146 Die rubliw
146 Die rubliw
Die Rubliw is ‘n gedig vorm wat ontwikkel is uit die Cinquain van Richard Wilbur en dit is gewoontlik ‘n boodskap aan iemand, of aan ‘n groep, of selfs aan die hele mensdom. Die gedig is gewoontlik jambies en begin met monometer (1) in die eerste versreël, dan dimeter, trimeter, tetrameter en dan met pentameter waarna die metrum weer terug draai na tetrameter, trimeter, dimeter en monometer in die laaste versreël.
Terry Chitheroe se gedigte “Afterglow,” “Birds,” “Easy Mood,” “For the Lonely”en “Just a Thought”, Divena Collins se gedigte “Australasia Bound,” “Beast Versus Man,” “Breathless,” “Fantasy Island,” “Helmets of Rome” en “How Deep is Love”, Jeremy Farmer se gedigte “Anticipation,” “Delight,” “Drummerboy” en “Needlepoint” en Leny Roovers se gedigte “Sharing” en “Sunset” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.
Sommige van die voorbeelde wat ek hieronder gee het versreëls wat rym maar hierdie versvorm was ontwikkel uit die Cinquain wat nie rym nie en jambies is en rym is dus nie noodsaaklik vir hierdie versvorm nie en daar is ook nie ‘n vaste rym patroon wat gevolg moet word indien mens ‘n rymende gedig wil skryf.
Hier is van my pogings tot die Ribliw in Afrikaans:
Tyd draal (Rubliw)
Ek sit
en dink oor jou,
buite is die lug blou
en jy is veel mooier as dit
maar al die nagte sonder jou is koud
en ons albei word met tyd oud
as dae weke word
buite reën stort,
tyd draal…
Te veel (Rubliw)
Te veel
bemin ek jou
en ek wil jou vertrou
met my grootste geheimenis,
alles wat ek is en het met jou deel
en geen woorde kan ek nou kry
vir wat in my hart is,
in als is jy
by my.
Ek hoef nie te vertel (Rubliw)
Ek hoef
nie te vertel
hoeveel ek jou bemin,
hoe diep jy binne my hart is
en as ek al die maniere wil tel,
die dinge wat in my vertoef
kan ek nie eens begin
en dié kennis
bly draal.
As net bloot ‘n ingewing (Rubliw)
Jou siel
sing ‘n mooi lied
en as ons saam neer kniel
wil ek ons sorge na God bring,
is jy vol hoop van wat die toekoms bied
word begrip bloot ‘n ingewing
van ‘n dieper begrip
wat ongesê
in spring.
Jy huil (Rubliw)
Jy huil
soms van geluk,
as jou ou pyne skuil
en soms wil ek jou bly vasdruk,
asof ek so alle pyn kan besweer,
jou bekommernis af kan keer
jou gesig aan kan raak
‘n verskil kan
bly maak.
As ek jou bewonder (Rubliw)
Sonder
begrip kyk jy
as ek jou bewonder
asof jou oë regoor my gly
maar ‘n tikkie van ‘n glimlag bly draal
wat jou diep gevoelens bepaal
en die son gaan onder,
die oomblik is
verby.
‘n Oomblik (Rubliw)
Jy kyk
na hoe jy lyk,
vee van jou hare reg
en iets is in die spieël gevang
asof die dag van jou voorkoms afhang
en jou blik gaan toe skielik weg
in ‘n oomblik wat draal
en sonder taal
bly hang
Branderry op die uiterste golwe (Rubliw)
Ons sal
sensasie soek,
ry op orkaan golwe
die golwe, die uit duiding ondervind
met al ons vrese weg gegooi
en ons almal sal dapper wees,
ons klein groepie manne
sal alles waag
en meer.
My liefling (Rubliw)
My lief,
geen ander vrou
het my beweeg soos jy
en jy bring jou moontlikhede
van hoe ware liefde hoort om te wees
en gee brandstof aan my passie
met ware gevoelens
en saligheid
is so.
Asemloos (Rubliw)
Ek word
heel asemloos
onder ‘n blou hemel.
Met net ‘n kort blik van jou oog
dryf ek nou vêr weg sonder swaartekrag
en ek wonder wat nog oor bly
van hoe ons voorheen was
want liefde is
net so.
Liefde het ‘n vaardigheid (Rubliw)
Winter
bring eie rus
en in die koue tyd
toe als tot die kern gestroop is
was jy vir my goedhartig en veel meer
toe ek ietwat siek en moeg was
en liefde is vaardig
om lewens te
herstel.
Liefde is (Rubliw)
Liefde
is wat ons mis
en tog nie saligheid
of iets versteek in elke soen
maar die eenvoudige goedhartigheid,
die woorde en dade wat ons laat
in dieptes van die siel
wat geluk bring
of mis.
Baie meer (Rubliw)
Jy kruis
die ou teerpad
en my hart spring met pyn
as ek wens dat jy nog moet bly
en die wind ruk aan jou romp, jou hare
en vir my is jy baie mooi
en my gevoel oorlaai
en ek bemin
jou meer.
Ek weet (Rubliw)
Ons sal
mekaar ontmoet
op ‘n mooi somer dag
of in die koue winter Mei
en die groot liefde tussen jou en my
sal vir altyd nog bly bestaan
en die dinge wat pla
sal weg vervaag
met tyd.
Gevaar (Rubliw)
Pes soos
Ebola, Vigs tref
en misdaad is oral
as lewe in die balans hang
en die dag van oordeel moet naby wees.
Op gesigte is daar groot vrees
maar ander leef salig,
die toekoms is
verdof.
Voetnotas:
(1) In digkuns is metrum die manier waarop ‘n versreël gevorm word sodat dit gelyke en eweredige eenhede van ritme bevat. Lettergrepe kan sag, hard en skerp wees. Harde ryme is gewoonlik manlik soos byvoorbeeld die woorde “man” en “kan.” Sagte ryme is gewoonlik vroulik en soms slepend waar nog ‘n lettergreep wat rym voorkom en onbeklemtoon soos byvoorbeeld die woorde “dartel” en “spartel.”
As ons harde en sagte lettergrepe saamstel neem dit ‘n ritme aan soos ‘n wekker wat tik tak. Daar is egter nog ander kombinasies van metrum waarvan ek hieronder ‘n grafiese voorstelling gee:
Tipes van versvoete:
Sleutel:
Onbeklemtoonde lettergreep O
Beklemtoonde lettergreep /
Jambe: O /
Trogee: / O
Anapes: O O /
Daktiel: / O O
Spondee: / /
Pyrric: O O
Soos alreeds genoem is, is ‘n jambe is ‘n “versvoet wat bestaan uit ‘n swak beklemtoonde lettergreep gevolg deur ‘n sterk beklemtoonde lettergreep soos in bewaar.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Trogee is “’n versvoet bestaande uit ‘n beklemtoonde gevolg deur ‘n onbeklemtoonde lettergreep.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Anapes is “’n versvoet van drie lettergrepe waarvan die laaste drie beklemtoning kry, soos byvoorbeeld “anargië.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Daktiel is “’n versvoet bestaanende uit een beklemtoonde, gevolg deur twee onbeklemtoonde lettergrepe soos in “moddervet.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Spondee is “’n versvoet van twee beklemtoonde of lang lettergrepe.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.
‘n Pyrric is ‘n versvoet wat bestaan uit twee onbeklemtoonde lettergrepe.
Eenhede in ritme kan voorkom as monometer, dimeter, trimeter, tetrameter, pentameter, hexameter en heptameter.
Monometer is waar ‘n versreël bestaan uit slegs een versvoet soos in die gedig “Loves retreat:”
“Step back!
Step back!
Step back!
I say.
No pain!
No pain!
No pain!
I pray “
Hierdie tipe gedig het geweldige krag en betekenis in die kortheid daarvan.
Dimeter is waar ‘n gedig bestaan uit slegs twee versvoete soos in die tweede deel van die gedig “Loves retreat:”
“Step back, step back
step back you say.
No pain, no pain
no pain I pray”
In die twee voorbeeld is daar verskillende betekenisse, wat die ritme en woord samestelling bepaal. In die monometer gedeelte stoot die vrou haar minnaar weg. In die dimeter voorbeeld word presies dieselfde woorde gebruik maar hier praat sy veel ligter en spot sy hom. Hierdie voorbeelde toon hoe belangrik dit is om die regte metrum te gebruik.
Trimeter is waar drie versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Lie:”
“Go, Soul, the body’s guest,
Upon a thankless errand;
Fear not to touch the best;
The truth shall be thy warrant:
Go, since I needs must die,
And give the world the lie.”
“Say to the court, it glows
And shines like rotten wood;
Say to the church, it shows
What’s good, and doth no good:
If church and court reply,
Then give them both the lie.”
Tetrameter is waar vier versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Nymph’s Reply:”
“If all the world and love were young,
And truth in every shepherd’s tongue,
These pretty pleasures might me move
To live with thee and be thy love.”
“Time drives the flocks from field to fold,
When rivers rage and rocks grow cold,
And Philomel becometh dumb;
The rest complains of cares to come.”
“The flowers do fade, and wanton fields
To wayward winter reckoning yields;
A honey tongue, a heart of gall,
Is fancy’s spring, but sorrow’s fall.”
Pentameter is waar vyf versvoete per versreël gebruik word en natuurlik is William Shakespeare ‘n meester van jambiese pentameter en sy “sonnet XVIII” is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan:
“Shall I compare thee to a summer’s day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer’s lease hath all too short a date:
Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimm’d;
And every fair from fair sometime declines,
By chance or nature’s changing course untrimm’d;
But thy eternal summer shall not fade
Nor lose possession of that fair thou owest;
Nor shall Death brag thou wander’st in his shade,
When in eternal lines to time thou growest:
So long as men can breathe or eyes can see,
So long lives this and this gives life to thee.”
Hexameter is waar ses versvoete per versreël gebruik word en is ook bekend as “Alexandrine.” Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain” gebruik dit om stansas te beëindig. Swinburne se gedig “The last oracle” gebruik die trogee versvoet in hexameter vorm. Hier is ‘n uittreksel uit Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain:”
“In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly chouces she.”
“Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhytmic tidal lyres.”
“Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls – grostesque , slimed, dumb, indifferent.”
Heptameter bestaan uit sewe versvoete per versreël soos in Rudyard Kipling se gedig “Tommy” wat in jambiese heptameter geskryf is:
“Yes, makin’ mock o’ uniforms that guard you while you sleep
Is cheaper than them uniforms,an’ they’re starvation cheap;
… But it’s “Thin red line of ‘eroes” when the drums begin to roll –“
“The drums begin to roll, my boys, the drums begin to roll,
O it’s “Thin red line of ‘eroes” when the drums begin to roll”