1 Die Gedig as ‘n kunswerk op sigself
1 Die Gedig as ‘n kunswerk op sigself
Volgens my mening is daar nie ‘n manier dat ‘n skrywer gelyk is, aan sy of haar skrywes nie. Ek skryf byvoorbeeld soms van daardie hartseer gedigte oor verlore liefde, wat nie impliseer dat ek nie ‘n wonderlike verhouding met ‘n oulike meisie het nie.
Gedigte moet op hulle eie meriete, gemeet word. Geen een het die reg om aan die skrywer voor te skryf oor wat om te skryf, of oor hoe om te voel nie. Die gedig staan by dit self en daar is nie ‘n debat oor wat dit moes sê of wat ontbreek uit die inhoud daarvan nie.
Daar kom natuurlik elemente van ‘n skrywer in sy of haar stof voor, maar om daardie persoon daaraan te bind is eintlik ‘n gevaarlike ding soos ‘n hekse jag in die donker eeue.
Die ander gevaarlike ding is wanneer daar kassies gebou word waarin stof (geskrewe werke) in moet pas. Vir my is dit ook net ‘n manier om kuns dood te druk en in die selfde patroon in te druk, en nie vryheid te gee oor hoe om vorm aan te neem nie.
As ‘n skrywer nie die dig tipe van vorm wat ‘n gedig moet aanneem kan kies nie en dit aan ‘n tipe wat voorgeskryf word moet druk, is daar geen moontlikheid vir nuwe soorte van vorms om te ontwikkel nie.
As erotiek funksioneel tot die verhaal of gedig is, het dit ‘n volwaardige plek daarin en as mens die werklikheid wil weergee en ‘n skrywer is wat jou werk realisties wil maak word jou skrywes geknou wanneer jy werklikhede moet uitsny oor beperkings.
Ons het almal ons eie keuses van dinge wat ons van hou en wat ons verpes. Daar is niks daarmee verkeerd, om ‘n godvresende lewe te lei nie. Dit is egter wanneer ons ander mense dwing tot ons eie waardesisteem, wat die rooi ligte begin flikker. Kies net wat jy wil lees en skep, en los dit vir andere om te skep en te lees wat hulle wil.
As iemand gedwing word om net vrye vers te skryf of net te rym neem ons werktuie van die digter weg. Wonderlike gedigte kan ontstaan in vrye vers en in rym en ook in ‘n mengsel van die twee, waar die digter dalk ‘n rede het om die twee digvorme te meng.
As ons andere ontneem van hul werktuie en die soort stof waarmee hulle betrokke by kan word, probeer ons mense dwing om in ons wêreld in te pas, afgesien of hulle daarin wil wees of nie en breek ons basies vryhede af.