Jongste aktiwiteit:

109 Die quintella
vir

109 Die quintella

109 Die quintella

Die Spaanse quintella bestaan uit vyf versreëls met agt lettergrepe per versreël. Die rymskema kan of aabba of abbaa wees.

Pat Bibbs se gedig “A flickering flame, on the wall” en Sharon Mimi se gedig “Your quiet cries echo loudly with pain” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Mens kan meer as een quintella in ‘n gedig gebruik, maar dwarsdeur moet by dieselfde rymskema gehou word.

Hier is van my Afrikaanse en Engelse gedigte waar ek van beide rymskemas gebruik maak:

Ouderdom het die kind laat sterf (quintella)

Ouderdom het die kind laat sterf,
ek die grootmens, was onbederf
iewers het ek iets rein verloor
is die kind stadigaan vermoor,
opstand kon ek van die kind erf.

Into the depths of you I fall (quintella)

The small candle flickers on the wall
while shadows make us somewhat tall
your eyes gleam shining in the night,
outside it is golden moonlight,
into the depths of you I fall.

Ek dink aan jou helder gelaat (quintella)

Ek dink aan jou helder gelaat
asof jy voor my kan verskyn,
te vinnig wil dit weg verdwyn
asof dit my heel wil verlaat,
my aandag dwaal buite na die straat.

Something that no words can explain (quintella)

Your cries have got pleasure, not pain
that rips right through the sheer silence
in a joyful experience
and to me our passion is plain
something that no words can explain.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak