22. Die Bruilofslied
22. Die Bruilofslied
In die versamelde gedigte van A.E. Housman het ek op ‘n “Epithalamium” of Bruilofslied gedig vorm afgekom wat bestaan uit vyf stansas in paarrym (bv. aabbccddee/) met agt, ses, agt, ses en sestien versreëls. Sy gedig is getiteld “XXIV Epithalamium” en het in sy bundel “Last poems” verskyn. Sappho se Epithalamium is getitel “Happy Bridegroom” en daar is verskeie van haar bruilofsliedere wat verlore geraak het. Die mees bekende bruilofslied is natuurlik hooglied in die Bybel.
Ek was so beïndruk met A.E. Housman se gedig dat ek ‘n soortgelyke gedig geskryf het, met dieselfde aantal versreëls, maar gebruik eerder persiese kwatryne, aangesien dit ‘n veel kragtiger rymvorm is as net paar rym. Aan die einde van die stansas wat ses reëls bevat het ek egter paarrym gebruik.
Bruilofslied
Edele vriend, geliefde kameraad,
my troue maat in tye van liefde en haat
hier skei ons weë,
jy’s betyds en uitgedos in sieraad.
Blaas die trompette, laat die orrel weergalm en elke ramshoring
laat die voëls in die hemele sing
van God se liefde in jou hart,
laat lofliedere nou hier deur alles dring.
Hoog in die blou lug ry
die son glinsterend verby
geseënde bruidegom jou dag het aangebreek,
laat jubelende baniere ‘n eie lewe kry,
terwyl jy voor mense en God staan
en jou hand op ‘n gelukkige dame slaan.
As julle die aandster in die lug peil
laat julle bed toe gaan en tyd verwyl,
laat ‘n orkes ‘n melodie speel,
terwyl jou bruid van geluk huil.
Laat julle samesmelting geseënd wees,
dat jy daagliks liefde in haar oë lees
en laat sy naby aan jou bly en jy nêrens alleen gaan
sonder enige droewigheid of vrees.
Gelukkige bruidegom die almagtige God bring
elke nodige en tydige ding
liefde, aanbidding en passie
en selflose toewyding
Gooi yskoue sjampanje, laat die prop rol
gooi sommer ‘n hele goue gedeelde beker vol.
Met die sterwe van die dag
vra ek vir ‘n geseënde en sjarmante nag,
waar niks tussen julle twee kom
en julle sterre skyn met volle prag.
Laat jou gevoelens eerbaar en getrou
haar met liefde toevou
dat jy haar waaragtig bemin
en mag jy jou beskore seëninge aanskou.
Mag God Hom oor julle erbarm
terwyl julle mekaar omarm,
veilig en soet rus
sonder enige alarm,
terwyl Goddelike engele oor julle wag hou
vriende en familie gebede aan julle toevertrou
en dit alles in julle harte lê,
rus en deurlugtigheid om julle vou
[Verwysing: Epithalamium deur A.E. Housman.]
Epithalamium
Noble friend, dear comrade
companion in times of love and hate
you are here to part,
you have arrived and the occasion cannot wait.
Blow the trumpets and let the organ ring,
let the birds in the heavens sing
of the love God gave in your heart
let all things be praising.
High in the bluest sky
the sun rides by,
blessed bridegroom your day has come
let joyous banners fly,
while before God and man you stand
with a fortunate lady at your hand.
When the evening star rises steep,
let its light bring you to bed, but not to sleep
let melodies resound from an orchestral band
while your bride with joy weep.
Let your union be a blessing, that you will never roam,
that daily her enchantment will lead you home
and let she be near, as her heart is yours to keep,
where ever you wander under the sky’s dome.
Happy bridegroom the almighty God brings
all needed and timely things
love, adoration and passion
and great and good tidings.
Pour champagne from a frosted bottle and fill up
a shining and enchanted shared golden cup.
Now away from all noise and light
let this be a blessed charming night
where nothing disturb the two of you
and your stars shine high and bright.
Let your feelings be honourable and true,
that she can fall deeper in love with you
loving her tenderly and dearly
and may all blessings be yours as are due.
Do not fear any nightly harm,
while she lies at your charm
and let your sleep be safe and sound
as all is quiet without any alarm
while Godly angels guard with flaming sword,
prayers and every friendly good word
lies at your hearts, while you are bound
let serenity be yours to accord.
[Reference: Epithalamium by A.E. Housman.]