117 Die rondelet
117 Die rondelet
Die rondelet is ‘n Franse versvorm wat ‘n refrein en twee ryme gebruik. Die eerste, derde en laaste versreëls is vier lettergrepig en die vier versreëls wat oorbly is agt lettergrepig. Hierdie versvorm herinner mens nogal aan die triolet.
Die rymskema is: AbAabbA (Soos gewoonlik dui hoofletters ‘n refrein aan.)
Divena Collins se gedigte “Apparition,” “Apple Cider,” “Creature of Habbit,” “Eternity,” “Just a Cutie,” “Labyrinth,” “Lost But Found,” “Nature’s Anger,” “Of Nature’s Toys,” “Rain Drops And Tears,” “Satin Sunsets,” “Shark Attack,” “Unity of Love,” “Yakkety Yak,” Peg Nelson se “Another Day” en haar ammusante “Gurgle, gurgle” is baie goeie voorbeelde van hierdie versvorm.
Hier is my pogings tot die rondelet:
Daar by die vlei (Rondelet)
Daar by die vlei
wieg vinke heeltyd op en af,
daar by die vlei
is jou lippe sag, jy teen my
as ‘n groot ou hond veraf blaf,
is jou regter knieg skielik nerf-af
daar by die vlei.
Die donker nag (Rondelet)
Die donker nag
wil alles met haar kleed omsluit,
die donker nag
begoël die maan wat op haar wag
om goudgeel by haar aan te sluit,
jolig kom mense huis toe uit
die donker nag.
Diep in die veld (Rondelet)
Diep in die veld
is daar vrede van die gewoel,
diep in die veld
is mense nie altyd ontsteld
oor ‘n neerdrukkende gevoel
kan ek nog naby aan God voel,
diep in die veld.
‘n Verskynsel (Rondelet)
In die maanlig
verskyn sy met ‘n groot glimlag,
in die maanlig
raak ek toe net daar bewerig,
skielik vrees ek die donker nag
hoor haar verskriklik aaklig lag
in die maanlig.
Toe Icarus val (Rondelet)
Toe Icarus val
was sy vlerke alles verbrand,
toe Icarus val
het ‘n donder op hom geknal,
in die see naby ‘n eiland;
om hom te help is daar niemand
toe Icarus val.
‘n Klein traan val (Rondelet)
‘n Klein traan val
toe sy baie gelukkig is;
‘n klein traan val
toe probleme kom sonder tal
en sy maak ‘n bekentenis
van liefde het sy geen kennis,
‘n klein traan val.
Sy was wit blond (Rondelet)
Sy was wit blond,
haar oë soms helder kobaltblou;
sy was wit blond
met ‘n voet reg teen die afgrond,
waar ek haar styf teen my vashou,
haar die eerste keer goed aanskou,
sy was wit blond…
Toe sterf die dag (Rondelet)
Toe sterf die dag
en die aandster verskyn blouwit,
toe sterf die dag
dit word skielik pik donker nag,
die maan rys soos ‘n goudgeel pit
met sterre wat soos korrels sit,
toe sterf die dag.
As dit donder (Rondelet)
As dit donder,
vêr oor die horison weg kwyn,
as dit donder,
skielik blouwit vlam na onder,
die son agter wolke verdwyn
is daar groot druppels wat verskyn
as dit donder.
As jy besef (Rondelet)
As jy besef
hoeveel ek jou gedurig mis,
as jy besef
hoe diep jou woorde my soms tref
kry elke blik betekenis,
weet jy hoe diep my liefde is
as jy besef…
In vlees en bloed (Rondelet)
In vlees en bloed
glimlag jy gedurig vir my,
in vlees en bloed
wek jy met tye ‘n soort gloed,
stap jy soms so wipstert verby
dat ek innerlik lekker kry
in vlees en bloed.
Koud waai die wind (Rondelet)
Koud waai die wind
as die swart ryp val met skade,
koud waai die wind
asof dit nie ‘n rusplek vind,
‘n sak klap teen doringdrade
sprei uit soos God se genade.
Ek het ontvlug (Rondelet)
Ek het ontvlug
weg van geboue van beton,
ek het ontvlug,
wil na die platteland terug,
sou nooit terug gaan as ek kon,
wil iewers uitstrek in die son,
ek het ontvlug.