49 Die requiem
49 Die requiem
Aangesien ek persoonlik uit ‘n protestante geloof oortuiging kom, het ek deurentyd gedink dat ek geen gedig as ‘n requiem gaan skryf nie. ‘n Requiem is eintlik ‘n mis vir die siel van ‘n gestorwe, om rus vir daardie siel te bevestig. Met tyd het die begrip requiem egter ‘n veel wyer betekenis aangeneem.
Die requiem mis is gewoonlik ‘n lied genaamd Dies Irae (Dag van gramskap (Day of Wrath), ‘n anonieme latynse gedig) wat getoonset is volgens ‘n bekende melodie. Komponiste van musikale requiems sluit Johannes Ockegheim, Mozart, Giuseppe Verdi, Hector Berlioz en Gabriel Fauré in. Johannes Brahms se requiem het ‘n Bybelse tema maar is nie woordeliks uit die skrif nie. Benjamin Britten het van die Eerste wêreld oorlog gedigte van Wilfred Owen met die tradisionele teks vermeng vir sy requiem.
Elisabeth Eybers se gedig “requiem,” is opvallend oor die verval van gevoelens vir ‘n eense beminde, wat toe reeds soos ‘n dooie saam met haar lewe in haar bundel ”Respyt.”
‘n Gedig kan egter ook by ‘n begrafnis die vorm van ‘n requiem aanneem. H. J. Pieterse se gedig “requiem vir ‘n reëndag,” (in sy bundel “Alruin”) het egter ‘n heel ander inslag en het so ‘n indruk op my gemaak, dat ek ook ‘n klompie requiems uit ‘n ander oogpunt as die normale requiem geskryf het.
Hier is my pogings tot die requiem:
Requiem vir ‘n reëndag
In strepe spat die druppels teen die ruit
terwyl ander in ‘n reënstorm by hulle aansluit,
die blouwit van ‘n donder straal
wat oombliklik na die aarde neerdaal
bly helder op die binne oog vasgevang,
terwyl party druppels bly hang.
Op so ‘n triesterige dag
is my pa glo na sy graf gedra,
met die wind
wat aan my ma se swart sluier trek
sipresse wat heen en weer swiep
en trane wat saam neer giet,
terwyl die dominee by die graf
weer uit die Bybel lees en bid,
mense ‘n laaste woord sê,
roosblare in die reën neerlê,
maar in my geheue
(die van ‘n driejarige kind),
onthou ek dit as ‘n sonskyn dag
waarop swart motors in ‘n stoet
net agter ons huis parkeer,
mense met skoene blink gepoets
met die grond paadjie op stap
na waar die begraafplaas
net so skuins agter die huis lê.
Nou wil die graf,
na elke reënbui aan die een kant
net verder insink
wapper die takke van die boom
wat ondenkkend,
op ma se plek geplant is.
Requiem
Waar hy in die ewigheid se duisternis lê
word hy nou deur die koue aarde omvou,
na die tipe pyn en lyding wat geen mens wil hê,
het hy uiteindelik vrede en rus en wag hy getrou
tot die trompetgeskal van ‘n aartsengel weerklink,
is sy oë tot die slaap van duisternis gesluit,
totdat die glorie van Jesus Christus se wederkoms blink
soos ‘n weerlig wat val en Hy alle grafte ontsluit.
Requiem vir Riana
Te kort het dit geneem,
voor jy van my vervreem,
‘n ander minnaar vind
en ek en jy ons bevind
in ‘n plek waar dit wat jy in my sien
net vir jou finansiële doeleindes dien
en dag op dag het jy ophou lag
en van my was jy weg in die nag
terwyl jy wat jy geluk noem probeer najaag
en ek daagliks my lewe aan jou toewy en waag
maar tog het jy my ook op ‘n tyd bemin
en iewers het jy die einde stilweg laat begin
maar ons liefde einde laat omkom
en toe as ‘n dooie in my lewe ingekom.
My requiem
Sprei my as onder die wye blou lug
en laat hulle rond draai;
as dit op die kleurrykste is, die helderste blou
en as die wind en water dwarrel
met wat van my oor is
oor die land en see
laat die hemel dan my baldakyn wees
waar ek altyd vry is
en nie vasgeknel aan die donker aarde
wat my terughou nie
en in die skynende son,
die vallende reën, die waaiende wind
sal ek ‘n rusplek vind
na verskillende plekke versprei word
l’Envoi
waar ek deel van die lewende wêreld sal wees,
in stukkies stof, as tyd verby flits;
tot dat die Heer van die leërskare in waardigheid
my weer saamstel, my terugbring
tot ‘n ander lewe.
Requiem vir ‘n boom
Geen ritsel wind sal ooit weer
deur haar takke waai
en sy kon die aanslag nie afweer
toe mensehande haar afmaai,
‘n kettingsaag deur haar takke gaan,
brandhout van haar maak,
van haar wat eeue langs die pad staan,
netso eensklaps ontslae raak
sonder agting, alhoewel sy seldsaam was
terwyl die stroom, die wind, die voëls
en dit wat in haar skadu kon skuil
gedurig oor haar weg wees huil.
‘n Rousang vir Minette
I
Stil, stil ontwaak die nuwe môre
en jou hande is gekruis oor jou bors
as jy die ewige rus ingaan
en diep, diep pyn my hart.
II
Kleurryke nuwe blomme bloei
met insekte wat suis, voëls wat liedere sing
terwyl ek jou mis
gedurende hierdie vroeë lente.
III
Blou soos jou oë strek die lug
oop en helder
terwyl ‘n menigte voëls daarin vlieg
en ek wens jy was hier.
IV
Veels te vlugtig was jy met my
en dit bly die aardse ding,
waar niemand vry is
van die dood en hoe dit pynig.
V
In die vroeë oggend bries by jou graf
is my woorde fladderend hier en daar, fladderend
terwyl hulle in leed uitvaar
en self die wilgers huil.