56 Om jou eie stem te ontwikkel
56 Om jou eie stem te ontwikkel
‘n Mens se eie stem is die afdruk wat jy in jou eie digkuns maak wat kenmerkend van jou is. Soos ‘n handtekening, die dinge wat ander dadelik ‘n gedig as joune laat uitken en laat besef dat dit ‘n gedig van Gert Vlok Nel, Liena Spies, Eveleen Castelyn of Gert Strydom is.
‘n Gedeeltelike voorbeeld hiervan is waar Rembrandt Harmenszoon van Rijn bekend is vir sy gebruik van lig en skaduwee in sy skilderye, (1) maar daar is meer as net dit in ‘n kunstenaar se eie stem / in ‘n kunstenaar se eie stempel, of handtekening.
Daar is heelwat aspekte wat met ‘n mens se eie stem te doen het en ek sal waarskynlik nie eens aan alles hier raak nie. Nogtans sal ek uiters self ontblotend moet wees en werklik die kinder handskoene moet afhaal ten opsigte van ander digters om hierdie aspek van digkuns te illustreer of te illustreer waar ek wonder of dit ontbreek?
Een van my mentors (2) meen dat mens ‘n bekende selfs groot digter kan word deur ander digters na te aap of na te volg, maar as jy dit doen, jy nie werklik ‘n unieke grootste digter sal wees nie.
Ek sien hierdie redenasie as evangelie, dat ‘n grootse digter sy of haar eie stem moet ontwikkel en hierdie redenasie is nie werklik iets nuut nie. Dat daar iets oorspronklik eie aan ‘n digter in sy eie gedigte moet wees is ‘n opinie wat die grootse Engelse digter Gerard Manley Hopkins (1844-1889) gehad het. (3)
Moet my nie hier verkeerd verstaan nie. Ek is dit eens met groot digters soos Ted Koorser dat mens by ander digters moet leer, (4) maar wat jy leer moet jy eie aan jou maak. Dit moet nie net blote nabootsing wees nie.
Dis vir my duidelik dat daar wel baie digters is wat uit ander ontwikkel het en by hulle geleer het soos wat ons almal moet doen en daarnaas hulle eie stem baie duidelik uitdruk. Laat ek illustreer. Vir my wil dit voorkom of die grootse digter Gert Vlok Nel by cc cummings geleer het, maar sy gedigte soos “die dag toe hulle vir Donkie Viviers” is so eie Gert Vlok Nel dat sy eie stem onmiskenbaar daarin is. So kan mens ook sien dat die grootste Engelse Suid-Afrikaanse digter Prof. Sally-ann Murray by die grootste digter Douglas Livingstone kers opgesteek het, maar haar unieke stem is kenmerkend aan haar. Let maar op na haar gedig “Analysis.”
Deel van jou eie stem is om jou eie identiteit in ‘n mate te behou as byvoorbeeld ‘n Afrikaner. Dit sê egter nie dat jy slegs gedigte as ‘n digter van hierdie nasionaliteit / volk groep moet skryf nie. As jy egter jou eie geskiedenis, jou eie helde, jou eie mense en hulle menswees ongedaan maak, sal niemand hulle uniekheid en hulle besing nie.
Daar is soveel Suid-Afrikaanse (veral Afrikaanse digters) wat die onderdrukking van die swartman besing, maar wie besing werklik Afrikanerskap? Ek praat nie hier daarvan om polities te word nie. Nee, daar is afgrond wat die Afrikaner insluk en verpletter. In Springs waar ek tans woonagtig is, is daar Afrikaners wat deur die toedoen van swart eienaars van ‘n sekere myn vir ‘n geruime tyd sonder salarisse gewerk het. Na die myn gesluit het, kon van hulle nie ander betrekkings kry as gevolg van regstellende aksie en het van hulle reeds selfmoord gepleeg. Ek skryf oor hierdie dinge en beskou die stryd van my eie mense om oorlewing, die afgrond om hulle, as eie aan my eie identiteit, as eie aan my eie stempel en poog nie soos ander digters om polities korrek te bly nie. Dus skryf ek nie volgens die gevoel van die meerderheid lesers nie, soos wat Esterhuizen beweer nie.
Soveel so dat ‘n gedig al op Woes se maatjie webblad Mabooki.com van my wat handel oor die konsentrasie kampe gedurende die Anglo-Boere oorlog, verban is deur Willem as gevolg van die pleidooie van die digters Loggery en seun en ek nie eens gewaag het om die gedig in Afrikaans op Woes te publiseer nie.
Daar is twee digters by wie se werke ek wonder of ek ‘n eie stem kan hoor of lees. Een van hulle is Louis Esterhuizen. Ek wonder of hy nie openlik vir N.P. van Wyk Louw en ander digters met tye naboots nie, met direkte sinsnedes uit daardie grootse digters se digkuns?
Met die grootse gedig “Vroegherfs” van N.P. van Wyk Louw is ons almal goed bekend en die woorde draal: “O Heer, laat hierdie dae heilig word” en daar is iets in die woorde wat aan mens vashou, dit word soos ‘n papegaai na my mening deur Louis Esterhuizen herhaal: in sy gedig “seisoen van oë”: “die dae-wat-heilig-word.” Professor Kannemeyer meen oor die eerste bundel “stilstuipe” dat die digter ‘n gesprek voer met ander digters soos byvoorbeeld N.P. van Wyk Louw, (5) maar gaandeweg verander hierdie geleerde kritikus se mening. Hierdie siening was na my mening waarskynlik omdat Louis Esterhuizen in daardie stadium nog ‘n nuwe digter was.
Ek moet met Professor J.C. Kannemeyer saamstem dat die stem van Louis Esterhuizen heeltemal verdwyn in sy bundel “op die oog af” waar die stemme van ander digters heeltemal syne oordonder en ek eintlik wonder wat hy self probeer sê? (6)
In sy bundel “Opslagsomer” eggo ander digters se lyne steeds blatant soos in die gedig “Berusting” waar N.P. van Wyk Louw se woorde: “niemand tref dit móói met die heelal nie” weerklink in: “die heelal het dit nie gunstig getref met jou nie.” (7) Daar is nog ander soortgelyke voorbeelde in sy digkuns, maar kom ons laat dit maar daar.
In sy afbrekende artikel oor my digkuns, oor my as ‘n persoon “Die mees geleesde digter in Afrikaans” skryf Louis Esterhuizen dan dat ek juis sy digbundels moet koop (waarvan ek tot my spyt twee deurgewerk het en vyf het), dat ek my kuns verhandel vir populariteit en dat vakmanskap en die “werk” aan gedigte by my ontbreek. (8)
Nou wonder ek wat ek by Louis Esterhuizen moet leer? Hoe om by ander digters af te skryf? Dis nogal heel ironies wat hy op die “Hoogste prysgeld vir ‘n gedig nog ooit” webblad van Versindaba van Coen Havenga sê. (9)
Miskien moet ek net aan Louis Esterhuizen en sy volgelinge wat my in Afrikaans as ‘n power digter afskryf, noem dat ek nie alleen rond plas in die klein visdam van die Afrikaanse letterkunde nie, maar dat ek op die poemhunter.com webblad onder die top vyf honderd digters geag word, waar ek teen meer as tagtig duisend ander digters kompeteer, kompeteer teen die grootse Engelse digters van alle tye (insluitend Shakespeare / mense soos Ted Hughes, Phillip Larkin en Ted Koorser wat kontemporêre digters is).
My gedigte word nie daar gemeet aan die aantal lesers nie, want daar is vele met heelwat meer lesers as ek, dit gaan oor vakmanskap. Ek swem eerder in die oseaan teen die grootste digters van alle tye, as om slegs in die Afrikaanse digkuns rond te ploeter. Engels is vir my ‘n tweede taal soos vir die meeste ander Afrikaners. Ek meen omdat ek ‘n stem, ‘n eie stempel op my gedigte afdruk, word ek hoog geag onder sekere Engelse en Engelssprekende digters.
Natuurlik is vakmanskap deel van mens se stem. Hoe goed jy met jou kuns is (die kwaliteit daarvan), die verskeie vers tegnieke, tipe gedigte wat jy oor vaardig is, is ook deel daarvan. Ek hoef nie soos Louis Esterhuizen na my mening doen ‘n vers sestig keer oor te skryf, voordat dit ‘n gedig word nie. Ek kan twintig verse oor dieselfde onderwerp skryf sonder dat hulle dieselfde is.
Mens se produktiwiteit is ook deel van jou vakmanskap en dit wil vir my voorkom of my produktiwiteit vir Louis Esterhuizen ‘n probleem is. My vriend Generaal-majoor Jan Lourens het egter al by die veertig duisend gedigte in Afrikaans geskryf. (10)
Aristotelus sê in sy “Nicomacean Ethics” dat ‘n lier speler ‘n meester word deur die lier te speel en so is dit ook met ‘n groot digter. ‘n Grootse digter word ‘n meester deur gedigte te skryf. In Afrikaans is daar digters wat nie eens rymende gedigte lees nie, rymende gedigte is benede hulle.
Nogtans word rymende gedigte steeds hoog geag deur Engelse digters. Dink maar aan mense soos Philip Larkin van wie party gedigte rym wat ‘n lid van die beweging (“movement”) was, wat na tradisionele verse terug gekeer het. (11) ‘n Bekende Amerikaanse digter het onlangs aan my per elektroniese pos geskryf dat een van my vrye verse nie die gewone luiheid bevat, soos wat mens in die gewone vrye vers gedigte sal vind nie, maar dat my rymende verse daarop ‘n invloed het. (12)
Dis my mening dat wat mens van grootse digters leer, jy jou eie moet maak. Hier is gedigte waar ek die inslag van Van Wyk Louw gebruik (13) om te staan in teenstelling met vier van sy mees gewilde en bekende gedigte naamlik “Vier gebede by jaargetye in die Boland” :
Vier gebede by jaargetye in die Hoëveld
I. Die lente loop uit
Die lente loop uit in groen amandel blare
in bloeisels wat spierwit verskyn in ‘n kobalt blou lug
waar die son skitterend wit sit, meer gloeiend as goue kandelare,
waar blomme verskyn en elke boom se skelet oorbrug
terwyl reën nou gereeld giettend val,
neer sif in elke bos en in die laan
dat geel en pienk bloeisels al
elke nuwe dag meer en meer uit gepof staan.
Here, laat hierdie tyd u huldeblyk word
en wat eens so doods en uitgewan was
nou vreugdevol as ‘n lofsang aan U verskyn,
laat vrugte kom van die seën wat U uitstort
dat my swak jeug nou groots, onaangetas
uitloop in ‘n lewe op U gegrond, U lig deur my takke skyn.
[Verwysing: Vier gebede by jaargetye in die Boland: Vroegherfs deur N.P. van Wyk Louw ]
II. In hierdie swierige lente
In hierdie swierige lente straal
‘n glorieryke son, so uitbundig en bly
dat ek vasgevang, verstom deur U wêreld dwaal
waar takke daagliks nuwe bloeisels kry:
blomme pragtig oortrek op amandel bome sit
perskes, appelkose en pruime in volle blom staan
in kleure van geel, pienk en spierwit
en insekte, bye en voëls kom in ‘n tower wêreld aan
waar vreugde nou jubelend sonder skryn
in elke blom vervul word, in my woorde
as U grootste seëning verskyn
waar U self glorie neer laat daal uit U hemel oorde
dat die ganske mensdom, van wasdom weet
die insekte, voëls en hele wêreld U glorie uit kreet.
[Verwysing: Vier gebede by jaargetye in die Boland: Uit hierdie ligte herfs deur N.P. van Wyk Louw.]
III. Nou is die aarde dae lank gloeiend
Nou is die aarde dae lank gloeiend
in die helder lig wat in ‘n wolklose hemel skyn
en die laaste bome is nog bloeiend
voor lente met die aanslag van somer verdwyn.
Alles is steeds uitgelate met blom op blom
wat geheime kragte onverpoos vind,
in volle wasdom tot smaaklike vrugte kom
vreugde, energie en smaak vasbind
in ‘n oes wat die Skepper self dien
glorieryk ons bring tot ‘n grootse belewenis
waar ons die towerkrag van Sy werke sien
en self besef hoe glorieryk, oorweldigend somer is:
dat dit wat eens kon blom
nou tot die beste vrugte kom, met takke vol alom.
[Verwysing: Vier gebede by jaargetye in die Boland: Winter deur N.P. van Wyk Louw.]
IV. Somer reën
Deurlugtigheid het oornag soos reën
op die dor vlaktes van my bestaan geval
en onverpoos en eens onopsigtelik het die seën
uit U hand verskyn tussen die donders wat om my knal.
Die wye wêreld is deurweek waar U waters gaan
toe my volwasse lewe skielik blom,
dit voor nuwe grootse horisonne staan,
oorbluf ek tot die besef van U getroue liefde kom.
Hier waar ek deur U genade oorweldig is
vermoed ek dat U alle paaie tot wasdom lei,
aangesien U krag, lewe, lig saamkom in deernis
waar elke lewe op ‘n tyd ‘n eie volheid kry
en selfs nietige skepsels deur u geag word
met u liefde wat op sondaars soos ek ook uitstort.
[Verwysing: Vier gebede by jaargetye in die Boland: Eerste sneeu deur N.P. van Wyk Louw.]
Ek het netso ook ‘n gedig geskryf teenoor “Droë somer” van die digter Ernst van Heerden:
‘n Nuwe lente (in antwoord op Ernst van Heerden)
Daar is iets radikaal nuut in hierdie lente,
iets vars, weergaloos, suiwer, selfs helder;
dit bring ‘n aanhoudende besef van nuwe lewe –
van ontluikende groei, hoop en ware liefde;
as ons mekaar gedurig bemin, sal ek nou reeds
jou sien gloei in vroeë swangerskap
as die sewe susters, orion en Suiderkruis
romanties glim, kerse tot hulle eindes smeul?
En nou as jy warm in my arms lê
met jou liggaam verruklik, voel ek jou hart klop
glim die maan goudgeel betowerend
is elke oomblik met passie gelaai.
Die aarde is sigbaar anders
bome is oortrek met uitbundige nuwe bloeisels,
die gras vol lewe groen
as vlinders rond fladder, bye werkend zoem,
donders wit neer bliksem
terwyl die reën kletterend lewe bring;
die gefladder, vlerk geklap van voëls wat kwetter
oor glorieryke bome, by blomme wat bloei en gewasse
is ‘n bly jubeling waar die boer, tuinier
en elke natuur liefhebber
die prag van nuwe lewe aanskou,
weet dat God gebede verhoor
op Sy tyd reën, son en wind bring
en in die visdam staar goudvisse,
aangapend, verlief na mekaar
waar die spieëlbeeld die natuur
vol lewe vasvang.
[Verwysing: “Droë somer” deur Ernst van Heerden.]
Dit wil vir my voorkom asof Daniel Hugo op tye in dieselfde slaggat as Louis Esterhuizen trap en agter Dirk J. Opperman aan skryf. (14) Sy een gedig waarin hy meld dat Dirk Opperman drank misbruik het, sien ek maar as ‘n baie lae hou en wonder wat dit met die grootse Opperman se digkuns te make het. Laat ek Daniel Hugo se gedig “Ontnugterde digter” hier aanhaal:
“(vir DJO)”
“dit het hy geglo op vyf-en-twintig:
jy moet al die oseane bevaar
as jy gesout en wêreldwys wil dig”
“met ‘n bottel het hy die boot beman
en ‘n dekade lank hom dol gedra
toe tussen dek en kaai oorboord gegaan”
“op vyf-en-dertig – na baie skande –
weet hy jy kan die ryme ook takel
teen kimme van jou kamerwande”
“hy wens hy kon die reis van voor begin
dan sou hy beslis uit die pekel bly
deur ‘n skip in die bottel te versin.”
Hugo se eie gedig “Vergetelheid, 1997” uit sy bundel “Skeurkalender” waarin hyself skryf: “”Jy lyk nes ‘n bekende skrywer. Maar nou het ek sy naam vergeet.”” druk self hierdie digter se dilemma uit. Laat ek die hele gedig hier aanhaal:
“’n Voorlees-aand op Stellenbosh. Die digters
word op die hande gedra. ‘n Volle uur lank
smaak hulle onsterflikheid.
By die geselligheid
Agterna kom ‘n skakelbeampte van die Alma Mater
met my praat. Ten slotte wil sy weet wie ek is.
“Daniel Hugo van die radio. Aangename kennis.”
Sy kyk my stip aan: “Jy lyk nes ‘n bekende
skrywer. Maar nou het ek sy naam vergeet.””
“Daar en dan word my ballon geprik. Ek tuimel
Terug: doodstil in die naamlose jaar nul.””
Hoe ironies klink Daniel Hugo se opmerking oor elitiese digters nie na hierdie vers van hom? (15)
Hier is twee verse waar ek die rymskema van Dirk J. Opperman se grootse gedig “Ballade van die Grysland” gebruik het. Met ander woorde ek het iets uit Opperman se kuns geleer en dit eie aan myne gemaak om my eie stem te behou en wonder of meneer Hugo in staat is om dieselfde te doen met daardie betrokke vers?
Ballade van die entrepreneur
I
Op pad na die kantoor
staan Jakaranda bome in blom,
hier en daar keer iemand my voor
vra of ek dalk ‘n sigaret het
sommige probeer ‘n rand of twee kry
en die lig is verskriklik skerp na die nagtelike pret.
Daar’s rook walms wat by Yskor uit krul,
‘n trein loop kreunend op die spoorlyn verby
terwyl masjiene onophoudelik brul
Die meisie by ontvangs glimlag vir my
en buk sodat ek welgevormde borste sien
voor sy ‘n bloedrooi bloos kry,
manne met wit jasse en wit helms aan
in my kantoor in bars
en ek vinnig op syfers en sketse my aandag slaan
totdat alles om ons meteens verstil,
‘n donder slag van uit die fabriek opklink
en daar’s iemand wat aanhoudend histeries gil
sodat ek in dolle vaart afhardloop
na waar daar rook wolke uitslaan,
waar mense in ‘n warboel gesprekke aanknoop.
II
‘n Werker is dood, morsdood geskok
van ‘n masjien waarvoor ek die planne optrek
en ander werknemers is van hom afgehok.
Die vrees sny deur my
dat ‘n mediese dokter moet kom
en dat ek hom sal moet vermy.
Dadelik is daar veranderings wat ek maak
sodat niemand ‘n vinger op my kan lê,
voordat hy aandag kry en ek meer kalm raak
en aan sy vrou sal ek sê dat hy net onnosel was
self riglyne oortree het,
nie by die maatskappy se planne wou inpas.
Die werkers is half verlam van skok
waar hulle met mekaar staan en praat
maar werk voort, van mekaar afgehok
terwyl ambulansmanne die dooie uitdra
en ek en die dokter ‘n gesprek voer
oor sy nalatigheid en hy my nie verder uitvra.
Daardie middag in die kroeg
versuip ek my bekommernis
en voel daar tam en moeg.
III
Die dae snel verby
terwyl dinge by die fabriek voorspoedig gaan
maar saans spook die dooie man by my
totdat ek die dinge nie meer kan vat
stemme hoor, gesigte sien en my eie polse sny
en sien hoe bloed in alle rigtings spat.
Waar ek in ‘n gestig tot my sinne kom
staan mense met wit jasse rondom my
met hulle gesigte deur maskers vermom
en ander pasiënte is van my afgehok
waar ek aan ‘n bed vas gegespe is
voor een ‘n hefboom druk en my skok
en die vrees sny nou dwarsdeur my
toe nog mediese personeel en dokters kom
en ek hulle wil vermy
maar weereens nog meer skokke kry
en gister, eergister en die ander dag verdamp
en ek’s van al my sorge vry
en my siel is weg gestroop,
ek weet skaars wie en wat ek is,
as iemand ‘n gesprek met my aanknoop.
[Verwysing: Ballade van die grysland deur D.J. Opperman.]
Ballade van die wag bevelvoerder
I
Met skemering sak die son vuurrooi
agter die bosse weg
waar dit in prag, ‘n beeld oor die bosveld gooi.
Daar’s wagte wat ek as bevelvoerder inspekteur
waar hulle netjies in ‘n peloton staan
en ek hulle een vir een bekyk en toe dwarsdeur
hulle na die wagkamer op die skiet toring stap
en in die kamp in die operasionele gebied
is alles agtermekaar, gedra die wagte hulle knap.
Vroegaand kom speel ‘n ander offisier
‘n potjie skaak teen my
en ons drink yskoue glase bier
maar hoe later dit word is dinge stil en rustig
asof dit net nog een aand uit ‘n duisend is
en vir ‘n tyd lank volg ek dinge nog aandagtig
tot die skaduwees lank teen die mure uitrek,
my onder offisier lang gape begin gee
en ek my op my kampbed uitstrek
hom maan om die fort te hou, ek vaak raak
die slaap my ooglede toetrek
toe ‘n ontploffing my wakker maak.
II
Iewers in die kamp bars nog ‘n bom,
ek gryp my wapen beveel die skiet toring om te vuur
en die vrees is by my – dat die generaal gaan kom.
Ligspoor koeëls sny spore deur die nag,
fakkels word afgevuur
dit word buite helder soos dag
en ons skiet in die bosse in
terwyl ek nie kan pyl waar die vyand is
en weet nie mooi waar het die geveg begin
In die kamp bars nog ‘n bom,
ek sien ‘n eie troep ‘n handgranaat gooi
en staan heeltemal verstom
en die vrees is by my – dat die generaal gaan kom
wat gaan ek sê oor wat hier gebeur,
verslag gee oor die manne onder hom?
Dis duidelik dat dit geen vyandelike aanval is
van die wagtoring af lig ek my geweer
as dit knal is dit ‘n eie man, ‘n kennis
wat ek neerskiet voor hy nog handgranate gooi
en almal meen dat ‘n vyandelike koeël hom tref
terwyl hulle die bosse met mening looi.
III
Die oggend is grou
en reënerig as die dag breek
terwyl vrees om my vou
waar ek rekenskap moet gee
oor manne in drie tente wat gewond is
en die dood van een dra ek met my mee
terwyl soldate buite die bosse fynkam
met ‘n knop in keel
en ek weet dat daar geen vyand is en voel tam.
As ek ‘n helikopter sien is duidelik dat die generaal kom
en die Here weet dat ek ‘n eie man moes skiet,
wat sal ek van die paraatheid van sy kamp kan wys aan hom?
Deur skrefies oë op die paradegrond
staan ek en van my troepe
en daar’s agt manne onder my verwond.
Die stof slaan op wat die lemme opwaai
terwyl die helikopter land
en die lemme stadiger draai.
Uit die stofwolk stap drie figure uit
met die generaal wat onverbiddelik lyk
terwyl my ore van die enjin van die vliegmasjien tuit.
[Verwysing: Ballade van die grysland deur D.J. Opperman.]
Voetnotas:
(1) “Perhaps no painter has ever equalled Rembrandt’s mastery of chiaroscuro effects or his subtle handling of bold impasto.” Microsoft Encarta Encyclopedia: Rembrandt, Harmenszoon van Rijn.
(2) Prof. Ian Raper het by die Huis van Afrikaanse Poësie opgemerk dat die groot uitgewers jou sal publiseer as jy klink soos N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Breyten Breytenbach of watter grootse digter ook al, terwyl jy waarskynlik nie jou eie stem het nie. In so ‘n geval sal mense jou nie volg soos vir Eliot, Auden of Ted Hughes nie.
(3) “He believed in the absolute importance of poetic originality (“Every poet,” he wrote, “must be original and originality is a condition of poetic genius”) and his lyrics are attempts to capture the individual or essential quality of the object—its “individuation” or “inscape”, as Hopkins termed it—in the mind of the observer, by the use of internal rhyme, alliteration, compound metaphor, and the use of “sprung rhythm”. “Sprung rhythm”, so named by Hopkins because it seems abrupt in contrast to the running rhythm typical of the poetry of his time, approximates the stresses of natural speech. It differs from the conventional system of a regular number of stressed and unstressed syllables per foot.” Microsoft Encarta Encyclopedia: Hopkins, Gerard Manley.
(4) Ted Koorser druk hierdie punt uit, in ‘n onderhoud wat Charlie Rossiter van poetrypoetry.com met hom voer.
(5) “Louis Lodewikus Barend Esterhuizen (1955-) se “Stilstuipe” is fyn versorgde verse wat praat van eensaamheid, stilte en ‘n gebrek aan kommunikasie wat besweer word deur die talle opdragte en die besonderse wyse waarop die digter ‘n gesprek voer met ander deur by literêre modelle aan te sluit soos by van Wyk Louw se “Vroegherfs.”” Kannemeyer, J. C. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004, Human & Rousseau, Kaapstad (2005) P697.
(6) “Hierdie gesprek voer hy verder in “Op die oog af” (1988) ‘n bundel waarvan die titel ‘n oopgesteldheid teenoor die waarneembare wêreld suggereer, maar waarin die stemme van ander digters in so ‘n mate deurskroei dat dit die yler geluid van Esterhuizen self onhoorbaar maak.” Kannemeyer, J. C. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004, Human & Rousseau, Kaapstad (2005) P697.
(7) “’n Tema wat Esterhuizen voortsit in die eerste afdeling van “Opslagsomer” (2001). Daarin is daar sprake van die nasleep van ‘n konflik, ‘n brose gesinslewe en skeiding. Opvallend is die feit dat hier steeds – in ‘n vyfde bundel! – blatante oornames en onverwerkte invloede van ander digters voorkom, soos die slot van “Berusting” (“die heelal het dit nie gunstig / getref met jou nie”), wat regstreeks op van Wyk Louw se “Groot ode” steun (“niemand tref dit móói met die heelal nie.”) .” Kannemeyer, J. C. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004, Human & Rousseau, Kaapstad (2005) P699.
(8) “Maar, om terug te keer na die heer X as verteenwoordiger van ‘n bepaalde ingesteldheid jeens sy ambag: Indien ‘n digter sit met ‘n oeuvre van meer as 3,000 gedigte en 237,470 bladlese met 4,012 kommentare ontvang (soos dit die geval is met hom) is dit sekerlik voor die hand liggend dat jy jouself sal beskou as ‘n ‘vegvlieënier wat (besig is) om die koevert te druk,’ is dit nie? En hoekom moet ‘n mens dan nog tyd mors om aan gedigte te “werk” ten einde hulle beter af te rond of selfs iemand anders se gedigte te lees; om nie eens daarvan te praat om (iemand anders) se digbundel te koop nie … In só ‘n geval is jou integriteit as kunstenaar immers reeds verhandel ten gunste van populariteit. Of wat praat ek nou?” Esterhuizen, Louis. Versindaba Webblad: “Die mees geleesde digter in Afrikaans?
(9) “Duidelik genoeg het dié persoon (Coen Havenga) talent, maar watter “model” het hy nagevolg in die maak van sy vers? C. Louis Leipoldt?! Liewe hemel. Het hy al enige gedigte gelees sedert hy “Oktobermaand” in sy skoolbloemlesing teëgekom het?” Esterhuizen, Louis. Versindaba Webblad: Hoogste prysgeld vir ‘n gedig nog ooit.
Uit hierdie woorde is dit vir my duidelik dat Esterhuizen homself hoër ag as C. Louis Leipoldt. Nou wonder ek of hy bekend is met C. Louis Leipoldt se Engelse digbundel “The Ballade of Dick King and other poems” (1948)? In daardie digbundel verskyn daar ‘n sestina getitel “Sestina of the atomic bomb” en ander grootse gedigte soos byvoorbeeld C. Louis Leipoldt se gedig “The Zombie.” C. Louis Leipoldt bevind homself met net ‘n handjie vol mense soos Ezra Pound, Dante Gabriel Rossetti en Elizabeth Bishop wat die sestina kan skryf. Ek wonder of Louis Esterhuizen in staat is tot ‘n sestina en dan ook nog dat hy goeie poësie in beide Afrikaans en Engels kan skryf soos C. Louis Leipoldt wat veral vir sy natuur gedigte bekend is?
(Voordat enige van Esterhuizen se aanhangers sy eie naam hier krater maak, laat ek net daarop wys dat ek reeds drie sestina’s in Afrikaans en drie sestina’s in Engels geskryf het. Tik maar gerus my naam en van en sestina daarmee saam op google.com as u my nie wil glo nie.)
(10) “Dit beteken dat hy die afgelope twee jaar gemiddeld tussen 2 tot 3 gedigte daagliks op Woes moes geplaas het; plus ‘n soortgelyke hoeveelheid op ‘n Engelse blad, plus kortverhale, artikels en wat nog. “Meer nog,” skryf my attentmaker, “elke gedig – en ek het op ‘n lukraak basis ‘n klomp oopgemaak – bestaan uit meer as 4 strofes en sommiges is sommer lang gedigte. Die verskeidenheid onderwerpe en gedigte titels laat mens ook omtrent verstom; dis duidelik dat hier nie ‘n oefening in herhaling van dieselfde ding was nie.” Ek wil my egter nié oor die gehalte van Mnr. X se verse uitlaat nie; dié man plaas immers gedigte vinniger as wat die meeste van ons kan tik. Wat egter wel vir my van belang is, is dat die maak van gedigte vir hom uiteraard ‘n saak van volgehoue erns is. En dít interesseer my.” Esterhuizen, Louis. Versindaba Webblad: “Die mees geleesde digter in Afrikaans.
(11) “the Movement, a loose grouping of poets (including Thom(son) William Gunn, Philip Larkin, Kingsley Amis, and D. J. Enright) who rejected the middle-class effeteness of poets like Spender, as well as Modernism and romanticism, preferring a more sceptical, empirical stance, and placing a greater emphasis on orthodox forms and metres.” Microsoft Encarta Encyclopedia: Gunn, Thom(son) William.
(12) “There is a flow here that sounds like good prose at the first reading, but if we go deeper into the lines, we may see that there is indeed much poetry, though not traditional, in this. There is an easiness of diction here. The lines move smoothly from place to place, no difficulty in meaning in any of the lines in this piece; all things are crystal clear, but to make things read this way takes work. One just do not pen these lines, line after line without paying attention to diction and choice of words, so I believe you did well here with this free style poem. And the name free style can be misleading, it implies free of care, but this is further from the truth, for even in free style poetry, poets pay attention to details. It is clear that your free style poetry has evolved from your rhyming poetry, which takes special care of rhythm.
It has been my joy to go through this and I am trying to give my humble take on it.
The best to you at all times!”
(13) Ek beskou hom as my groot meester in Afrikaans, want na my mening is hy ‘n digter van wêreld gehalte.
(14) “By die lees van Hugo se gedigte is mens sterk bewus van die groot tradisie van Opperman deur die bekende versvorme en verssoorte (koeplet en kwatryn), rykskemas strukture, beeldvorming, simbole en selfs temas…” Kannemeyer, J. C. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004, Human & Rousseau, Kaapstad (2005) P522.
(15) “Daniel Hugo:” ”Louis, miskien moet jy maar aanvaar dat die (ware) digkuns die mees elitistiese van die kunste is. En daar is taalonderwysers wat goeie werk doen. Jy was dan een van hulle!” Hugo, Daniel. Versindaba Webblad: Hoogste prysgeld vir ‘n gedig nog ooit.