21. Die hiperbool
21. Die hiperbool
Die HAT definieer hiperbool as “’n Buitensporige oordrywing as uiting van hewige gevoel of om ‘n sterk indruk te maak soos byvoorbeeld ek het my morsdood gesukkel.”
In spraak gebruik ‘n hiperbool opsetlike oordrywing om iets te benadruk. Die doelwit van ‘n hiperbool is om te benadruk om iets meer dramaties of aanskoulik te maak; die bedoeling daarmee is nie om iemand om die bos te lei nie. Soos byvoorbeeld “ek het jou duisende kere gesê, om dit nie te doen nie!”
Hiperbool is ‘n waardevolle werkstuk vir digters en dramaturge, wat dit vir hulle moontlike maak om te benadruk, gewoonlik so vêr as die sterkte van iemand se gevoelens of die belangrikheid van ‘n punt wat gemaak word. In Ben Johnson se gedig “Drink to me only with thine eyes” word die diepte van ‘n digter se liefde en die prag van sy geliefde oorgedra.
In Andrew Marvell se gedig “To His Coy Mistress” word hiperbole gebruik om aan sy minnares te oortuig om liefde met hom te maak, en beskryf hoe stadig hulle sou kon beweeg as daar nie druk deur tyd was nie.
In John Donne se gedig “The Sunne Rising” is sy woorde stomp, dramaties en dringend.
Hier is ‘n klompie van my gedigte wat van hiperbole gebruik maak:
My minnares se oë (in antwoord op William Shakespeare)
My minnares se oë het ‘n blouer skakering
as die kleur van kobalt lug,
koraal of tamatie kan nie vergelyk
aan die liefkosing van haar lippe nie
en die aanraking van haar vinger punte
is sagter as enige bries
en die kleur van haar hare is meer besonder, uniek
as enige gras, of wat metaal drade kan hê
en haar borste en tepels
het ‘n groter suiwerheid, aanlokking
as enige sneeu of selfs lente knoppe
en die skoonheid in haar, is meer welriekend
as blomme, as wat selfs rose vertoon
as ons ware behoefte vir mekaar ontvou.
[Verwysing: Sonnet “My mistress’ eyes” deur William Shakespeare]
In louter skoonheid oorskry my minnares se oë die son (in antwoord op William Shakespeare)
In louter skoonheid oorskry my minnares se oë die son,
haar lippe is pragtiger as die opkoms daarvan,
haar borste is sag en vars, elkeen
met ‘n pienk breekbaarheid, roos puntig, heel uitsonderlik
en geen draad, koring of mielies is geskik vir die skakering
van haar fraaie hare, of so tenger as die stringe daarvan
en haar asem, haar geur glans uit bo die van haar gevolg
en die varsheid daarvan, herinner my aan ‘n nuwe ontwaking
en skugter onskuld is in die blos van haar wange
as sy uitlokkend passievol gereed is vir my plesier
en amper honger uitreik, soek
na my geselskap, my liggaam soos ‘n lelie van die nag:
uitsprei met haar kelke, oopvouend my in haar omhelsing intrek
in louter betowering, met amper bonatuurlike grasie.
[Verwysing: Sonnet 130 My mistress’ eyes are nothing like the sun deur William Shakespeare.]
Wag ek steeds op ‘n nuwe dagbreek
Ek kan my liefde vir jou nie keer
wat eindeloos uitvloei
soos golwe buite my beheer
en selfs as storm winde loei
bly my hart getrou
soos branders wat gedurig swiep
bly ek lief vir jou, wat my lewe sonnig hou,
slegs aan dit wat tussen ons is verdiep
en as ek myself te pletter slaan
die lewe my skuimend oor ruwe rotse breek
is jy soos die son altyd daar, kan ek jou nie afstaan
wag ek steeds op ‘n nuwe dagbreek:
‘n plek waar son en see ontmoet,
jy my as jou beminde begroet.
Die Boesman
Terwyl gewone jagters met gewere skiet,
diere laat beef,
volg die Boesman spoorsnyer ‘n spoor van eerste lig af
met sy nakende vel swetend terwyl hy hardloop
met sy betroubare boog en koker
as ‘n meester van sy kuns op die uitgerekte vlakte
en selfs tot in die duister nag
soms regdeur reën
vorder hy stadig met tree wat uitrek,
vermei hy sig, reuk en aanvoeling,
hardloop verby waar die horison land en lug verdeel
en jag met blote vermoë:
en met tyd sal hy die hele aarde plat hardloop,
elke dier, mens, selfs konings sy eie maak.