32 Dominante in metapoësie in Afrikaans
32 Dominante in metapoësie in Afrikaans
Roman Jakobson maak die konsep van die dominant bekend in ‘n lesing aan die universiteit van Masaryk. Brian McHale het die teoretiseering van die dominant nog verder gevoer in sy “Post modernist fiction,” maar Linda Hutcheon het ondersoek ingestel na dubbel kodeering in romans met metafiksie in haar “A Poetics of Postmodernism” en “The politics of Postmodernism.”
Vir Jakobsen het ‘n literêre werk ‘n verbale boodskap waarop die estetiese funksies dominant is. Dit is die sentrale of fokusende komponent van ‘n kunswerk wat beheer, bepaal en ook die ander komponente transformeer of verander.
McHale betoog dat die lyn tussen modernisme en postmodernime gevorm word deur die oorgang van Epistemologiese literatuur (literatuur wat kennis verwerf en oordra) na ontologiese literatuur (literatuur wat kennis opgee) en dus word verwys na ‘n wêreld wat alternatief langs die gewone wêreld staan.
Moderniste vra dus vrae oor hoe om die wêreld te vertolk, waarin hulle deel vorm, wat daardie wêreld is of behels, wat daar is om te weet van daardie wêreld en wie dit weet en hoe kennis oorgedra kan word aan ander met watter graad van betroubaarheid?
U gaan nou al lankal wonder waar ek met hierdie literêre teorieë heen neuk en waar dit in die Afrikaanse letterkunde van toepassing is en wat ek nou eintlik hier probeer sê?
As mens gaan kyk na George H. Weideman se “Kieselguhr-kleim” in sy bundel “As die son klipvanger spring” en N.P. van Wyk Louw se gedig “Die beiteltjie,” uit sy “Nuwe verse,” is daar duidelike voorbeelde van metapoësie en die gedigte besin oor hulle eie aard, maar ook gebruik maak van gebeurtenisse en personasies.
In “Kieselguhr-kleim” word die geskiedenis en natuur aangetas, waar ‘n kleiagtige grondstof gemyn word, ter wille van vooruitgang en oorlewing en hierdie grondstof benodig word vir die vervaardiging van plofstowwe.
Dubbel kodering kom daarin voor. Modernisties sien ons dat die mens se ontginning word ‘n skeppings handeling en daar word gespreek van “my droom se eie dinamiet” en hier word die menslike impak op die omgewing dus besweer deur die skeppings proses.
Die kreatiewe proses kom in opeenvolgende fases voor naamlik eers weifelende vooraf bedenking, waar gekyk word na die moontlike kreatiewe handeling. Dat die spreker self die grondstowwe wil meng dui op toegewyde optrede aangesien dit ‘n langdurige en tydsame proses is.
Waar die delwer snags brou, word die beskikbare grondstof snags omgesit in dinamiet, maar kan ook daarop wys om iets slegs uit te dink. In hierdie gedig wil rede die natuur tem in die modernistiese droom en mens gemaakte orde na ‘n chaotiese heelal bring.
In N.P. van Wyk Louw se beiteltjie is daar ‘n ek gerigtheid, waar ‘n daad verrig word wat verrykende gevolge het en in beide gedigte is daar ‘n strewe na kennis om ‘n greep op die werklikheid uit te oefen en ook die geskiedenis en wêreld onderworpe te maak.
Louw gee te kenne dat betekenis deur eksperimenteer na vore kom met sy “mens moet jou vergewis.” As mens hierdie gedig noukeurig lees sien mens dus die modernistiese vrae wat gestel word. Mens kan ook duidelik die alternatiewe wêreld wat in twee geskeur word in die gedig raaksien.
Hier is drie gedigte wat ek geskryf het waarin dieselfde tipe van dinge voorkom:
Droom van die onsinnige bakkie bouer
Ek droom dat ek in my ou bakkie ry
en ‘n meester plan kry
om my besigheid mee uit te brei.
Dit laat materiaal en kapitaal
en masjiene in my skoot val,
ek ontwikkel hier en ontwikkel daar
en slaan planne aan mekaar.
As ontwikkelaar kan ek geen ruimte spaar
en maak my stootskrapers velde reg en klaar,
skiet my dinamiet bome tot niet
maar waar strome weerstand bied
word dit herlei,
want wie wil in ’n vleiland bly.
Waar daar velde was,
is daar nou geboue van glas;
want mense moet blyplek kry
en diere en voëls en alles daar
kan self op ‘n ander plek gaan bly?
So vêr mens die oog op slaan
is waar my plekke die lug in staan
en as die natuur daardeur vergaan
staan dit my nie aan;
want ek moet paaie bou
wat die stad omvou.
Ek sien die stad strek
tot by die see
en help om persele af te tree
en sien hoe word my planne uitgemeet en afgetrek
tot dit die aarde dek
en ek huise aan almal gee.
Die valskerm
Ek kry ‘n bruin valskerm,
kyk dat dit reg gevou is,
gespe dit aan my rug vas
en voel dat dit reg pas.
Mens moet seker maak
dat ‘n valskerm
gewig kan dra
as dit ‘n valskerm is.
Ek klim met ‘n troep soldate
in ‘n vliegtuig wat dreunend
van die aanloopbaan af opstyg
en vlieg al hoër op
totdat die lig eers rooi
en dan groen flits,
die vliegtuig se enjins stop
terwyl my hart in my keel klop.
Ek kry my beurt
om by die oop deur te staan
en te sien hoe die landskap
soos ‘n prentjie
onder my verby gaan.
Toe bars ek deur die wind
en tel ek woordeloos
voor my hand die trektou vind,
ek vlieg op vlerke van sy
wat oopvou en my boontoe rem.
Die wêreld lê klein onder my,
die wind swiep stormsterk,
in my gedagtes vlieg ek boontoe
by ander valskerms
en die vliegtuig verby
terwyl wolke vou om my
en ek gaan deur die stratosfeer.
Later word dit kouer,
kan ek skaars asemhaal
en moet ek naby
die mesofeer wees.
In die vakuum rondom my
lê die aarde
klein soos ‘n blou wit bal
aan my voete,
ek’s verby die thermosfeer
en om my sien ek die heelal
met sterre en planete sonder tal.
Die vlieër
Op die strand tel ek ‘n vlieër op
waar dit in die wind lê en tril,
stof die sand daarvan af, maak dat dit wil galop,
rukkend in die lug in en ek staan botstil
en dit vlieg soos wat net ‘n vlieër kan
klim teen die stormwind
terwyl die lyn in my vingers styf span
en spikkels sand my daar verblind.
Dit ruis byna hemelhoog
waar dit wapperend hang
en ek verloor dit uit my oog
waar dit reeds straal winde vang
en toe dit skielik losruk vou sterre daarvoor oop,
vlieg dit ‘n pad wat deur die heelal loop
[Verwysing: Die beiteltjie deur N.P. van Wyk Louw.]
Bronnelys:
Ankersmith, F.R. 1989. Historiography and Postmodernism. Middletown, Wesleyan University.
Bertens, Hans 1995. The Idea of the Postmodern. A History. London & New York: Routledge
Calinescu, Matei. 1987. Five Faces of Modernity. Modernism Avant-Garde Decadenc Kitsch Postmodernism. Durham: Duke University Press.
Foster, P.H. 2004. “Epistemologiese en ontologiese dominante in “Die beiteltjie” van N.P. van Wyk Louw en “Kiesleguhrkleim” van George Weideman.” Tydskrif vir letterkunde Somer 41 (1) 2004 P49-64
Hutcheon, Linda. 1988. A Potics of Postmodernism. History, Theory, Fiction. London: Routledge.
Jakobson, Roman. 1971. “The dominant.” Matjeka, Ladislav & Krystyna Pomorska. “Readings in Russian Poetics. Formalist and structuralist views. Cambridge Mass.: MIT Press.
McHale, Brian. 1987. Postmodernist Fiction. New York & London: Methuen.