15. Parodie
15. Parodie
Die HAT definieer parodie as “ die belaglik makende nabootsing; grappige omwerking van ‘n ernstige stuk.” ‘n Parodie kan gesien word as ‘n nabootsing van ‘n gedig of prosa stuk met ‘n duidelike doel om ‘n grap van die oorspronklike te maak.
‘n Parodie kan ook wees as satire die vorm neem van ‘n spottende nabootsing van ‘n ernstige gedig. Gewoonlik is dit bedoel as ‘n stuk humoristiese geskrif en van die humor spruit daaruit dat ons goed bekend met die oorspronklike werk is en regdeur vergelyking kan tref met die oorspronklike en dus die vernuf, weisheid of geestigheid van die parodis insien. Gewoonlik is die oorspronklike ‘n ernstige of selfs geveinsde geskrif. Gewoonlik kopieer die parodie die struktuur, metrum en selfs die taalgebruik van die oorspronklike, maar gewoonlik word die inhoud van die parodie vervang met iets meer nietig, of banaal of lagwekkend.
Die parodie kan ‘n aanval wapen wees, aangesien dit die swakheid van die nagebootste gedig goed laat uitkom. In die tyd van die digters van Tagtig in Nederland het Fred van Eeden in sy bundel “Grassprietjes” parodieë getrek op die werke van beide Tollens en Ten Kate, toe die twee spottende nabootsings gemaak het van die sonnette van jonger digters.
Soms is dit net ‘n onskuldige grap van ‘n digter teenoor mede digters soos “Met apologie” deur D.J. Opperman op die werk van verskeie Afrikaanse digters. My eie siening van die Weduwee Viljee is as volg en waar ek spot oor hoe Johan Johl die betrokke gedig sou skryf:
Die weduwee Viljee
Daar het ‘n pragtige vrou
in pik swart geklee
wat verbygekom
met twee kwaai gekolde honde
wat aanhoudend knor en blaf
en tree vir tree moes ek gee
maar wou eers sommer verby draf
by die weduwee Viljee,
maar die honde wil los ruk
(en toe moes ek maar stadig loop
en haar groet)
en wonder toe waarom
sy staan en huil
of het daar sand
dalk in haar oë gewaai?
Sy loop toe myle vêr
gewapen met ‘n staf
met ‘n lem soos ‘n swaard
op daardie heilige dag
om haar siel langs
die see te verloor
of dalk te vind?
[Verwysing: Met apologie deur D.J. Opperman.]
Die weduwee Viljee: Johann Johl (parodie)
(met apologie aan Johann Johl)
Langs die see
waar daar ‘n voël raasbek skreeu
stap die weduwee Viljee
so verlore sonder haar man
met twee kolliehonde saam
Die arme vrou Viljee
en die honde kan nie snap
wat die voël skreeu
terwyl hulle saam stap
O wee, o wee die weduwee viljee
toe die ganske spul
op ‘n landmyn trap
knetter knal elke stukkie
asof dit na die hemele tas
en haar mandjie van berkebas
word deur twee verliefdes opgetel.
[Verwysings: “Met apologie” deur D.J. Opperman, Dubbelloop: ‘n pastiche deur Johann Johl, Bostelegraaf deur Johann Johl.]
Die antieke ballade “Sir Patrick Spens” wat deur skotse storievertellers oorgedra word, waarin ‘n insident tydens die heerskappy van Alexander III uitgedruk word, het J.J. Bray ‘n parodie mee getrek met sy “Ballad Of The Future.” William Wordsworth se gedig “The Daffodils” geskryf oor ‘n pragtige skouspel in die natuur het C. Abbot Conway, Jr. ‘n bekende parodie mee getrek in sy “Thoughts On A Winter’s Walk In The Woods.” Christopher Marlowe se gedig “The passionate Shepherd To His Love”, word ook geparodieer deur Greg Smenda met sy gedig “The Pssionate Astronaut To His Love.” Selfs Robert Frost se grootse gedig “Stopping By Woods On A Snowy Evening” wat byna te heilig voel om te parodieer, maar die humoris Desmond Lawrence se “Stopping By Books on a Showy Evening,” doen dit uiters suksesvol en amusant. John Masefield se gedig “Sea-fever” is ‘n uitroep van die siel om terug na die see toe te gaan, daarteen is Desmond Lawrence se “’C’ Fever” in kontras ‘n eksterne roep waar die hoof die teenwoordigheid van ‘n persoon verlang.
Selfs ‘n ewe ernstige nabootsing kan hoogs parodies wees. Hier trek ek ‘n parodie met Dylan Thomas se grootse gedig “Do not go gentle into that good night” en sluit my Engelse weergawes in omdat dit dieselfde vormstruktuur bevat as Dylan Thomas se oorspronklike gedig. Ek trek ook ‘n parodie met Leslie Norris se gedig “Owls.” Hierby sluit ek ook my Engelse weergawe in aangesien dit in dieselfde vorm as Norris se gedig geskryf is. Met “Down With Fanatics!” deur Roger Woddis trek ek ook ‘n parodie waar hy mense in olie wil kook, uitmekaar wil ruk en wil kats en die gedig is meer amusant en ek sluit ook die Engelse weergawe in aangesien dit veel nader aan Roger Woddis se gedig is. Die parodie wat ek met J.M. Synge se gedig “To A Sister Of An Enemy Of The Author Who Disapproved of The Playboy” trek, vra ek vir seëninge waar J.M. Synge vervloeking uitspreek van versenging, vlekke, blase, krampe in haar larinks, long en lewer, galstene ensovoorts en weereens is my Engelse gedig nader aan die betrokke gedig in vorm en styl. Hier is ook ‘n klompie van Koos A. Kombuis se gedigte wat ek as parodieë geskryf het aangesien van sy gedigte tot God en oor die Afrikaner se afkoms my glad nie aanstaan nie en ‘n gedig van Johan Steyn waar ek sy psigiatriese besoek in iets anders laat verander:
Vlam deur jou dae
(met apologie aan Dylan Thomas)
Moet nie verwelk as die lewe naby aan sy einde kom,
ouderdom moet woed met die kennis van sy jare
totdat die laaste krag uitgeput is,
selfs as jou dae net ‘n gawe van God af is
en verlange trane bring
en jy nie weet waarom.
Vlam deur jou dae om die verwagtinge
en vrese van ander te oortref,
selfs al is jou reserwes reeds uitgeput.
Doen wat jy wil, al neem dit ‘n hele naweek
om deur te voer en al voel jou liggaam asof spiese daardeur steek,
selfs as jy heeltemal magteloos is.
Besoek elkeen wat jy bemin en elke vyand en vriend
voordat jou laaste dae verskyn,
terwyl daar nog tyd is om te spandeer
om jou wil uit te druk, om ander te laat begryp
dat jy nog lewe, selfs al het dinge reeds te vêr gegaan
en U my moeder, lewe aan
selfs al haat of bemin U my, totdat U nie meer kan.
[Verwysing: Do not go gentle into that good night deur Dylan Thomas.]
Blaze through your days (Villanelle)
(Apologies to Dylan Thomas)
Do not fade away when life nears its end,
old age should rage with the knowledge of its years,
till its last power is spend,
even if your days are just a godsend
and longing brings its tears
and you do not know to what end.
Blaze through your days to transcend
the expectations of others and their fears
even if your reserves are spend.
Do what you want to, even if it takes all weekend
to carry it through and your body feels as if pierced by spears,
even if you feel completely at an end,
call on every one you hold dear and every fiend and friend
before the last days nears
while there is still time to spend
to express your will, to let them comprehend
that you are still living, even if things are too far in arrears
and you my mother, live on to the end
even if you hate or love me, until your last breath is spend.
[Reference: Do not go gentle into that good night by Dylan Thomas.]
Seemeeue
(met apologie aan Leslie Norris)
Seemeeue vlieg van rand tot rand,
hulle krassende stemme roep die veld, die lug die see
van Suid-Afrika wat oos en wes strek
na ‘n karnivoriese jagtog bo riwwe, duike in die see
en klein krappe, wie se lewens spandeer word in skulp rete, swig
plas bloed, syfering uit hulle ingewande, hulle are met
‘n klein nukleus van skelet. Dit was toe ek loop
die see beskou aan sy oostelike kant met ‘n soort baggering
van sprinkelende sand, wandel deur die skuimende water
met nakende bene in die winter waters, met ‘n lid as aas
onder die geworpe maan met rotse wat my voete laat jeuk en krap
na ek in my rysende oë die verplattende stroke gesien het
van hierdie een land, ‘n land wat van oos na wes strek
(asof daar geen ander plek, enige plek anders bestaan)
suid na noord, waarheen ek ook al op pad was
met koppies, berge, flitsende stad liggies
selfs bome wat my blatant dophou
asof starend na my met koue winter bitterheid.
Ek weet dat die son nog draai, tot die volgende dag
en die oggend sal besoek as rotte of uile aan ons
in skakerings van helder blou, slegs in die Kaap sal dit grys wees
en ek weet dat die seemeeue dag en nag oor my vlieg
of ons, met vlerke wat Suid-Afrika bedek,
die kontinent van Afrika, selfs die hele wye wêreld
en hulle gekras sal aanhou tot in oneindigheid.
[Verwysing: Owls deur Leslie Norris.]
Seagulls
(with apology to Leslie Norris)
The seagulls are flying from edge tot edge,
their screeching voices call the veldt, the sky the sea
of South Africa stretching east and west
to a carnivorous hunt above the ridges, sea ditches
and small crabs, whose lives are spent in shell crevices, yield
splashing blood, ooze from their guts, their veins with
a little nucleus of skeleton. It was when I walked
facing the sea at its east end with a kind of dredge
sprinkling sand, strolled through the lathering water
naked legged in the winter water, with a member as bait
under cast moon with rocks itching and scratching my feet
after I saw in my rising eyes the stretches, flattening
of this one land, a country stretching east to west,
(as if no other exists anywhere else)
south to north, wherever I were going
with hillocks, mountains flashing city lights,
even trees looking somewhat blatantly
as if staring at me with cold winter bitterness.
I know that the sun still turns, until the next day
and the morning will visit as owls or rats to us
in hues of brilliant blue, only in the Cape it will be grey
and I know that day and night the seagulls fly over me
or we or us with wings covering South Africa, the whole
continent of Africa, even the whole wide world
and their screeching will last until eternity.
[Reference: Owls by Leslie Norris.]
As ek my wil kan laat geskied
(met apologie aan Roger Woddis)
As ek my wil kan laat geskied
met kommuniste mans
sou ek hulle almal in olie bad,
‘n pot met tee vul
en elke vitamien binne in sit
en dit maak kook
en dit bedien aan elke terroris
selfs hulle waar hy skuil
en as ek ‘n moralis is
sou ek elke ledemaat salf.
Fanatici is ‘n beskaafde gebroedsel
met ‘n groot behoefte
wat afhanklike mans vergader vir genot;
wat hulle smeek totdat hulle bloei,
ja, elke liewe een, elke dogter en seun
en hulle gaan waarskynlik oorsee
om hulle dinge daar te doen,
maar inplaas daarvan is ek lief vir my kat
en nie so nie.
Ons moet die menslike verstand bemin
soos wat wysheid ons lei,
en hulle wat dit nie doen nie is waarskynlik blind
of iewers vêr agter
en kan nie swart of blou aanskou nie;
wat waarskynlik eet
en nie die rekening betaal nie
en die restaurant eienaar hoor gil
en smeek, uitbars en eis totdat
hulle die ander week betaal of hy die wang draai.
[Verwysing: Down With Fanatics! deur Roger Woddis.]
If I had my way
(with apologies to Roger Woddis)
If I had my way with communist men
I’d bath them all in oil,
I’d fill a pot full of tea with every vitamin
and make it boil
and serve it to every terrorist
even those that shelter him
and if I were a moralist
I would anoint every limb.
Fanatics are a civil-breed in great need
who dependent men gather for fun;
who beg them until they bleed,
yes, every single one, every daughter and son
and they probably go abroad
to do the things they are at,
but instead I love my cat
and not like that.
For we should love the human mind
as wisdom lead us to,
and those that don’t are probably blind
or somewhere behind
and cannot see either black or blue;
who probably eat and do not pay the bill
and listen to the restaurant’s proprietor shriek
and beg, rant and demand until
they pay the other week or he turn the cheek.
[Reference: Down With Fanatics! By Roger Woddis.]
Heer, beskerm hierdie suster
(met apologie aan J.M. Synge)
Heer, beskerm hierdie suster en elke besoekende meneer,
verlig haar gelaat en laat haar niks sinister ken nie
beskerm haar hart, longe en lewer en laat haar nooit bewe nie
en gee ‘n roeping in haar ingewande, haar siel.
Laat haar leef met gratis etes wat afgelewer word
by ‘n vakansieoord as ‘n heilige onder sondaars:
Heer, gee U seën
en sy sal sekerlik verruklik lewe.
[Verwysing: To A Sister Of An Enemy Of The Author Who Disapproved of The Playboy deur J.M. Synge.]
Lord, protect this sister
(with apologies to J.M. Synge)
Lord, protect this sister and any visiting mister
enlighten her brown and let her know nothing sinister
protect her heart, lung and liver and never make her shiver
and in her guts, in her soul a calling give her.
Let her live with free delivered dinners
at a holiday resort as a saint among sinners:
Lord, Your blessings give
and she will surely delightfully live.
[Reference: To A Sister Of An Enemy Of The Author Who Disapproved of The Playboy by J.M. Synge.]
Ope brief (parodie)
(met apologie aan Koos A. Kombuis)
Is julle nog aan die lewe?
Slaap julle rustig bedags,
by die werk en is julle heeltemal kinds?
Sonder om ‘n steek te kan doen of gedoen het?
In die stryd wat julle aanknoop teen alles
wat ordelik en wit lyk
op agter straatjies
voor julle hoerhuise?
Is daar ‘n kits stoffie
in julle kombuise of agter kaste?
Is julle ander kleurige PA vol aandoening?
Sit julle gemaklik op die stoep
(oppas met te veel onkundiges is julle in die nood,
dit laat ‘n maatskappy vou en mense na God roep.)
As julle nalaat en al die moorde
op julle rûe besweer het
of wel verstaan het
en weg kwansel soos ‘n TV burlesk
en sonder dat mense dit vermoed rus
terwyl die onheilige vuur in die kooie brand
kan julle elf
gebooie breek en mense met gewere
teen die kop op die skouer skop
terwyl julle sê:
“Mooi, so gaan ons verder
dis hoe dit hoort
as nog winters vir die witman kom.
Vat elke ding, slaan toe sonder genade,
steel sommer ook van boepmaag dronkies
beledig sommer ‘n afgesant
van die Bill Clinton terwyl spoeg om julle bekke kwyl.”
(maar wees baie vies
en moordenaars en diewe sonder enige ambisie.)
Regverdig julle politieke rol spelers
werklik die onrus en misdaad wat knaag?
Kan julle die massas nog verder opstook?
(in hemels naam)
“Hoor God nie ons gebede?”
[Verwysing: Ope brief aan die body corporate deur Koos A. Kombuis.]
Sataniese erotika (parodie)
(met apologie aan Koos A. Kombuis)
Sataniese werke bloei
op pad na die verderf
baie vroeg oud
is daar baie wat met sy woorde skort
as ‘n sanger sonder drome het hy heel skeel
homself as ‘n god verbeel
met ‘n afdraai pad na die verderf swerf hy woordeloos noordoos.
[Verwysing: Afrikanergenetika deur Koos A. Kombuis]
Sondagmiddag by die monument (parodie)
(met apologie aan Koos A. Kombuis)
My liefde en lied is nie meer reg
soos uit Afrikaanse bloed nie
my liefde en lied is vir almal
wat nakend voor my bewe, wat saam eet
en met piekniek ontvou
in die skaduwee van hierdie taal rots
my liefde en lied sê tot my dank ek’s die baas
dit word geweier in die land
oor die geure op die windrigtings
en deur leeke op sypaadjies
met gebede
my liefde en lied is vir elkeen van wie ek hou
maar sonder ‘n kerk of wet;
net waar ek gaan, argloos onkuis
heel kasueel en met seremonie –
my liefde en lied is geurig, soos kaas ruik dit ente
en my vingers dans
oor die ou telfoontjie.
[Sondagmiddag by die monument deur Koos A. Kombuis.]
‘n Driedubbele sessie op ‘n sondag in Kaapstad (parodie)
(met apologie aan Koos A. Kombuis)
I
My hart wil slaap vannag
met botheid en swoeging
en my gekartelde gereedskap
is aan die swaar kry.
Alles word verspil, degenereer
van die meisie by die rooi lig
tot die platoniese glimlaggies
van die poppe in die spaar kamer.
As my winde net wou ophou draai!
Krap ek met aardbewings in hulle slaai!
van die Kaapse meisies op die front
al waar neon liggies flikker;
boodskappe dat ek selibaat is
en vol verwagting.
My hekke is almal toe.
Ek laat geen bediende binne nie.
Die twee party het lankal vertrek,
is na ‘n ander ryk jolige se huis toe;
ek’s vol van my eie beter wetenskap.
Ek sluip verby die yskas
met die naweek babalaas wat ek weg wens.
In die suburbs het ek nie ‘n horing nie.
II
Al my vriende het elk ‘n sessie.
Almal is half beserk.
Almal vra meisies om uit hulle leer klere te glip.
Almal is besete met ‘n klein dorpie seks hormoon.
Net ek is meer desperaat.
Ek kry nie ‘n chick in die straat.
Al my vriende moet gedurig uittrek
en soms ‘n meisie los om te laat spat.
Almal wat nie weet nie kan nie raai nie.
Al lyk ek bedeel op die regte manier.
Ek is regtig bedeel.
Ek’s draad werklik desperaat.
Ek kry nie ‘n chick in die straat.
As die klokkie lui
trek ek heeltemal toe.
Ek’s ‘n skorrie sonder vitamines.
Ek bak vir ure lank.
Die bure hou kompetisies as my vriende
en kom van ‘n afstand hier rond.
Hulle kan sê ek’s selibaat.
Ek kry nie ‘n chick in die straat.
III
Ek wens ek was oop gegrendel,
in my ouerhuis liewers
tussen singende meisies met kondome
en eetbare poppies.
Ek wens ek was aan die einde van my strewe,
eenkant langs die tuin hekkie,
terwyl ‘n aster verby draf.
Ek is bedeel en het ‘n strewe.
My Fascisme kry nie meer applous nie.
Ek het almal bedien. Niks en niemand daal laag nie
Ek’s aan seks verknog.
en mank met delirium.
Stil maat, terwyl ek ‘n drang kry –
Die vuur in my lendene is groot
terwyl meisies my vermy.
[Verwysing: Driedubbele depressie op ‘n sondagnag in Kaapstad deur Koos A. Kombuis.]
Jou liefde is goddeloos (parodie)
(in apologie tot Koos A. Kombuis)
Ek wil strewe
na jou skaduwee
as jy snik
die pyn in alles voel
elke oggend as ek kon opkom
struikel ek oor my bed
en kas en as ek naar van suip voel
wil ek eet net
as jy by my is,
ek wil jou partymaal
proe soos nastergal
en ek wil ook
in my duister buie
uit die dieptes
van elke dal in jou af val
ek wil jou laat ophou
as jy fluister
van die woorde
van bose matrose
en ek wil saam staan
op jou straat tog
as deel
van jou neurose
jou guns is byna edel
en totaal goddeloos
jou guns is nogtans argloos
verblind deur sonde,
verblind sonder troos
verblind van liefde
en totaal bandeloos
ek het gister
net soos jy
rond gaan dwaal
in jou drange
vir lang ente
en met ‘n spul skelette
sonder enige fobies
of gesange
dit wemel
van LSD
en jy vertel
my sonder om te vra
en die boodskap wat ek kry
is dat jy bly
in soet mama afrika
ek verwens
elke klein teken
van ‘n outjie
wat oor jou pas,
ek verwens
net netnou
toe ek so
baie bewerig was
jou guns is byna edel
en totaal goddeloos
jou guns is nogtans argloos
verblind deur sonde,
verblind sonder troos
verblind van liefde
en totaal bandeloos
dis ‘n soet bessie dagbreek
wat saam met jou aanbreek
dis uitroep op uitroep
sonder ‘n punt
en waarom de hel
gaan jy huis toe
terwyl bandeloosheid jou verslind?
ek wil jou pyn wys
diep in my hart
maar jy moet wag
en iemand anders mag
jou vasklou,
die ou toppie
is op jou onder jou applous,
maar jou boude
is nie waaraan hy vashou nie.
ek wil jou ophou
as jy fluister
van die woorde
van bose matrose
en ek wil saam staan
op jou straat tog
as deel
van jou neurose
jou guns is byna edel
en totaal goddeloos
jou guns is nogtans argloos
verblind deur sonde,
verblind sonder troos
verblind van liefde
en totaal harteloos.
[Verwysing: Liefde uit die oudedoos deur Koos A. Kombuis.]
Rook en poker (parodie)
(met apologie aan Koos A. Kombuis)
onder die lig se baan
gaan ons die lokasie binne
en maak daar familie
op beddens met komberse sonder linne.
[Rook en poker deur Koos A. Kombuis.]
Die agurk (parodie)
(met apologie aan Ina Rouseau)
Waar daar ‘n agurk is,
word daar nie in geryp onder die grond.
Dring die loodreg punte op en oor
na iets. Verloor die land
sy strak kristalagtigheid. Sny
uitloopsels dwarsdeur die aarde se modder
opwaarts. Maak in die grond rond
dat waar daar ‘n agurk is
tussen riet en graniet
in uitspruiting tussen sand en grint
daar na lig en nuwe lewe gesoek word
en word daar vrugte gevind.
[Verwysing: Die dirk deur Ina Rouseau.]
As ek uitreik (parodie)
(met apologie aan Koos A. Kombuis)
As ek uitreik
na daar anderkant
is alles nog sonder verband
terwyl die lewe my knyp
en as jy wil weet,
regtig waar jy is
sal die jy in die daglig
wat deur die venster val
vol skok en bloed en seer
my nie vind as die anderhalf van jou lyf
en whisky
gooi ek in jou wonde
en as jy wil indruk
in die donker dag
van stilswye met my daarin
sal ek niks vir jou wees
en jou grote polsslag
sal sonder enige herkenning
so grys
en sonder woorde gevul wees met betekenis
van geen sonskyn
op jou agter of voorstoep
nie eens as bokmakieries roep.
[Л “as jy uitreik” deur Koos A. Kombuis.]
Dwang gesang (parodie)
(met apologie aan Koos A. Kombuis)
Soos ‘n tert
in honger weke
smag ek om te riel
met ‘n nooi wat bot –
met pornografie
in kinder biblioteke
is ek en my lede
stinkend vrot
soos my god Hilter
wat by my woon in Soweto
soos edelagbare here
wat besoek in ‘n ghetto
swaar en dikker
skryf ek gejaag
selfs as ek my kop stamp
soos wat dit my behaag.
[Verwysing: Kwang-gesang deur Koos A. Kombuis.]
Psigiatrie of is dit nie? (parodie)
(met apologie aan Johan Steyn)
Die glimlaggende jong toordokter
met sy vrekkens slegte kuur het my onder beheer,
alles begin en eindig nie by my nie:
met iets sê hy, kry hy my ietsie reg
en ek gewaar, dat ek verskil
intussen naby ongelukkig
en doelloos loop ek huis toe terug.
Die balans kan ek jou vertel
en nou loop ek draaie en nooit reguit.
Vriende kom steel my goed!
My vrou is gangbaar en bedags
as ek aan Tristene en Isolde fluister
en wakker word gluur hulle soos breë bek drake
en skreeu uit dat hulle nie “als wille” nie.
Ek beef as ek kan,
voel skielik aardig
is onbetroubaar tot die geringste toe.
As dit nog verder gaan vermoed ek sal ek grens
met ‘n bekentenis aan die ouderling en nou-nou net
met my gewete en gesig skoon
lê ek dalk van nuuts af beloftes af.
‘n Nare toestand is dit dié
al wat ek na streef, na beweeg en is,
is onveilig teen my jong pen
en oor dit alles het ek agterdog
(onthou ek praat nie die vent se taal!)
alles begin en eindig nie by my nie:
en ek leef sonder vrede en is los.
Dat ek nou in grepe bly met pret,
sonder die en daardie nooi se afwesigheid:
hulle winter eise roer my,
sonder dat ek deur Chausson, Thomas blaai.
Rilke lees ek op ‘n slag
en in stilte en nuanses lê ek en kwyl.
Ek neem bloot kennis van die wind wat waai op elke dag.
Ek fluit, loop na dae reguit verby elke asblik
weet hoe water uit ‘n spoel bak proe
met dié groot geknel,
gee terug my smart
van inderhase sindelikheid.
Laat elke engel wat kan maar laatnag
verniet vir my bel.
[Verwysing: Psigiatrie deur Johan Steyn.]