51 Die Rispetto
51 Die Rispetto
Die woord rispetto beteken in Italiaans respek. Die rispetto is ‘n Toskaanse volks vers, wat ‘n weergawe van die strambotto is. Die rispetto word saamgestel deur agt versreëls wat elk elflettergrepig is. In die vroegste vorm was die rym skema abababcc. Later het die rym skema ababccdd egter meer prominent geword.
Hier is my pogings tot die rispetto:
Jou glimlag skitter met prag (rispetto)
Jou glimlag skitter soos wit pêrels met prag,
daar is parfuum wat soos jasmyn om jou hang
weg is al my twyfeling en die onmag,
toe jy sê dat jy vreeslik na my verlang,
sonder dat ek dit werklik toe al verwag
terwyl jy my oog in jou dieptes vasvang
en skielik kan ek jou bepaal en woorde vind,
en ek is deur jou persoon en skoonheid verblind.
Te yl val die lig (rispetto)
Yl val lig deur die venster op daardie dag.
in plasse hier en daar; die park onsigbaar
vervaag weg en eindelik kom die swart nag
met sterre wat blouwit blink waarna ek staar.
Weg in die niet flits ‘n lig van ‘n vliegtuig,
as die nag swart vêr oor die horison buig
en dit voel asof God self hier naby is
Hom uitstrek na ‘n aardse gebeurtenis.