127 Gekransde en ongekransde kwatryne / “Wreathed and Unwreathed Quatrains’
127 Gekransde en ongekransde kwatryne / “Wreathed and Unwreathed Quatrains’
Gekransde digkuns is ‘n natuurlike vermenging van Engelse en nou Afrikaanse digkuns met Keltiese / Walliese digkuns. George Herbert (1593-1633) was gebore in ‘n welgestelde gesin met ‘n liefde vir kuns en later het hy Trinity College, wat deel van Cambridge universiteit is bygewoon en sy digkuns was ongepubliseer tot na sy dood. Dit word gemeen dat sy gedig “A Wreath” geïnspireer was deur die Walliese vorm Englyn cryrch versvorm (ek het reeds die Englyn strukture in ‘n ander artikel bespreek) wat ‘n interne rymskema saam met ‘n eksterne rymskema gebruik en ‘n koeplet vorm as volg het:
x. x. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.
Die interne rym soos in die tweede versreël kan enige plek in die eerste gedeelte van die tweede versreël wees (nie noodwendig op die tweede woord nie) en kan ‘n herhaalde woord in plaas van rym wees, maar dit is die digter se keuse.
As mens daaraan dink dat George Herbert uit ‘n akademiese agtergrond kom en bewus was van die sonnet, is sy gedig “A Wreath” sy eie weergawe van die sonnet wat nog nie in Herbert se tyd geformaliseer was nie.
Die gedigte “A Wreath” deur George Herbert uit sy bundel “The temple is ‘n baie goeie voorbeelde van hierdie versvorm wat ek hier aanhaal:
A Wreath deur George Herbert (1593 – 1633)
“A wreathed garland of deserved praise,
Of praise deserved, unto thee I give,
I give to thee, who knowest all my wayes,
My crooked winding wayes, wherein I live,”
“Wherein I die, not live : for life is straight,
Straight as a line, and ever tends to thee,
To thee, who art more farre above deceit,
Then deceit seems above simplicitie.”
“Give me simplicitie, that I may live,
So live and like, that I may know thy wayes,
Know them and practise them : then shall I give
For this poore wreath, give thee a crown of praise.”
Hier is ‘n skematiese voorstelling van hierdie rymvorm:
x. x. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.
x. b. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.
x. b. x. x. x. x. x. c.
x. c. x. x. x. x. x. d.
x. d. x. x. x. x. x. c.
x. c. x. x. x. x. x. d.
Die rymskema is dus:
a ( x a)b (xb)a (x a)b / (x b)c (x c)d (x d)c (x c)d / (x d)e (xe)f (x f) e (x e)f …
Mens kan ook slegs een kwatryn skryf waarvan die rymskema dan die volgende sal wees:
a ( x a)b (xb)a (x a)b
(Hakkies dui soos gewoonlik op binnerym. Die interne rym soos in die tweede versreël kan enige plek in die eerste gedeelte van die tweede versreël wees (nie noodwendig op die tweede woord nie) en kan ‘n herhaalde woord in plaas van rym wees, maar dit is die digter se keuse.)
Die volgende stap is natuurlik om hierdie kwatryne verder te neem en ‘n gekransde sonnet te skryf, wat ek reeds behandel het in “‘n Veel dieper fokus op sonnette (stof en tegniek 62).”
Hier is voorbeelde van die krans kwatryne / “wreathed quatrains” wat ek geskryf het in Afrikaans:
Golgota (krans kwatryne / wreathed quatrains)
a Ek sien hoe hulle die spykers inslaan,
(x a)b Hom slaan toe Hy van God vervreem,
(x b)a verneem van spot en pyn deur Hom gaan,
(x a)b Hy Sy lewe afstaan, van genade ontneem,
(xb)c vervreem hang as mens en die Goddelike een,
(xc)d ander seën as liefde nog in sy oë brand,
(xd)c op ‘n afstand sy ma en vroue daar ween,
(xc)d ween as donders skielik slaan aan alkant;
(xd)e spykers deur sy hand, op Sy hoof ‘n doringkroon;
(xe)f met die wat hoon, wat hom verraai met ‘n kus
(xf)e sonder rus hom vir silwer sikkels verloën,
(xe)f is sy gesig skoon, word ek van liefde bewus.
Met elke sonskyn dag wat in hierdie somer kom (krans kwatryne / wreathed quatrains)
Met elk sonskyn dag wat in die somer kom,
met elke blom is dit asof God self hier is
vind ek kennis tussen die blomme vermom,
as iets van Hom, word ek van Hom bewus
is daar rus met die son in ‘n kobaltblou lug
is ek nie bedug, swaai vinke in takke rond
is sommiges bont, word my lewe deurlug
in die buitelug, selfs naby die afgrond
voel ek gesond of Hy of hoop en lewe bring
waar voëls bly sing as elke dag vol beloftes is,
vol deernis, met Sy liefde wat deurdring
deur elke ding, in die lewe se geheimenis.
As sy saans… (krans kwatryne / wreathed quatrains)
As sy saans en sommer helder oordag,
na hom smag haar mond en lyf syne maak,
ontwaak en dan alreeds met passie wag,
hy in haar mag op haar dolverlief raak;
is elke afspraak, gedagte aan haar
na wie hy staar tot hy net aan haar dink,
sien hy haar wink, wil hy haar bewaar
laat die kleinste gebaar sy hart rinkink
as hy wegsink haar bene om hom slaan
wil hy haar nie afstaan vind hy betekenis,
kennis as hy dan skielik verbyster staan
voort gaan met “liefling” wat hol gery is.
Walletjestraat (krans kwatryne / wreathed quatrains)
Hier staar oë teen naakte liggame vas,
in ‘n vertoonkas, waar mens nie wellus tart;
heel apart perfekte lywe wat lok agter glas
uit enige ras, bring kloppings na die hart,
in smart wil mense ongebonde bly
as sy knipoog, jou eie groot glimlag
versag, skielik die wyk begin kry
jy ‘n blik vermy, ‘n verbete aanslag,
nie bedag teen meisies wat uitlokkend loer
kyk jy doer vêr weg waar groen ligte brand,
jy is nie gestand as sy fluister en koer
‘n strategie voer, uitreik met ‘n slanke hand.
[Verwysing: “En zij omhelsde hem mat al haar” deur Herman de Coninck.}
Ongekransde “Un-wreath” kwatryne
Dieselfde reëls geld vir die ongekransde kwatryne as vir die gekransde vorme alhoewel die interne ryme verskil. Hier is ‘n skematiese voorstelling van ongekransde kwatryne:
x. b. x. x. x. x. x. a.
x. a. x. x. x. x. x. b.
x. b. x. x. x. x. x. a.
x. c. x. x. x. x. x. b.
x. d. x. x. x. x. x. c.
x. c. x. x. x. x. x. d.
x. d. x. x. x. x. x. c.
x. f. x. x. x. x. x. d.
x. e. x. x. x. x. x. f.
x. f. x. x. x. x. x. e.
x. e. x. x. x. x. x. f.
x. f. x. x. x. x. x. e.
Die rymskema van ongekransde kwatryn eis: (xb)a (xa)b (x b)a (x c)b / (x d)c (x c)d (x d)c (x e)d / (x f)e (x e)f (x f)e (x g)f …
Mens kan ook net een kwatryn skryf waarvan die rymskema dan die volgende sal wees
(xb)a (xa)b (x b)a b
Die volgende stap is natuurlik om hierdie ongekransde kwatryne te skryf in ‘n sonnet wat ek reeds behandel het in “‘n Veel dieper fokus op sonnette (stof en tegniek 62).”
Hier is voorbeeld van my ongekransde kwatryne / “un-wreathed quatrains” in Afrikaans:
Op soek na ‘n romantiese trou plek (ongekransde kwatryne / un-wreathed quatrains)
(xb)a Toe ons buite rondom die kerkie stap,
(xa)b trap ek op gras by die brandglas ruite,
(xb)a sien haar kuite met duiwe as geselskap,
(xc)b daar is gruis in die verte hoor ek fluite.
(xd)c Met ‘n hand wat tas hang Jesus aan ‘n kruis,
(xc)d Hy is vergruis waar bloed afdrup in ‘n plas
(xd)c sy vat my hand vas as ons die tuin deurkruis
(xe)d vrees word verraai, soos wat dit maar eens was.
(xf)e Steeds hou sy my hand as bye om ons draai,
(xe)f takke swaai in die wind en hier wil sy trou,
(xf)e vroeg glinster dou en die plek netjies en fraai
(xg)f en haar oë blink terwyl sy my hand vashou.