Jongste aktiwiteit:

54 Die koan
vir

54 Die koan

54 Die koan

Die koan is ‘n probleem met geen logiese antwoord wat gewoonlik gestel word aan studente van Zen Buddisme as ‘n onderwerp vir hulle meditasie. Die woord koan beteken letterlik “openbare rekord”. In ‘n tipiese voorbeeld vra ‘n monnik “waarom het die patriarg na Sjina gekom?” Sy antwoord is “Die eikeboom in die tuin.” ‘n Ander beroemde koan is “wat is die klank van een hand wat klap?”

Koans word daar gestel om deur te breek deur die beperkings van ego en intellek, wat lei na verligting deur intuïsie.

Ronald H Peat se gedigte : “Window,” “When you think you own its heart,” “Transparent Mirrors” en “Across The Styx” is goeie voorbeelde van koan gedigte.

Ronald Peat maak gebruik van nege lettergrepe in die eerste versreël, tien lettergrepe in die tweede versreël, tien lettergrepe in die derde versreël en sewe lettergrepe in die laaste versreël en ek het my gedig ook so geskryf.

Die metafoor in my gedig “Die maskerade bal (koan)” gaan oor die maskers waaragter ons skuil. As ons nie die maskers afhaal nie, word dit deel van ons en bly ons altyd daaraan vasgevang.

Hier is my poging tot ‘n koan tipe gedig:

Die maskerade bal (koan)

Die lewe, die ganske bestaan is
maar net ‘n grootse maskerade bal.
Die diepte, die doodse stilte kan met tye
ons vang en flous as reflekse.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed