138 Die Sonnetina Uno
138 Die Sonnetina Uno
Jambiese pentameter (1) is nie die maklikste digvorm nie, maar tog is dit uiters musikaal. Die Sonnetina Uno is blanko vers (vrye vers) in jambiese pentameter en bestaan uit tien versreëls. Blanko verse weerspieël vandag liefdes gedigte en ook van die mees swaarmoedigste verse.
“May 1st” van Leny Roovers is ‘n uitstekende voorbeeld van die Sonnetina Uno.
Hier is my eie poging tot die Sonnetina Uno:
Die begin van die lente (Sonnetina Uno)
Die winter is nog ysig in die wind
en tog is dit die eerste lente dag
met saailinge wat ontwaak uit hul slaap,
met vrugte bome bedek met bloeisels
en dan val daar toe skielik ook nog reën
met die geur van nuwe lewe orals
en die mossies, swaels, vinke en duiwe
kwetter as hulle oral rond rinkink
as talle bye van blom tot blom zoem
so vinnig as hul oopmaak vir die son.
(1) In digkuns is metrum die manier waarop ‘n versreël gevorm word sodat dit gelyke en eweredige eenhede van ritme bevat. Lettergrepe kan sag, hard en skerp wees. Harde ryme is gewoonlik manlik soos byvoorbeeld die woorde “man” en “kan.” Sagte ryme is gewoonlik vroulik en soms slepend waar nog ‘n lettergreep wat rym voorkom en onbeklemtoon soos byvoorbeeld die woorde “dartel” en “spartel.”
As ons harde en sagte lettergrepe saamstel neem dit ‘n ritme aan soos ‘n wekker wat tik tak. Daar is egter nog ander kombinasies van metrum waarvan ek hieronder ‘n grafiese voorstelling gee:
Tipes van versvoete:
Sleutel:
Onbeklemtoonde lettergreep O
Beklemtoonde lettergreep /
Jambe: O /
Trogee: / O
Anapes: O O /
Daktiel: / O O
Spondee: / /
Pyrric: O O
Soos alreeds genoem is, is ‘n jambe is ‘n “versvoet wat bestaan uit ‘n swak beklemtoonde lettergreep gevolg deur ‘n sterk beklemtoonde lettergreep soos in bewaar.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Trogee is “’n versvoet bestaande uit ‘n beklemtoonde gevolg deur ‘n onbeklemtoonde lettergreep.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Anapes is “’n versvoet van drie lettergrepe waarvan die laaste drie beklemtoning kry, soos byvoorbeeld “anargië.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Daktiel is “’n versvoet bestaanende uit een beklemtoonde, gevolg deur twee onbeklemtoonde lettergrepe soos in “moddervet.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Spondee is “’n versvoet van twee beklemtoonde of lang lettergrepe.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Pyrric is ‘n versvoet wat bestaan uit twee onbeklemtoonde lettergrepe.
Eenhede in ritme kan voorkom as monometer, dimeter, trimeter, tetrameter, pentameter, hexameter en heptameter.
Monometer is waar ‘n versreël bestaan uit slegs een versvoet soos in die gedig “Loves retreat:”
“Step back!
Step back!
Step back!
I say.
No pain!
No pain!
No pain!
I pray “
Hierdie tipe gedig het geweldige krag en betekenis in die kortheid daarvan.
Dimeter is waar ‘n gedig bestaan uit slegs twee versvoete soos in die tweede deel van die gedig “Loves retreat:”
“Step back, step back
step back you say.
No pain, no pain
no pain I pray”
In die twee voorbeeld is daar verskillende betekenisse, wat die ritme en woord samestelling bepaal. In die monometer gedeelte stoot die vrou haar minnaar weg. In die dimeter voorbeeld word presies dieselfde woorde gebruik maar hier praat sy veel ligter en spot sy hom. Hierdie voorbeelde toon hoe belangrik dit is om die regte metrum te gebruik.
Trimeter is waar drie versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Lie:”
“Go, Soul, the body’s guest,
Upon a thankless errand;
Fear not to touch the best;
The truth shall be thy warrant:
Go, since I needs must die,
And give the world the lie.”
“Say to the court, it glows
And shines like rotten wood;
Say to the church, it shows
What’s good, and doth no good:
If church and court reply,
Then give them both the lie.”
Tetrameter is waar vier versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Nymph’s Reply:”
“If all the world and love were young,
And truth in every shepherd’s tongue,
These pretty pleasures might me move
To live with thee and be thy love.”
“Time drives the flocks from field to fold,
When rivers rage and rocks grow cold,
And Philomel becometh dumb;
The rest complains of cares to come.”
“The flowers do fade, and wanton fields
To wayward winter reckoning yields;
A honey tongue, a heart of gall,
Is fancy’s spring, but sorrow’s fall.”
Pentameter is waar vyf versvoete per versreël gebruik word en natuurlik is William Shakespeare ‘n meester van jambiese pentameter en sy “sonnet XVIII” is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan:
“Shall I compare thee to a summer’s day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer’s lease hath all too short a date:
Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimm’d;
And every fair from fair sometime declines,
By chance or nature’s changing course untrimm’d;
But thy eternal summer shall not fade
Nor lose possession of that fair thou owest;
Nor shall Death brag thou wander’st in his shade,
When in eternal lines to time thou growest:
So long as men can breathe or eyes can see,
So long lives this and this gives life to thee.”
Hexameter is waar ses versvoete per versreël gebruik word en is ook bekend as “Alexandrine.” Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain” gebruik dit om stansas te beëindig. Swinburne se gedig “The last oracle” gebruik die trogee versvoet in hexameter vorm. Hier is ‘n uittreksel uit Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain:”
“In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly chouces she.”
“Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhytmic tidal lyres.”
“Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls – grostesque , slimed, dumb, indifferent.”
Heptameter bestaan uit sewe versvoete per versreël soos in Rudyard Kipling se gedig “Tommy” wat in jambiese heptameter geskryf is:
“Yes, makin’ mock o’ uniforms that guard you while you sleep
Is cheaper than them uniforms,an’ they’re starvation cheap;
… But it’s “Thin red line of ‘eroes” when the drums begin to roll –“
“The drums begin to roll, my boys, the drums begin to roll,
O it’s “Thin red line of ‘eroes” when the drums begin to roll”