123 Die Engelse sestet
123 Die Engelse sestet
In sy boek oor versvorme (1) lys Lewis Turco meer as ‘n dosyn variasies van ses versreël gedig vorme. Baie van hierdie versvorms is bekend aan mense wat rymende sonnette skryf en word eenvoudig as die verdraaiing van die argument of “volta” deel van die gedig beskou. Baie min digters beskou hierdie vorms steeds as eie gedig vorms. Theodore Roethke se gedig “Open House” is egter steeds ‘n voorbeeld hiervan.
Die Engelse sestet het ontwikkel uit die gewilde sisiliaanse sestet en was meer gewild gemaak deur William Shakespeare wat die sestet rymskema in sy sonnette gebruik het. Jambiese pentameter is die verkieslike metrum in hierdie versvorm. Alhoewel hierdie sestet gewoonlik gebruik word as die draaipunt of “volta” in Engelse sonnette, kan dit gebruik word vir ‘n onafhanklike vinjet, of om ‘n langer gedig te vorm.
Die rymskema is ababcc en vir langer gedigte is dit ababcc / dedeff / ghghii …
Hier is die sestet gedeelte van William Shakespeare se sonnet 29:
“Yet in these thoughts myself almost despising
Haply I think on thee, and then my state,
Like to the lark at break of day arising
From sullen earth, sings hymns at heaven’s gate;
For thy sweet love remembered such wealth brings
That then I scorn to change my state with kings.”
Natuurlik is die sestet gedeeltes van William Shakespeare se sonnette goeie voorbeelde van hierdie versvorm. Peggy Nelson se gedigte “Biblical Folklore,” “Seasonal,” “Surfs Up Dude,” Lorainne Dafney se gedig “Garden Porthole,” Ryter Roethicle se gedigte “Ephimeris,” Intermission,” Lovers Question,” Mandolin” en “Reborn” is almal goeie voorbeelde van hierdie versvorm.
Hier is van my pogings tot die Engelse sestet:
Meerkatte (Engelse sestet)
Meerkatte verslind byna elke reptiel,
insekte en skerpioene word gevang
selfs kobras word gedood en verniel
maar hulle is vir roofvoëls baie bang
en eet terwyl een gedurig bespied,
in hulle eie afgebakende gebied.
Die ontstaan (Engelse sestette)
In die nag sien ons sterre se skitter prag
bedags verwelkom ons die helder son
en pragtige blomme blom elke dag
maar ons bly in grou stede van beton,
sommiges twyfel selfs of God bestaan,
twyfel alles het by Hom ‘n ontstaan.
Wetenskaplikes beweer niks het ontplof,
was skielik vanself ‘n tipe energie,
in stukkies materie en ander stof
wat ontwikkel uit blote anargie,
wat wonderbaarlik self lewe kry,
ontwikkel tot uiteindelik ek en jy.
‘n God van liefde word heel mis gekyk,
as ons die Godheid uit God wil uit haal,
na ‘n teorie, nie ‘n wet afgewyk
want ons kan nie die kragte bepaal
van ‘n wese wat self almagtig is,
by ons ontbreek daardie soort kennis.
As ek bo op my blou motorfiets klim (Engelse sestet)
As ek bo op my blou motorfiets klim
is dit of die ding self ‘n lewe kry
waar dit onder my altyd vol krag glim,
baie vinnig versnel as ek weg ry,
is daar ‘n soort vryheid wat eie is,
vir ander dalk ‘n tipe doods vonnis.
In die koerant vang ‘n berig my oog (Engelse sestette)
In die koerant vang ‘n berig my oog:
vermiste miljoenêr is opgespoor.
In groot swart letters vertel die dialoog
van ‘n vernaamde man wat kop verloor
na swart misdadigers sy plaas aanval,
van skote wat op ‘n vrou en kind knal.
Na die begrafnis slaan hy ‘n rigting in
as hy vertroue verloor in die mensdom
en so het sy armsalige swerftog begin
gaan die wêreld ‘n eie gang rondom hom,
tot hy honger reg voor ‘n kar instap
en onvermydelik word hy getrap.
Hy word vir ‘n boemelaar aangesien,
iemand wat vir kos na asblikke gaan,
as ‘n man sonder enige soort aansien
en sy ganske lewe word doelloos ontslaan
tot vingerafdrukke sy identiteit ontdek,
sy lewe en dood groot opspraak wek.
[Verwysing: Destydse berigte oor Johan Benadie.]
Voetnotas:
(1) Turco, Lewis. The Book of Forms, A Handbook of Poetics, 3rd edition.