130 Ekpharasis (Ecphrarasis)
130 Ekpharasis (Ecphrarasis)
Ekpharasis is ‘n term wat gebruik word om poësie uit te druk wat betrekking het met visuele kuns, kuns voorwerpe en of ‘n hoogs visuele skouspel. Hierdie soort digkuns is tekenend met werke soos Keats se “Ode on a Grecian Urn,” Byron se “Childe Harold’s Pilgrimage” en Shelly se “On the Medusa of Leonardo da Vinci in the Florentine Gallery.”
Ek het al menigte gedigte oor skilder kuns geskryf. Hier is twee gedigte wat tot Ekpharasis is:
Op Luca Signorelli se skilderye “einde van die wêreld” en “die laaste oordeel”
I
Onder ‘n soort somber taanende son
sien ek ‘n baie eienaardige ding
wat aan die mens vrees bring, met groot wanhoop
is daar roerende bene van dooies
en ek kry ‘n gevoel van verskrikking
sien ‘n vlakte gevul met ‘n aardige lig,
waar duisternis verbreek, nag verander na dag
as vlees eienaardig aan bene kom,
as ‘n engel se trompet opklink in die lug,
met donder dreun, die hele aarde skud,
eindelose getalle terug roep tot identiteit
Die magtige krag van God is onder my blik
as menigtes op Sy geroep ontwaak,
voor God skielik ewiglik vry.
II
Onder die berge se helse warm gloed
het bose goddeloses geen berou,
is hulle steeds besig om saam te sweer,
waar elke generaal saam vergader
maar in hierdie sensasionele skouspel
ontbreek verstandigheid, alles goed wat goed is
of demone uit die hel neergedaal het,
as vrees rys met ‘n duistere desperasie
waar onreg nou teen enige koste wil wen,
direk na oorlog gryp met hul vleeswording
as hul in woede engele spot en tart
as God se stem in veroordeling spreek,
voor hul in helse vure geslinger word,
in die Goddelike finale beslissing.
Skilders en skilderye wat vanself vir my lewe kry (sonnet korona)
I
Asof hy tyd tot versplintering bring
het Salvador Dali horlosies laat knak
waar daar een tikkend hang oor ‘n tak,
oor ‘n lyflike ding of tyd terug spring,
het alles verskriklik helder geglim
met die oop landskap in die agtergrond
met die tak en kas strak in die voorgrond,
so asof die wit son goud daaroor klim,
hy het gewonder wat Gala sou dink,
oomblikke lank van die skildery vergeet
maar die energie het ‘n eie krag besit,
hy het ‘n glas wyn by sy brood en kaas geskink,
of sy van die diepte van sy liefde weet?
Hy het sy hoed bo op sy kop gesit.
II
Hy het sy hoed bo op sy kop gesit,
gesien hoe lig van God deur die venster val
en dis meer goudkleurig as maar net wit
waar hy lig en skaduwee bloot uitstal,
diepte sommer vanself ‘n inslag kry
sy gesig byna lewend begin gloei
teen die swart agtergrond heeltemal vry
en hy is vasgevang, nou erg geboei
deur hierdie kuns wat uit sy vingers kom
en wonder of God met die skepping self
in Sy grootse werke, daarin verstom
teruggestaan het, met die aardse gewelf;
voor die meester glim ‘n beeld wat nooit kan sterf,
hy skilder met dun deurskynende verf.
III
Hy skilder met dun deurskynende verf,
is in waterverf besig met ‘n akwarel
waar hy in die son sit agter in die erf,
vir my van die verloop van dinge vertel.
Tot my verbasing is dit ‘n landskap
van ‘n mistige geheime donker woud
waar ‘n paartjie heeltemal alleen stap
met ‘n smal pad wat kronkel in eenvoud,
wat later in reuse bome verdwyn
met ‘n klompie helder blomme nog vars,
met druppels dou en groot plasse sonskyn
wat warm op sommige plekke deur bars,
druppels wat aan bome hang en dis helder dag;
terwyl die ganske wêreld hom uitlag.
IV
Terwyl die ganske wêreld hom uitlag,
is dit asof God self daar sy hand vat
in elke streep, elke kleur wat neer spat
as almal sy skilderye, sy kuns nie ag,
nie eens die groot sterreprag in die nag
verf hy sonneblomme, sy trane vloei nat
as stemme, mense sy lewe beklad
en hy skilder die grootste wonder prag,
volmaakte prent op volmaakte prent
en dis asof hy niks goeds meer verwag,
die donkerte groei in sy siel as hy hom klee,
toe hy sy oor afkap, self sy gesig skend
en suf, alleen staan teen ‘n groot oormag;
toe my oë sy somber kamer betree.
V
Toe my oë sy somber kamer betree,
voel dit of ek op die koel hout vloer trap,
oor die skildery is hy dalk verleë,
oor dit persoonlik is, toe ek nader stap,
die klein tafeltjie langs die bed is gepak
met versierde kleipotte, ‘n wyn bottel en glas,
skilderye teen die muur gaan byna tot die dak
terwyl lig by die geel gordyne in plas
wat warmte aan die aardse kamer bring, die pers
van die mure sommer heel uit laat staan
met die klein bed se helder rooi kombers
en ek kan geen soort somberheid verstaan,
sien hom in gedagtes in ‘n koringland,
met ‘n warm son wat ongenadig brand.
VI
Met ‘n warm son wat ongenadig brand
dra hy ‘n strooihoed om die gloed af te skans,
sit soms sommer voor sy oë sy groot hand,
skilder met meesterlike vorm en balans
God se koringlande en sipres bome
wat hy daar voor die berg gadeslaan
monsters wat skielik ontstaan soos in drome,
kom as groot stormwolke in die lug aan
met twee bosse en bome half verwaai
is die koring land so geel, die saad so ryp
dat hy in sy vingers korrels uit kan draai,
teen die helder lig moet hy sy oë toeknyp,
waar hy skilder waai die wind, is hy soms vererg,
enkel sien ek ‘n figuur staan, verdwerg.
VII
Enkel sien ek ‘n figuur staan, verdwerg
teen die onheil wat soos ‘n donder straal
wag om toe te slaan, maar steeds verberg,
‘n onaardse tekstuur of iets in jou nek asemhaal
en dis asof totale vernietiging wag,
toegespits op alles wat lewend is,
verskuil is met ‘n ietwat bose mag
toe wil slaan as ‘n tipe van vonnis,
in die afskrikwekkende omgewing,
of die berg in oomblikke gaan ontplof
in v lawa of met ‘n aardbewing
alles terug gaan bring tot stukkies stof,
is daar onheil wat uit die skilder spring,
asof hy tyd tot versplintering bring.
[Die skilderye: I: “The Persistence of Memory” deur Salvidor Dali, II: Ets selfportret van Rembrandt met hoed op, V: “Vincent’s Room” deur Vincent Willem Van Gogh. VI: “Wheat Fields and Cypress Trees” deur Vincent Willem Van Gogh. VII: ‘n Landskap van Hercules Pieterszoon Seghers]
134 Die grafskrif (Epitaph)
Die grafskrif is gewoonlik ‘n inskripsie wat herdenk op ‘n graf om of monument by ‘n begraafplaas wat geskryf is om die oorledenes te prys.
Walter de la Mare se gedig “An Epitaph” is ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie tipe gedig en netso ook Dorothy Parker se gedig “Epitaph” waarin sy eerder haar eie sterwe beskryf.
In my gedigte wat volg probeer ek om ‘n ander tipe inslag tot die grafskrif gedig te maak:
‘n Ander soos grafskrif
(na Dorothy Parker)
Toe ek die eerste keer sterf was daar dae op dae
waar jy huil en my unieke dinge onthou.
Ek het hoog bo die muur van die begraafplaas opgerys
terwyl ek toe kon vlieg en alles onder my was klein
maar terug na moeder aarde moes ek terug gaan, waar nuwe reën val
terwyl wurms baie stadig aan my knaag sonder enige pyn.
Toe my volgende begrafnis kom, wou jy grasieus my laat slaap,
wou jy my nie soos gewoonlik diep begrawe nie
maar na die vuur wou jy my stuur, om die vlamme van die hel te ondervind
en oor die oseaan, die veld het jy my asse geblaas en met trane my wel gewens.
[Verwysing: “Epitaph” deur Dorothy Parker.]
Grafskrif van ‘n leër van huursoldate (in antwoord op A.E. Housman)
In die tyd toe oorlog in die hemel uitbreek
het Satan heilige wesens verlei;
toe verskrikking daar kop uitsteek,
om oorlog te voer en rebellie te laat versprei.
Daar was die oproer en terreur beëindig
terwyl demone hulle na mense op aarde wend;
wat God geskep het, wou hulle opskort, hulle was aandadig
om mense tot vernietiging weg te lei en te skend.
[Verwysing: Epitaph on an army of mercenaries deur A.E. Housman.]
‘n Ander grafskrif op ‘n leër van huursoldate (in antwoord op A.E. Housman)
In die tyd toe die hemel bewe
en Lucifer ‘n engel van die lig
‘n derde van die eens heiliges
met hom saamneem
as huursoldate, duisternis sy eie maak,
toe hy homself gelyk aan die skepper God probeer stel
het daardie leërmag huursoldate geveg
teen Migael en Sy menigte,
verloor, in neerlaag geval
en Migael en Sy magte
het die rebellie beëindig,
het dit opgeskort
en die huursoldate het die prys
vir hulle bedrog betaal,
(as enige van hulle gesterf het,
het hulle dit verdien)
en hulle het soos komete uit die lug geval
en brandend, vlammend
het hulle na hierdie planeet gekom
wat nog wentel soos wat dit toe gedoen het
en hier het hulle leier die mens gevang
met ‘n slinkse stukkie bedrog,
hierdie wêreld in vernietiging
saam met hom probeer trek
maar as ‘n sterflike mens
het God hierdie aarde bewandel,
vir die mens ‘n prys betaal
om die demone se werk nietig te maak
en nog het die mens ‘n keuse
van waar sy toegeneentheid lê
en ten spyte van die teenwoordigheid
van huursoldate hier
oorvloei die harte van mense wat God eer,
met beginsels van liefde, opregtheid,
waarheid en genade.
[Verwysings: Epitaph on an Army of Mercenaries deur A.E. Housman en Another Epitaph on an Army of Mercenaries deur Hugh Macdiarmid in antwoord op A.E. Housman.]
Grafskrif van ‘n tiran
Hy het perfeksie nagejaag
maar in sy eie skilderye
was daar niks daarvan,
slegs die lyne van ‘n derde rangse kunstenaar.
Die menslike gees, die gedagtes,
die harte van mense
het hy baie goed geken,
het gepraat en gepraat
en as hy praat
het hy skares verblind
en toe die korporaal
skielik ‘n hoër rang het as elke generaal
was hy bevelhebber van hulle almal
en het hy vinnig aksie geneem
om die hele Europa te oorweldig,
om ‘n meederwarige lugmag uit te stuur,
met sy oorlog tenks in ‘n blits kryg,
om selfs so vêr te gaan
as die dieptes van Rusland
en hy het elke enkele Joodse persoon
verantwoordelik gehou vir al die foute van die verlede,
almal van hulle waarop hy sy hand kon lê vermoor
insluitende mans, vrouens, kinders en babas
en hy wou ‘n ryk bou
wat ewiglik blywend kan wees
en die digkuns wat hy uit gevind het
was brute mag deur die loop van ‘n geweer
en enige soort van dood en dan nog meer
maar soos met alle tiranne
het sy einde gekom
en met sy eie hand het hy
sy hond en vrou vermoor en toe sy eie lewe geneem.
‘n Antieke graf
(na Philip Larkin)
Getroon in hulle klip beeltenis
met honde by hulle voete,
hande saamgesnoer vir ewig
gebind deur rotse
is hulle Latynse name byna onduidelik
en tog kyk hulle alleen
in hulle verlatenheid na mekaar
in ‘n tipe soet vrede
asof hulle uiteindelik rus
en nog is hulle dood,
‘n graaf en sy gravin wat lankal rus,
uit ‘n ander tyd en eeu.
Die woorde is amper nie ontsyferbaar
maar het nog ‘n eie betekenis
van twee geliefde mense, wat met deurlugtigheid
na mekaar kyk met opregtheid
terwyl hy sy kaphandskoen vashou
in sy bedekte hand
en haar hand is in sy ontblote hand en net miskien
moet die grafskrif wees:
liefde oorwin alles,
selfs die dood en oorlog.
[Verwysing: An Arundel Tomb deur Philip Larkin.]