Jongste aktiwiteit:

29. Model tekse of invloede
vir

29. Model tekse of invloede

29. Model tekse of invloede

In ‘n onderhoud met Charlie Rossiter van poetrypoetry.com, sê Ted Kooser, wat reeds hofdigter (poet laureate (2004)) in Amerika was, (wie se digbundel “Delights and Shadows” die Pulitzer prys gewen het vir digkuns) dat sy advies aan nuwe digters is om ander bestaande groot digters na te boots en hulle gedigte te lees.

Walter De le Mare se gedig “the listeners,” het so vir Ted Kooser aangespoor om sy gedigte oor verlate ou geboue te skryf en sulke geboue vir gedigte te ondersoek waarvan sy gedig “Abandoned farmhouse” ‘n goeie voorbeeld is. Ted Kooser meen selfs dat mens uit swak gedigte iets kan leer.

By die slyp skool by die Huis van Afrikaanse Poësie het prof. Ian Raper gedurig vir ons aangespoor om die gedigte van grootse digters te lees, selfs te memoriseer. Hy het ook opgemerk dat as hy gesprekke met groot digters soos Fanie Olivier, Breyten of wie ook al het, hulle hom vra of hy so en so se gedigte gelees het, deurdat hulle altyd nuwe gedigte boeke van ander digters het wat hulle lees.

Baie keer was ek al gevra hoe ek dit reg kry om oor byna enige uiteenlopende onderwerp ‘n gedig te skryf? Eintlik word hier nouer gevra: waar kom die inspirasie vandaan? Aan die eenkant het mens ‘n muse (wat ek die invloed van God self beskou, van Wyk Louw sê juis kyk watter gees jou lei in sy: rondom eie werk P.85) en dan is daar die grootse gedigte wat ek van ander digters lees wat my inspireer. Baie keer kom ‘n prentjie, ‘n idee soms die sleutel lyne of soms die hele gedig woord vir woord.

Menigte mense het al aan my gevra, waarom ek by die meeste van my gedigte na ‘n gedig van ‘n ander digter verwys, of ‘n goeie gedig van my dan ‘n vertaling is? Ek het nog nooit ‘n gedig van ‘n ander digter vertaal nie. Ek skryf al my gedigte in Engels ook en soms kom hulle eers in Engels of eers in Afrikaans. Ek is ook nie van plan om ander digters se gedigte na Afrikaans of Engels te vertaal nie. Daar is ‘n nouer konteks wat eie aan ‘n digter is wat mens breek, as jy nie die digter self is wat dit in ‘n ander taal geskryf het nie. Die verwysings wat ek aanhaal vra eintlik aan my leser: het jy daardie gedig van daardie digter al gelees? So het ‘n Amerikaanse meisie my al bedank deurdat my verwysing na Chritina Georgina Rossetti se gedig “Goblin Marsh,” aan haar getoon het watter wonderlike digter Christina Rossetti werklik is.

Ek het groot respek vir mense soos Uys Krige (wat Lorca vertaal het) en Jan A.F. Du Plessis (wat werke van C. Day Lewis, George Barker en ander vertaal het) wat pragtige gedigte as vertalings skryf.

My gedigte kan soortgelyk, opponeerend of ‘n ander siening of blik (in antwoord op), of heel uiteenlopend wees van die gedig waarna ek verwys by my verwysing. Dit kan selfs ‘n parodie wees of ‘n gedig geskryf na die gedig van daardie betrokke digter. Indien mense later my poësie sou studeer, sal dit dus vir hulle uiters maklik wees om te sien watter digters my beïnvloed het.

Tog is die belangrike ding hier om nie ‘n tweede Breyten, Opperman of Van Wyk Louw te word nie, (of watter digter jou tot jou eie gedig beïnvloed het) maar mens se eie stem te behou, jou eie metodiek, jou eie afdruk dat as iemand anders jou lees hulle wel kan sien dit is ‘n gedig van Gert Strydom, Rudi Coetzer of Jan Lourens of wie ook al. Tog is daar ‘n inslag wat die digter wat ek aanhaal laat op my werk of dit nou in gedagtegang is of vers tegniek of skryf metodiek of watter ding ook al.

By die Huis van Afrikaanse Poësie se slyp skool het die digters daar ontleding gedoen van mekaar se gedigte op ‘n vers lyn vir vers lyn basis en was baie krities met hulle uitsprake waar mens kon verbeter. Wat ‘n uiters goeie ding is wat ek werklikwaar baie mis. Uit die gedigte van ander grootse digters soos Rosa Smit, André (Francois) Viljoen en al die ander kon mens idees kry van tegnieke en styl om aan jou eie gedigte voortdurend te slyp.

Dit het my opgeval dat Elizabeth Eybers, Lina Spies en Eveleen Castelyn ‘n soortgelyke vriendskap verhouding met mekaar het deur die lees van hulle gedigte en nogtans behou hulle, hulle eie onafhanklikheid as digters. So is Elizabeth Eybers se gedig oor die “jong seun” wat uit die bad klim struktuur bepalend vir Lina Spies se gedig “jong dogtertjie” wat uit die see uit kom. By Lina Spies vind ons temas van kinderloosheid en haar geliefde katte. Van die gedigte van Elizabeth Eybers en Eveleen Castelyn hou verband met die verwantskap van die ouma teenoor haar kleinkinders. Eveleen Castelyn se gedig “Onze lieve vrouwe gasthuis” is intertekstueel tot Elizabeth Eybers se gedig “Maria.”

Op mens se ouderdom is jou kleinkinders van belang en as jy nie kinders het nie, is jou diere soos kinders en hier praat ek nou uit my eie menswees en so is haar katte vir Lina Spies belangrik. Soveel so dat Lina Spies vir Elizabeth Eybers vir haar hulp bedank, in haar gedig getitel “kritiek,” waar sy ‘n sekere potchefstroomse kritikus aanspreek oor die menslike perspektief oor God wat beperkte rykwydte het waar dit tot diere kom. Eveleen Castelyn se gedig “Dwangrym,” is ook ‘n hulde vers wat sy aan haar vriendin Elizabeth Eybers rig.

In haar kritieke werk “Die enkel taak,” skyf Lina Spies oor die merkwaardige verwantskap in die werk van Elizabeth Eybers en Emily Dickinson. So is daar ook ‘n merkwaardige ooreenkoms tussen van die gedigte van Lina Spies en Emily Dickinson ten opsigte van lewensbeskouing (greep op die lewe) en soms ‘n byna kinderlike aanslag.

Gewoonlik sluit ek van my eie gedigte in wat met die bespreking verband hou. Hier is van my gedigte wat soortgelyk, verwant, in antwoord op en selfs in parodie is tot van die gedigte van Elizabeth Eybers, Lina Spies en Eveleen Castelyn.

Waar Eveleen Castelyn se gedig “Soirée: Barton Keep” ‘n satire is op literêre gebeure weerspieël my gedig “Soiree by die Hap,” literêre gebeure uit wat by die Huis van Afrikaanse poësie plaasvind in ‘n ander lig, waar die geleentheid en dit wat dit tot mens se lewensvreugde bydra eerder uitgebeeld word.

In my parodie “My verliefde vriend in Amsterdam” spreek ek egter nie soseer vir Eveleen Castelyn aan nie, as die Nederlanders wat gedurende die apartheid jare vinnig was om die vinger vir Afrikaners te swaai, terwyl hulle eie huis so vêr as dit tot morele en godsdienstige integriteit spreek nie in orde is nie:

Voorsorg

Om ongehinderd in jou eie huis te bly
moet jy slegs twee goeie waghonde kry
en selfs die posbode hou sy arm uit jou erf
en al wat ‘n koper en verkoper is hou verby

en selfs godsdiens beyweraars toets net een keer
hulle geluk en probeer dan nooit weer om jou te bekeer
en stropers, rowers en rondlopers
word sommer dadelik afgeweer

en salig kan jy bly
terwyl alle ander mense ongenooide besoekers kry
en selfs kluisenaars versteur word
en alle aankloppende euwels verby hou

behalwe as die doodsengel kom
en vir hom
kan niks keer nie
as hy inkom.

[Verwysing: Voorsorg deur Elisabeth Eybers.]

Toeskouer

Swart en wit word vasgevang in die oog,
as dinge wat die dag en nag besit,
as duisternis en lig
maar ontrouheid vernietig dit

wat grysheid inbou in alles wat rein en edel is
maar waarheid vervaag die mis
brand soos die son dwarsdeur ongeregtigheid, leuens en verraad
en laat net die naakte lig wat wyer uit kring tot te diep bekentenis

en as kind het ek die lig aanskou,
die prag wat dit inhou
bewonder as donder of sonstraal
maar nou verskroei dit my en jou:

word jou ontrouheid openbaar,
met ek wat soos ‘n drommel na jou staar.

[Verwysing: Toeskouer deur Elisabet Eybers.]

Twee Kleuters in ‘n openbare park (in antwoord op Elisabeth Eybers)

Nakend langs mekaar
is twee swart kleuters gelaat

en met wankelende bene loop hulle aan
met ‘n gewurmde klein manlikheid
en ‘n ontblote vroulike gleuf

na waar die gragte van ‘n vroeëre stroompie loop,
en waar daar eens dalk eende of swane was
is daar nou net leë beton heeltemal waterloos

asof ‘n duister mag die park, die dorp, die land,
die hele kontinent in sy reusagtige kloue vashou
en alles verval, afgebreek word in ‘n rommelhoop

en hulle beskou ‘n blou kop koggelmander
wat in die son lê en bak
en staar strak vasgevang na ‘n paar akkedisse
wat langs mekaar uit hulle slote nader kruip
soos soldate met gekoördineerde bewegings

en as ‘n slang eensklaps verskyn,
kyk hulle dit in verwondering aan
waar dit kort na mekaar,
na die een na die ander akkedis pik
en dit verorber

en gryp sy – die klein meisiekind – die seuntjie aan sy hand
om hom nog nader aan die ongedierte te trek
wat hulle albei gewaar en sissend agteroor wieg
en die twee met dodelike erns bekyk
en met desperate krag ruk die seuntjie haar terug
skoon weg van ewewig sodat sy vas teen hom is

voor hulle ‘n keel opsit
en terug na die skaduwee van ‘n boom
in volle vaart wiegend hardloop
waar pa en ma op ‘n kombers
uitgestrek lê met twee leë brandewyn bottels
wat langs hulle in die skerp sonlig glim

en anderkant die klipmure van die park
kom ‘n duur Duitse motor verby gery,
gevolg deur twee bakkies
en ‘n horde minibus taxi’s
is langs die park parkeer
met musiek wat oorverdowend opklink
en ‘n groep jeugdiges wat uit een uit klim

en hy wil al daarnatoe beur,
as lid van die kollektiewe woesteny
maar sy is vasgevang met sy klein slang
wat wieg met elke tree wat hy gee

en as die jeugdiges die kinders gewaar
wil dit al lyk
of hulle meer as belangstelling in hulle het
en miskien is dit die laaste dag van gevaar,
of dalk vasgevangde kinderdae

en word hulle iewers langs die pad
gemolesteer, vir medisinale gebruike
opgesny, geskend
in stukke uit ‘n taxi bus gesmyt

of is dit dalk net amusant
om twee poedel kaal kinders te sien.

Die slang seil dik gevreet in die gat waaruit dit kom,
die kinders is verstom
deur een van die jeugdiges
wat hom met ‘n masker vermom.

[Verwysing: Twee kleuters in die vondelpark deur Elisabeth Eybers.]

Dilemma (in antwoord op Elisabet Eybers)

Die naakte waarheid wou ek nie insien,
maar soos ‘n vlammende swaard
het jy dit gepluk uit die vuur
en my daarmee deurboor in ons liefdes uur
in dolle vaart
dodelike houe daarmee toegedien

te naby was dit aan my, te naby aan jou
om te besef te aanskou
dat jou verraad oorweldigend is
dat jy ons lewens in jou hand vashou

maar nou na die verloop van tyd
waar herinnering die waarheid ontsluit
is jou dade heeltemal onverbloem
lê dit voor my: oop en wyd.

[Verwysing Dilemma deur Elisabet Eybers.]

Die geheime oorlog wat in Suid-Afrika woed

Die geheime oorlog wat in Suid-Afrika woed
vra vir blanke bloed,
dié swart mense vermoor en martel eers
en dan vat hulle mens se goed.

Insidente op insidente kan ek vertel
waar blanke gesinne vermoor is,
dink maar aan die Orffer gesin
wat in Stellenbosch

op Vrydag 31 Julie 1994
deur swart mense gedood is:

Eers die getroue swart bediende Sannetjie,
wat met haar hande probeer keer
soos ‘n Amakeia van ouds,
toe die klein blonde dogtertjie,

toe die Pa en die dowe seuntjie
en laaste word die ma
met ‘n byl dood gekap
en orals is daar bloed.

Deesdae is die tendens
om eerste die hoof van die gesin,
die man aan te rand, vas te bind
en voor sy gesin dood te martel

en dan die vroumense te verkrag,
self kleuters en babas
en as die vrouens gelukkig is
is dit hulle wat oorleef

voor die rampokkers
die pad vat met hulle goed
en die lyk asof die polisie
nie hierdie ding kan of wil keer nie

en dan word daar nou beweer
dat hierdie mens moor en steel
omdat hulle honger is terwyl regerings mense
liedere sing om blankes uit te wis.

Van April 1994 toe Nelson Mandela president word
is uitwissing van blanke gesinne ons lot,
is ons Afrikaner nasie in die smelt pot
ons wat ‘n eie kultuur taal en identiteit het,

nie deel kan word van die geroesemoes
word uitgemoor, nie net beroof
maar gemartel en gruwelik gedood
en ons vrouens en kinders word verkrag.

Self Eugene Terreblancé
het dieselfde lot gely
en as hierdie nie ‘n oorlog is
wat teen ons gevoer word,

waar ons stelselmatig
bietjie vir bietjie, gesin vir gesin
uitgewis word en die getalle reeds
in die duisende is, wat is dit dan?

[Verwysings: Klaaglied: Stellenbosch, Vrydag, 31 Julie 1994 deur Lina Spies. Amakeia deur A. G. Visser, Amakeia, Amakeia toe en nou deur Gert Strydom.]

Uit ‘n perspektief met ‘n ingeperkte reikwydte

Ek wil graag
met die grootse digter Lina Spies saamstem
dat wat ons weet, verstaan en sê oor God
uit ‘n menslike perspektief kom

waarvan die reikwydte ingeperk is
en alle dinge op hierdie planeet is God se eiendom,
die mossies, honde, katte gelief deur my
behoort ook aan Hom

en in Sy geskape paradys was alles volmaak,
dalk sal dinge op die nuwe aarde
ook so raak
en laat glo wie wil

dat die hemel net vir mense is,
ek kies om te verskil.

Ns. Ek sê dit nie uit ‘n dogmatiese perspektief,
maar God self maak liefde tot betekenis.

[Verwysing: Kritiek deur Lina Spies.]

Vir Lina Spies

Soms laat jy my
aan ‘n klein dogtertjie dink
wie se oë vol is van die sterre wat blink,
soms is by jou te kry

‘n verstandige volwasse vrou wat vry
haar woorde strooi en fier en flink
‘n glasie wyn inskink,
jy laat my lag en huil en maak my bly

en jou vertroue in die Heer
bly sterk en rotsvas
asof jy altyd in Sy oë opkyk
en keer op keer
is dit asof jou verse in my gedagtes inpas,
dinge soms vir ons dieselfde lyk.

‘n Ruiker vir jou

In kleure van geel, oranje, rooi en selfs amper blou
is ‘n angelier ‘n pragtige ding wat mens onthou en onthou
dit bly vasgeplak
teen die retina van wat die oog aanskou

en half misterieus lê die amper naeltjie soet prikkel geur
half vaag maar tog die aksent daarvan draal en draal aldeur
waar dit sit aan ‘n lapel, in ‘n vaas enkel of as ‘n ruiker staan
‘n vrou se asem wegslaan, haar hele dag opbeur

en ‘n angelier bly ‘n tower blom
waarmee ek my liefde vir jou wat my gedurig verstom
oor wil dra,
wil hê dat jy soos ‘n uitspruitsel in my hart opkom.

[Verwysing: Polfyntjie vir myself deur Lina Spies.]

Aanroep

God, as skepper van alle dinge
lê die ganske uitgestrekte heelal
sonnestelsels in hulle kringe,
oop voor U as ‘n skilderdoek,

terwyl U die naam van elke son, elke ster ken
bevel voer oor ‘n magdom engele, wesens sonder tal,
U wat in U almag die lotgevalle van elke lewende ding bereken;
hoor nou my aanroep: ek het die hart van ‘n vrou gewen

haar weergaloos bemin
uit die diepte van my hart
so sonder rede of sin

en sy het aan my gesê
dat ek die lig in haar lewe is
en tussen ons
was daar U beeltenis

tussen ons is alles eensklaps verby,
sy het my gelos en ek val in duisternis
Here, wees van my vlietende lig bewus,
Here, red en help my.

[Verwysing; Aanroep deur Lina Spies.]

Paaslied: 2011

Pase
as mense van die christendom saamkom
om Christus
wat uit die dood opstaan te gedenk
donasies aan die kerk skenk
en eerder skinderstories vertel,
met hulle nuwe karre spog
as om in die God van die heelal
belang te stel.

Pase
as karre heen en weer gaan
met mense op vakansie,
Hansie, Grietjie, ma en pa
lê iewers langs die pad
of dood of vermink
of is besig om by die see te rinkink.

Pase
op bome is daar herfsblare wat blink
in kleure van geel, bruin en roesbruin
en die son is besig om sy hitte te verloor,
steeds bly die ganske wêreld op soek
na ‘n redder wat oplossings bring
terwyl misdaad, geweld en pyn
net wyer en wyer uitkring.

[Verwysing: Paaslied : 1985 deur Lina Spies.]

God van ons vaders (in antwoord op Lina Spies)

Met hulle oog gerig op die verskiet
het ons vaders
hulle beloofde land ingetrek
as kinders van die God
van Abraham, Jakob en Isak.

Na die moorde op Piet Retief en sy manne
het ons vaders ‘n heilige verbond gesluit
met die almagtige God
om hulle te red in hulle laer by Bloedrivier
teen ‘n geweldige groot leër
van sowat twintig duisend Zoeloes.

Met daardie oorwinning
het hulle nie uitgetrek
om elke Zoeloe uit te wis nie
eerder wou hulle
met die Bybel in die hand
ander mense van die almagtige God leer.

Toe die Xhosas
byna al hulle eie beeste slag,
hulle oeste verbrand
vir die medium Nonqawuse glo
dat voorvader geeste
teen die witman vernietigend uit sal trek

en hulle in hulle duisende
van verhongering sterf
het ons vaders hulle hande uitgestrek
en in naasteliefde kos aan daardie mense gegee,
gedoen wat hulle kon
om hulle te probeer red.

As daar droogtes, siektes onder vee,
sprinkane teister, selfs toe die Britse ryk
op die minerale skatte toeslaan,
plase en dorpe afbrand,
vrouens en kinders
in konsentrasiekampe vermoor

het ons vaders op hulle knieë gegaan,
hulle lot gelê voor die God
van Abraham, Jakob en Isak
geweet dat Sy skaduwee oor ons val,
dat Hy rekenskap hou
en Sy Goddelike hand oor hulle vou

l’Envoi
en nou wat boere in hulle duisende
op hulle plase sterf
daar gemartel, vermoor en beroof word
Afrikaners met kwalifikasies
en ondervinding, selfs ambagsmanne
werkloos op die strate sit
mense in dorpe en stede
geskaak, beroof en verkrag word

bid ek tot die God
van Abraham, Jakob en Isak
om Sy hand oor ons te hou,
Sy laer te trek
om die lewens en eiendom
van elkeen wat na Hom toe kom
om ons te bevry van dié onderdrukking.

[Verwysing: God van ons vaders deur Lina Spies.]

Land, wat so eie aan my is (in antwoord op Lina Spies)

Land, wat so eie aan my is
dat ek jou hartklop in my eie voel
van die skeppings môre af is jy bedoel
om eie aan my te wees met ‘n hegte verbintenis

en al voel jy soms vir my na ‘n plek van duisternis
is jou skaduwees teen die son steeds koel
is dit jou winde en waters wat teen my vas spoel
bring jy steeds my liefde vir jou tot ‘n bekentenis

sien ek steeds jou sterre betowerend straal
lê jou vlaktes in my hart uitgestrek
is jy steeds deel van my lewensverhaal
die vaste plek waar jou grond my voorvaders se grafte bedek

en soek ek nog steeds in jou my eie klein rusplek,
waar jou son my verfris elke sonskyn môre op kan wek.

[Verwysing: Vervreemde deur Lina Spies.]

Tjernovil

Toe Rusland die ramp
waar ‘n kernreaktor ontplof
stil wil hou,
word die ganske Europa bestraal

word die ontploffing waargeneem
met vlamme wat opskiet,
bestraling wat die lug ingaan,
weg geswiep word op die wieke van die wind

en mense wat die ramp bestry
het almal toe reeds ‘n doodsvonnis gekry
die dorpe Tjernovil en Pripjat is leeg
met geen lewende mens wat daar beweeg

en die impak kring wyer uit
dat mens nog in Rusland daarvan ly.

[ Verwysing: Tjernovil deur Eveleen Castelyn.]

Soiree by die Hap

Mandi se vingers is besig om die klavier te kap
en daar’s ‘n ligte bries van die swart tafeldoeke effens flap,
en onderlangs lag Piet, Jan en André
voor een van die digters snap

dat hy volgende sy gedigte moet lees
terwyl ‘n spreilig aangaan
en Ian effens hees
vir die opening op die klein verhoog staan.

Glinsterend staan glasies vol wyn
met die romantiese dowwe lig
van die kerse wat vonkelende skyn
en ek geniet gedig op gedig.

‘n Gaskunstenaar sing
‘n ou lied van Lilly Marlyne wat haar verliefde verloor
wat herinnering na my toe terug bring
en haar stem is intiem, sag en pragtig op die oor.

[Verwysing: HAP: Die Huis van Afrikaanse Poësie in Capital Park, Pretoria.]

Wat sal wees (in antwoord op Eveleen Castelyn)

Alhoewel die afgestorwenes sonder ‘n bewussyn is,
onbewus is van pyn, gevoelens of selfs liefde,
hulle lewens energie ontbreek asook elke belewenis
en hulle net ‘n gedagte is van mense wat bestaan het,

die lewendes uitermate daarvan bewus is
dat die dood kom en sommiges hulle lewens
daarvolgens rig, ander lewe asof geen vergifnis
nodig is en alles gaan om die hier en nou

bly ek steeds op die almagtige God vertrou,
wat die tye, woorde en dade van elke mens opmerk
Sy hand oor dooies en lewendes hou
en op Sy bepaalde dag tyd en uur terug sal keer

om die wat Hom gedien het te verander,
die getroue dooies op te wek tot onverganklikheid toe
en die wat Hom nie ken sal vra dat berge hulle bedek
as Hy Sy oordeel fel,

en die nuwe aarde wat Hy skep
sal volmaak sonder pyn, leiding en trane wees
en anders as van te vore
sal mense leef in liefde en blydskap sonder pyn en vrees.

[Verwysing: Wat sal wees deur Eveleen Castelyn.]

Paradys pendelaars (in antwoord op Eveleen Castelyn)

Toe die russiese ruimte vaarder
Yury Alekseyevich Gagarin
as eerste mens uit die ruimte kom
het hy bekend gemaak
dat hy God nie daar kon vind

was hy te verblind
om Hom in elke lewende ding te sien,
te domastrant om te besef
dat die mens
na ‘n grootser wese smag

en nog is ons opsoek na lewe,
na iets, na iemand
in die groot heelal soos paradys pendelaars
so asof ons wat sondaars is
die God van geregtigheid

en Sy volmaakte skepping
wat sondeloos is
kan aanskou
en Hy nie op ‘n manier
ons daarvan weghou.

Terwyl ‘n almagtige God
vir die mens se se primitiewe wetenskap,
se ontoereikende verstand en metodes lag
en sommige mense
hulle gelyk aan die almagtige God ag.

[Verwysing: Paradyspendelaar deur Eveleen Castelyn.]

My liefste vriendin daar vêr by die kus

(na Eveleen Castelyn)

My liefste vriendin daar vêr by die kus,
is jy van my liefde vir jou bewus?

Jy het gisteraand in die Kaap aangeland
en stap waarskynlik nou op die strand

tussen die hawehoof en die see, verby huise met gewels
waar meeue skreeu, rek jy jou tree selfs in winkels

en ek stuur vir jou die goue son
om soos ‘n bloeiende ballon

granaat rooi verby bome met bessies te sweef,
jou met strale soos kwassies te sê dat ons leef

in ‘n wêreld waar die strale wat dit versier
jou vertel van my liefde, in ‘n lug blou soos saffier

en as daar soms trane opwel as die winter kom
stuur ek steeds die son om op tye te blom

jou te vertel van die onkeerbare drang
waarmee ek na jou verlang.

[Verwysing: Dwangrym deur Evelyn Castelyn.]

My verliefde vriend in Amsterdam (parodie)

(met apologie aan Eveleen Castelyn)

My verliefde vriend in Amsterdam,
jy, is nou in Dave’s reeds aangeklam

as ‘n blosende man van hierdie kant
het jy eindelik na ure weer ‘n blondine, so ewe astrant

tussen gragte met newels
busse en die gerinkel van laggende kêrels

huur jy vir jou ‘n boeiende
wes vlaamse bom wat soos ‘n gloeiende

klein hel kat praat, gekleur van haar kalbassies
en die goue lig speel byna ekstaties

met die soen, en glans wat lokke versier
tussen die smart en plesier

dit laat ou monde van knuppels vertel
en in stouterige lane vang sy wel

jou met die onkeerbare drang
waarmee sy hardnekkig huis toe aan jou hang.

[Verwysing: Dwangrym deur Eveleen Castelyn.]




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed