25. Die sprokie en fabel
25. Die sprokie en fabel
Natuurlik hou die woord sprokie verband met die woord spreek. ‘n Sprokie is ‘n fantasie skepping en kan nie aan historiese plekke of persone gebind word soos ‘n sage of legende nie. Dit is een van die oudste genres van die vertelkuns. In ‘n sprokie het die wonderbaarlike ‘n groot rol wat dit daarin speel.
In volks sprokies het plante en diere die vermoë om te praat, in die menslike lewe in te gryp. Onwerklike figure soos dwerge, reuse drake en ondiere daag ook soms op. Sprokies is merkwaardig kosmopolities van aard. Die bekende verhale van die broers Jacob en Willem Grimm is sprokies wat in hulle boek “ Kinder – und Hausmärchen” gepubliseer is. I.D. du Plessis het ‘n klomp gedigte “uit die Slamse Buurt” saamgestel van sprokies in omgang onder die Kaapse Maleiers. Eugene Marais het mooi Boesman sprokies weergegee in sy “Dwaalstories en ander vertellings.” Minnie Postma het intressante sprokies versamel in “Legendes uit die misrook.”
Die kultuur sprokie is waar ‘n kunstenaar hom inleef in die wêreld van die wonderbaarlike. Die beroemdste skepper van kultuur sprokies is Hans Christiaan Andersen, wie se sprokies wêreldwyd gelees word.
In Afrikaans het C.J. Langenhoven sprokies gegee in “Brolloks en Bittergal” en in die “Krismiskinders.” In D.J. Opperman se bundel “Engel uit Klip,” kom die gedig getitel “Sprokie van die Spikkelkoei” voor. “Eenhoring” van Johann Lodewyk Marais is ‘n goeie voorbeeld sprokie wat waarskynlik deur sy Oupa “John Bull” Marais vertel is.
Die latynse woord “fabula” wat ons ken as Fabel is ‘n verhaal waarin diere, bome, plante en selfs voorwerpe optree soos persone wat kan spreek en handel. Die fabel word onderskei van die sprokie deurdat dit beknop is, met ‘n duidelike strekking en dit probeer om te leer deur die verhaal te gebruik daarvoor. Dikwels word die ding wat geleer wil word ook aan die begin of einde van die fabel uitgespreek. Die latynse digter Pheandrus en die griekse digter Esopus is beroemd vir hulle fabels. Die Fransman Jean de la Fointaine se fabels is in Nederlands vertaal deur J.J.L. ten Kate en M. Nijhoff en in Afrikaans deur Arnoldus Pannevis. Pannevis se gedigte “Die Kraai en die Jakkals” en “Die Gebarste Padda” is voorbeelde van hierdie vertalings.
Die grootse gedig “Gobelin marsh,” van Christiana Rossetti tower ‘n heel ander wêreld vir mens op. Mens kan ‘n sprokie / fabel gebruik om ‘n diep waarheid oor te dra soos wat mens in die tekenprent Garfield sprokies versteek vind, werklike dinge wat pla soos kriminele teistering uit te druk, ‘n ou vertelling oor te dra, menslike gebreke wat eie aan ‘n groep of mans of vrouens is uit te druk, of dit kan bloot amuseer.
My gedig “’n kat se droom,” het ek geskryf na ek my persiese kat uitgestrek in die son sien lê en insluimer het, in “donderstorm” is daar ‘n onheilspellende monsteragtige entiteit wat saam met die onweer kom. “”n verhaal wat soms waar is,” druk die aspekte uit soos wat ‘n vrou soms in ‘n huwelik verander en is geskryf in antwoord op Marge Piercy se gedig “A Story Wet as Tears” wat ‘n soortgelyke ding oor mans te sê het. My gedig “Kemp Owyne,” is nie ‘n vertaling van die oorspronklike gedig nie, maar my weergawe van daardie sprokie.
Die gedigte “Rooi kappie” en “‘n Verhaal wat soms waar is” gebruik sprokies om tot huidige werklikhede deur te probeer dring. My gedig “Die swart kraai” is ‘n antwoord op Ted Hughes waar hy die voël gebruik in van sy gedigte wat die skeppings verhaal weergee. Die gedig “Die donder kat,” is ‘n sprokie wat ek sommer self uitgedink het. Die boek “The ivory trail” deur T.V. Bulpin het my die idee gegee van die gedig “Sonnette van die klip ruïnes.” A. G. Visser se Impundulu, het my so diep getref dat ek my eie gedig oor die donder voël geskryf het. Gluskap’s Hound deur T.G. Roberts het my geïnspireer om self ‘n sprokie te skryf oor hoe Gluskap tot sterwe gekom het in my gedig “die hamer se verhaal.” “Die tokkelossie,” het ek geskryf uit stories wat swart plaas arbeiders en ‘n bediende my as kind vertel het.
Hier is van my sprokies / fabels:
‘n Kat se droom
Hy strek uit op die grond
waar hy in die son lê
en die hitte op die lang hare
van sy rooi-goue gemmer pels
voel werklik goed
en die goue oë
van die Persiese kat sluit,
terwyl slaap dit weg neem
en lug sag deur sy
plat pienk neus vloei.
Twee skerp klein wit tande
punt uit verby sy lip,
net reg om te knip
en strepe is orals
soos die van ‘n tier.
Sy hele lewe lank
was hy ‘n goeie kat gewees,
het teen die baas
en sy vrou aangeskuur,
rotte, muise
en selfs slange gevang
en hulle as geskenke gebring
aan die mense
wat hy bemin.
Tog op hierdie dag
terwyl hy slaap
bid hy aan al die gode
wat katte ag,
om ‘n tier van ‘n dag te hê
en om dit moontlik te maak
om vir net een dag
te leef en te speel
as ‘n tier.
Die droom ontaard in ‘n nagmerrie
en twee venynige Rotweillers
jaag hom in ‘n boom op
en grom, blaf
en spring in die lug op,
maar terwyl hy slaap
word sy gebed verhoor
en ‘n woedende tier
storm van die boom af
en klou in die honde
se rigting uit
selfs nog voor dit
die grond raak.
Verskeur, bloeiend en tjankend
hardloop die twee honde
skreeuend weg
en laat weet elke ander hond
met vrees,
dat ‘n magtige tier los is.
Toe hy met die straat af gaan
is al die mense
wat hy ontmoet vreesbevange
en hardloop hulle in skok weg
en hy kan niemand vind
om mee te speel nie
en self die ander katte
is uiters bang
en bly op hulle eie.
Soos wat die dag aangaan
raak hy regtig honger
en drink water
uit ‘n wensfontein,
waar toeriste stop
om uit hulle karre
na hom te staar,
terwyl ‘n patrollie polisie
bang nader kom
om hom te probeer vang.
Om weer ‘n Persiese kat te wees,
lyk veel beter
op hierdie plek en tyd
en hy wens
en stamp per ongeluk ‘n munt
van die kant af
wat af in die poel in val.
Donderstorm
Lagies wasem om die venster
terwyl die reën
sonder ophou dae lank val
en ek sien blitse
soos blouwit voelers
die aarde betas
en hier en daar
is ‘n paar sterre
wat deur die wolke glim
asof iets van bo
na onder deur loer
en ek kan die asem daarvan
die vensters hoor ratel
soos wat dit al nader kom
en ek wonder of dit pis
of trane is
wat sonder ophou neerval
en niks uit daardie hemel
kan tot by my neerdaal
maar buite gloei
die straatligte sitroengeel
en die gladde nat pad
blink soos oniks
en skielik is die lug duister
en iewers hoor ek ‘n kar
briek en gly
en ‘n ander
met ‘n geweldige slag tref
en die monster
het skielik verdwyn
terwyl daar trane
sag uit die hemel neer sis
en sirenes al nader kom
en hoër op in die straat
is daar flitsende blou en rooi
en wit ligte wat op en af skyn.
Rooi kappie
In die oerwoud wat stad heet
het Jannie en Sannie
met hulle kerkklere aan
(sy met ‘n rooi jassie en kappie vir die winter)
een Sondagaand kerk toe gestap
toe die wrede wolf
(‘n swart gedrog)
‘n lang mes uit trek
om God se geld met geweld af te vat,
maar ongelukkig vir hom
het hy lang tjanke gehuil
voor die maan nog opkom
en hulle het hom een twee drie
met karate in stukke geskop en gekap
en toe weer ewe ongesteurd aangestap
nog voor die kerkklokke lui.
‘n Verhaal wat soms waar is ( in antwoord op Marge Piercy)
Onthou die plaasboer wie se raaf
verander het
in ‘n lieflike swartkop vrou?
Haar hare het geskitter met ‘n metaal blou glans
en daar was warmte in haar pragtige donker oë
en was gevul met ‘n pragtige melodie
en sy was baie intelligent, gesellig
en het goed aangepas by die plaaslewe,
maar net na hulle huwelik
het sy by haar man aangedring
op meer en meer juwele
was lief vir edelstene, enige iets wat skitter
en met tyd het haar maniere
meer wesenlik geraak, wou sy meer hê, rasend,
wou woon in ‘n beter huis,
asof op die uitkyk
om beter as die bure te wees.
Sy’t neute en sade begin opgaar,
vrugte, die vleis van klein diere
gebêre in die spens
en het uit gegaan om te stap,
om te klim op die hoë klowe
gestaar na die hoogste bome
en haar stem het meer grof geraak
en toe hy eendag by die huis kom
nadat hy heeldag gewerk het
in die warm son,
was alles in die huis uitmekaar
in stukke gepluk, geruïneer
en hy’t ‘n raaf sien weg vlieg
krassend voordat dit verdwyn het in die blou
en die waarheid bly
dat alhoewel hofmakery van asters dames maak
verander die huwelik, volwassendheid
en ouderdom sommiges van hulle
terug in ou mal kraaie.
[Verwysing: A Story Wet as Tears deur Marge Piercy.]
Die swart kraai (in antwoord op Ted Hughes)
Kraai het in die lug opgevlieg
kykend, altyd soekend
met ‘n gretige oog
swerwend af na die aarde uit die lug
met flappende vlerke
onder die skroeiende son,
in ‘n warreling
in die vinnige beweging daarvan
en vlieënd uit die verblindende son
met pote ingevou
maar op ‘n tyd moes hy neerval
soos weerlig wat uit die lig uit donder
om iets iewers te vind
‘n muis, ‘n rot of ‘n groter haas
om te vreet met kloue wat verskeur
met bloed wat rooi deursyfer onder hulle.
Swarter as die nag
sprei hy sy vlerke
teen die uitdagende lug
denkend om opper hoog te wees
en dit was sy ondergang
terwyl hy so hoog opvlieg as wat arende doen
teen ruwe rotse tot by ‘n nes met hulle kleintjies
en vinniger as lig, was hy deurboor, weg geslinger daarvan
om neer te val uit die hoogtes
en het die skreeuende gebrul gehoor
van die arend se triomfantlike sang
net voor dood alles vir kraai beëindig.
[Verwysings: Wodwo en Crow (extract) Two legends deur Ted Hughes.]
Kemp Owyne
As ‘n klein kind, sterf haar moeder
wat haar diep ongelukkig maak,
toe haar pa weer trou
met ‘n bose en slegte vrou
en amper soos ‘n slaaf
hiet en gebied die vrou haar
en sy doen elke taak
groot of klein, sy doen alles wat vereis word
tot een maanlose nag
wat die vrou haar pa bed toe stuur
en in duisternis sonder enige lig
snaakse dinge sê en ‘n betowering neerlê
en sy dra klein Isabel
na ‘n kloof bo die see
en in minagting vervloek sy haar liederlik
tot dat Kemp Owyne
wat vêr weg in ‘n stad bly
tot haar redding kom
en haar met drie soene bevry
en in die water
werp sy die kind en lag boosaardig
en bedek was Isabel
in skubbe van kop tot stert
en legendes van ‘n liederlike gedierte
met lang hare, wat swaar asemhaal
was deur die mense vertel
wat haar teëgekom het,
selfs tot ander oorkant die see
en vir haar was dit uiters onheilspellend
en onmiddellik seil Kemp Owyne
met sy groot skip
vanaf die veraf stad
om self te sien
en sy smeek hom vir ‘n soen
en nog is sy liederlik
en ‘n betowerende gordel geskik vir ‘n koning
sal syne wees
wat hom teen elke vyand sal beskerm,
maar sy waarsku hom om net te soen
en nie die res
van haar liggaam aan te raak nie
of die gordel sal dood na hom toe lok,
sal sy laaste asem uit laat blaas
en galante Kemp Owyne
gee haar ‘n soen
en die gordel is syne
en sy smeek hom vir ‘n soen
en nog is sy liederlik
en ‘n ring geskik vir ‘n koning
bied sy hom aan
wat hom sal beskerm teen elke vyand
maar sy waarsku hom om net te soen
en nie die res
van haar liggaam aan te raak nie
of die ring sal ‘n dodelike ding word
en galante Kemp Owyne
gee haar ‘n soen
en die ring is syne
en sy smeek hom vir ‘n soen
en nog is sy liederlik
en ‘n magtige swaard
geskik vir ‘n koning bied sy hom aan,
wat hom sal beskerm teen enige vyand
maar sy waarsku hom om net te soen
en nie die res
van haar liggaam aan te raak nie,
of ‘n vyandelike swaard sy by hom deurdring
en galante Kemp Owyne
gee haar ‘n soen
en dis soet saligheid,
en vol passie is hy
en die swaard is syne
en sy verander
en het kort hare,
is pragtiger as enige koningin
en sy is vry,
loop uit op die strand
reg uit die see uit
en galante Kemp Owyne
smeek haar om hom te vergesel.
[Verwysing: Kemp Owyne deur ‘n onbekende digter.]
Sonnette van die seun wat katte teken
I
Baie lank terug toe soldate nog
spiese en swaarde dra
het ‘n japannese boer en sy vrou
‘n string kinders gehad,
en elkeen het ‘n taak gekry.
Hulle het koeie gemelk, varke versorg,
hoender eiers vergader
en die land geploeg
en rys, koring en gars geplant
maar die jongste was te swak en klein
om enige werk te doen
en telke male het hy sy pligte versuim
en het hy verdwyn
en katte geteken.
II
Die boer het sy kop gekrap
en nie geweet wat om te maak
met ‘n kind wat net wegraak
en geen taak voltooi en klein en groot,
wit, swart, gemmer en bont katte
van elke grote en soort teken.
Toe reken die boer en sy vrou
om die kind na die naaste tempel te vat
sodat hy ‘n priester kan word
en die boer het sy swaard omgord,
die kind op ‘n lei perd gelaai,
op sy perd geklim
en dalk sou die manne van God
die kind van pligte kon leer
III
Die kind het vinnig geleer,
maar niemand kon hom keer
om katte orals te teken
en dit het toe gebeur
dat die priester reken
dat hy nie ‘n priester
kan wees nie en eerder
‘n kunstenaar moet word.
Die seun word toe gestuur
na ‘n ander tempel verder weg
en die priester het hom gemaan
om snags groot plekke te vermy
en ‘n slaap plek
in ‘n klein plekkie te kry.
IV
Die tempel was verlate
want ‘n bose gobelin
wat uit die duister aarde kom
het die priesters verdryf
en die soldate
wat hom gaan trotseer
was nooit weer gesien nie.
Daar het in die nag
‘n lig in die tempel gebrand
en toe die seun daar aankom
gaan hy in en orals waar hy
‘n wit skerm kry, het hy ‘n kat geverf
en het toe die woorde van die ou priester onthou
en in ‘n klein kabinet gaan slaap.
V
Daardie aand het hy geluide
van ‘n groot geveg gehoor
en katte wat soos leeus brul
het boosaardig gegrom
terwyl iets hulle probeer
vermorsel en deurboor
en hy het gehoor hoe hulle
iets in stukke skeur.
Die volgende oggend
lê daar ‘n gobelin
met die kop van ‘n rot,
met ‘n kats en swaard in sy hande
en in die middel van die tempel
het hy die geveg verloor.
VI
l’Envoi
Daar was nog nat bloed
aan die bekke van die katte,
waar hulle op die skerms
geskilder is
en hulle het onskuldig
en ewe weerloos gelyk.
Toe die priesters terugkeer
sien hulle dadelik
wat gebeur het
en dadelik het die seun
‘n held geword
en hy was later bekend
as ‘n skilder
wat net katte verf.
[Verwysing: Met dank aan “Japanese Fairy Tales, The boy who drew cats” deur Lafcadio Hearn wat my die idee van hierdie gedig gegee het.]
Gobelin in die vlei
‘n gobelin waggel uit die vlei
en hy is vuil vol modder
en stinkend kom hy verby
en loop in die mis
wat uit die water opslaan.
Daar’s moeras gasse
wat orals vrottend hang
en ‘n donderslag
wat na onder toe slaan
laat balle vlamme knallend
blou, oranje en rooi
agter hom ontplof
en hy lag half mal
terwyl hy deur die modder
verder weg stap.
Snuffelend soek hy
na rattenkruid, etterbuil,
arseen en ‘n slang
se skuimende gif
met die kop van ‘n rot
op ‘n groen lyf
en hy waggel terwyl hy loop
en soos ‘n skaduwee
hier en daar uitslaan.
Sonnette van die klip ruïnes
I
Lank gelede het ‘n magtige jagter
gaan vaar om medisyne te soek
en was sy boom kano
saam met uitgeplukte bome meegesleur
deur ‘n rivier in vloed.
Hy het heeltemal beheer
oor die boot verloor en in die verte
het ‘n donderende klank
in die lug gehang
wat spookagtig uit die water op rys
in magtige rook
wat as sproei opslaan
en hy kon tonne water
by ‘n groot katarak hoor afstort
II
Terwyl die kano tollend
in die rondte draai
het hy ‘n lang dun sterk riem
aan ‘n pyl gebind
en met al die krag in sy sterk arms
sy boog gespan en sy pyl gestel
teen ‘n massiewe boom
wat op die oewer staan.
Die pyl het spoed gevang
en vir ‘n oomblik in die grou lug bly hang
voor dit die boom tref met ‘n slag
en die riem snaarstyf span
en sy arms het met desperate krag
die rivier gewen
III
Hy het verby oorblyfsels
van antieke yster myne geloop
en dorpe wat verval
deur bosse toegegroei is
en skielik was daar klipmure en torings
en takke wat reeds rankend
in die mure inkruip.
Versigtig het hy nader gesluip
en ‘n pyl deur ‘n spoegende kobra geskiet
en eensklaps het ‘n figuur agter ‘n bos verskyn,
maar voor sy klip dit kon tref
het dit in blote lug verdwyn
en teen ‘n nis het ‘n ander figuur se blik
diep in sy gedagtes ingestaar.
IV
Toe hy met assegaai in sy hand
op daardie figuur afstorm
het dit om ‘n hoek
in ‘n duister gang verdwyn
en eensklaps was daar
‘n dier met gloeiende oë
wat in die donkerte voor hom swaar asemhaal
en hy het sy skild voor hom gelig
en die spies na agter toe vasgevat.
Met vrot asem en wrede woede het ‘n leeu
met uitgesterkte kloue
grommend op hom gespring,
maar die skild het tussenby gekom
terwyl die assegaai diep in die borskas steek.
V
Terwyl die leeu woedend sterf het die kloue
diep in die jagter se skouer ingekerf
en sy skerp mes
het keer op keer in die dier
se hart opgesteek
en hy het bebloed
onder die gewig
van die dooie leeu uitgekom.
In afgryse het hy gesien
hoe die leeu stadig verander
van dier na mens
met ‘n spies in sy longe
en ‘n leeuvel
om sy skouers.
VI
Hy was besig om die leeuvel
van die man af te trek
en het die sagte pels daarvan
in sy hande gevoel,
toe nog twee leeus
verwoed op hom afstorm.
Toe sit sy turf
want beide assegaai en mes
was nog in die man vasgewig
en met die bakleiery
het hy sy boog
en koker verloor
en hy was vasgekeer
met leeus wat van beide kante verskeur.
VII
l’Envoi
Daar word vertel
dat as die lug skoon is
en die maan lank wegbly
‘n magtige jagter
saam met die reën gode verskyn
waar hulle skilde slaan
en spiese teen mekaar klap
en dat hy nou die lug het
as die plek waar hy jag.
Mens kan donder strepe sien
soos wat sy pyle
met rieme af na die aarde daal,
voordat die nuwe seisoen
se eerste groot reën druppels val
[Verwysing: Met dank aan “The ivory trail” deur T.V. Bulpin wat my die idee van hierdie gedig gegee het.]
Die hamer se verhaal
Daar’s ‘n verhaal van ‘n hamer
wat uit die lug uit val
by die voete
van ‘n kryger wat jag
en voordat hy dit sien
blits ‘n blou weerlig by sy voete neer
uit ‘n wolklose kobalt blou hemel.
Verbaas oor die donder
gaan sy blik in die lug in,
maar hy kan daar niks sien nie,
maar hy voel iets aan en kyk versigtig
en iets nog buite sig
gooi ‘n skaduwee wat hom bedek
en by sy voete lê iets eienaardig
en in die ooste
hoor hy ‘n massiewe ding neerval
asof dit dood is.
‘n Metaal hamer, tamaai in grote
geskik vir ‘n reus
gekleur ietwat tussen koper en goud
lê glimmend asof dit gevul is
met ‘n eienaardige soort energie
en dis pragtig gemaak
met ingewikkelde patrone
wat die skag daarvan versier
en terwyl die skaduwee
veel groter word
en meer dreigend
en hy kan sweer
dat hy iets kan hoor asemhaal
ryk hy uit na die hamer
probeer om dit op te tel
en dis veerlig in sy hande
en die hamer verander van kleur
na ‘n helder blouwit tint
en begin gons
asof dit lewendig word
en dit verander in grote en vorm
word veel kleiner
maar bly nog ‘n groot mokerhamer
en hy droom nie
maar ‘n reusagtige goddelike tipe ding
kyk woedend na hom
met ‘n vlammende swaard
in ‘n massiewe vuis
met ‘n brak met rooi gloeiende oë
wat dit volg
en terwyl hy die hamer met beide hande vashou
neem hy ‘n swaaihou na dit,
tref dit met ‘n geweldige donderende slag
en dit val om in ‘n vallei
in die woud bedekte weste
maar nog met ‘n swiepende swaard
en die kryger hardloop,
probeer om dit te vermy
en in woede slaan hy die berg
wat voor hom rys
en die berg verpletter
met geweldige donder strale wat daaroor sis
wat die berg laat neerstort
regoor die god se bors
en die hond probeer hom doodbyt
maar hy slaan dit
dat dit dwarsoor die berg trek
met weerlig strale wat daaroor knetter.
[Verwysing: Gluskap’s Hound deur T.G. Roberts.]
Die donder kat
In die bosse gewaar ek
‘n vreemde ding,
‘n geheime kat
wat soos ‘n skim
ons spore volg, agterna skaduwee
en geen spore self laat nie.
Rooi oë gloei snags
met die intensiteit
van ‘n vuur wat brand
maar elke keer
wat ek werklik kyk
is dit buite bereik.
Om die oranjegeel vuur
waar ons braaivleis braai
van die dag se skietery
kan ek byna hierdie ondier ruik
waar dit net buite sig
al om ons sluip.
Toe wonder ek wat het
in die wilde veld, die woud ontwaak
en watse helse ding
het ons nou uit sy slaap uit
wakker gemaak?
My .308 geweer
en jagmes lê beide
naby aan my sy,
maar iets laat my verstaan
dat geen gewone wapens
teen hierdie ondier kan staan nie
maar nog meen ek toe
dat ek my net verbeel
en die moegheid, die geselligheid
hier by die vuur
en my gedagtes dalk met my speel.
Houtgerus raak ons aan die slaap
en met tyd brand die vuur
se vlamme laer en later
en is daar net kole wat gloei.
Toe ek wakker skrik
sit ‘n helder maan in die lug
en is daar iets vreemd
wat oor my staan
en dit lyk half deursigtig
maar tog met ‘n vaste
duister vorm.
Ek kan die dood
in sy asem ruik
en sy tande sien glim
en dit is asof donder
uit sy bek uit slaan
toe hy na my hap
en ‘n drang om oorlewing
my van die grond af
na anderkant die gloeiende kole
laat spring
en sy tande op mekaar klap.
Langs my lê ‘n skopgraaf
en van die kole
het nog klein vlammetjies
en ek sien toe dat die kole
hom ‘n oomblik laat huiwer.
Desperaat gryp ek die graaf,
skep dit vol kole
en toe die gedierte
weer sy bek oopmaak
om na my te hap
en ek die reuk
van sy vrot asem kry
gooi ek die hele graaf
in sy keelgat af.
Vir ‘n oomblik brul dit donderend,
word met helder wit bliksems gevul
en staan in vlamme
en lyk soos ‘n donder kat
voordat dit in die duisternis verdwyn
en niks word asof dit skielik
in ‘n ander dimensie in is
en elkeen kyk met piering oë
na my en in die sand
tel ek toe twee tande op
wat vreemd, soos diamante blink,
maar met ‘n ongekende blouwit vuur
wat van binne af gloei.
Impundulu
As daar in die somer
stormwolke vergader
en kettings blouwit donder
vlammend neerkom, nader en nader kruip
vlieg Impundulu,
seil hy hoog in die lug op
met sy vlammende oë wat orals rondkyk
en iets het sy rusplek verstoor
in die reuse tamboti boom
wat in die klowe gewortel is,
in die hart van die aarde in,
wat op tak tot bo in die wolke,
die plek van die boonste water
en as die reën neer begin giet
asof eindeloos, sit die medisyne man,
die toordokter, die Inyanga
geheime kruie en speserye
wat uit die donker klowe kom
in ‘n kookpot
wat hy aan elke deurpos smeer
van die inboorling stat
en vertrou dat dit die vermoë het
om die donder voël weg te hou
terwyl die ontploffende stem daarvan nader kom
klein weerligstrale uit kroes,
vuur uitbreek waar dit staar
en die krag van sy kloue en bek
breek selfs die hardste klippe
en in die hutte van die stat
is die kinders te bang om selfs asem te haal,
bid hulle moeders en vaders
tot die almagtige God,
tot Unkulunkulu, die Groot-Groot Een
om die donder voël weg te hou.
[Verwysing: Impundulu deur A.G. Visser]
Die tokkelossie
Snags as die son ondergaan
en die duistere nag om die aarde vou
verskyn ‘n kort klein man,
wat meer donker is as die nag
en hy wag tot die maan verdwyn
voor hy slu by plekke in sluip.
Sy hande is kloue,
soos die van ‘n bobbejaan
en met sy lang naels
trek hy vuurvonke
uit die kwarts klippe uit
en so vêr as wat hy loop
klink dit soos bok pote wat klap
en in sy hart
is hy ‘n demoon.
Soms gewaar die honde hom
en blaf en knor,
maar te vinnig is hy verby
dat mens ooit werklik
‘n blik van hom kan kry.
Waar hy toeslaan
is daar nooit weer ‘n môre nie
en sy werke is swarter as die nag
en voor die Orion verskyn
is hy lank reeds weg
en ‘n vrou se lewe
saam met hom.