|
Haiku/Haikoe | |
Dit is ’n liriese digvorm wat in Japan ontstaan het en bestaan uit drie kort versreëls sonder rym. Reël 1 het vyf lettergrepe, reël 2 sewe en reël 3 vyf lettergrepe.
Hier is ‘n paar algemene kenmerke van ‘n haiku
|
|
http://www.christelikemedia.org/https://af.wikipedia.org/wiki/http://www.education.gov.za/ |