Jongste aktiwiteit:

6. Die waardering van gedigte
vir

6. Die waardering van gedigte

6. Die waardering van gedigte

Gewoonlik word gedigte ontleed ten opsigte van die onderwerp, die doel, emosie, gemoedstemming of gevoel wat gedigte skep. Tegniek en vakkunde het te make met die spesifieke tegnieke en vaardighede wat die digter gebruik het om die kunswerk te skep. Verder kan daar na ‘n opsomming van die gedig gekyk word.

Die onderwerp het te make met watter gebeurtenis, situasie of ondervinding die gedig beskryf of bespreek. Die doel het te doen met tema of boodskap wat die digter oordra. Die emosie, gemoedstemming of gevoel gaan oor die oorwegende gevoel stemming wat die gedig uitdruk. Dit is ook belangrik of die gevoel stemming verander gedurende die gedig en watter emosies en gevoelens die digter probeer wek by die leser.

Die opsomming van ‘n gedig is ‘n sintese waar al die informasie saamgestel word waarna gekyk kan word na die impak van die hele gedig en hoe suksesvol dit as ‘n kunswerk is en of daar groot flaters in die gedig is wat dit in die wiele ry.

Om die vakmanskap wat aan die dag gelê nader te bekyk kan mens kyk na aspekte soos die struktuur, taalgebruik, beelding, ritme en klanke.

Die struktuur kyk natuurlik of die gedig geskryf is in ‘n konvensionele struktuur soos byvoorbeeld ‘n sonnet, ode, rondeel en of dit stansas met gelyke aantal lyne het of ander interessante aspekte van struktuur samestelling soos keer reëls (refreine) en rym patrone wat vasgestel word vir daardie spesifieke vers vorms.

Die taalgebruik het te make met woord gebruike wat aanskoulik, treffend, effektief of selfs kleurloos kan wees. Die taalgebruik kan ook voorspelbaar en oneffektief wees. Die belangrike vraag hier is watter effek die taal wat gebruik word op ‘n gedig het. Oor die algemeen neig ons om spreektaal te gebruik en word “as” byvoorbeeld eerder gebruik as wanneer, hulle eerder as hul ensovoorts. Boektaal kan egter effektief gebruik word as mens byvoorbeeld ‘n karakter skets soos ‘n predikant, of regsgeleerde wat aan die woord is of ‘n situasie waarin so ‘n persoon betrokke is.

Beelding het te make met treffende voorbeelde van vergelykings, metafore, personifikasie of simbole in gedigte en die effekte wat die gebruik daarvan behaal.

Beweging en ritme het natuurlik te make met of die gedig ‘n eweredige ritme het, of dit stadig of vinnig is en of die ritme kwaliteit bydra tot die betekenis van die gedig en ook watse effek dit op die gedig het.

Klanke gaan natuurlik oor die klank aspekte, of die gedig musikaal van aard is of die digter onomatopeïes, (klanknabootsing), alliterasie of assonansie gebruik. Of die gedig rym en wat die effekte op die klank eienskappe van die gedig is.

Een van die tegnieke van suksesvolle poësie het te make met waar klanke ‘n spesifiek effek op die leser / toehoorder het te make met saamsnoerende klanke en betekenisse. Hier kan mens kyk na alliterasie, assonansie en onomatopeïes (klanknabootsing).

Alliterasie is waar konsonant klanke (medeklinkers) ooreenstem in die herhaling daarvan. Gewoonlik geld die begin konsonante van woorde in dieselfde reël byvoorbeeld:
“wat weg geswiep word deur die wind” In hierdie voorbeeld het die w en g klanke ‘n ritmiese musikale effek.

Assonansie het te make met die herhaling van vokaal klanke, sonder inagneming op die volgende klanke. Waar die volgende klanke identies is het ons nie met assonansie nie, maar egter met rym te make. Byvoorbeeld is “paal” “raas” en “roes” en “poel” is assonansie en “paal” en “taal” en “roes” en “koes” is rym. Dus kan ons assonansie as halfrym beskou waar die klinkers ooreenstem.

Onomatopeïes, (klanknabootsing) is woorde wat die klanke wat hulle beskryf eggo soos byvoorbeeld duif koer, bees bulk, skaap blêr, hen kekkel, jakkalse tjank. Hierdie woorde eggo die klanke wat hulle beskryf en die effekte van hierdie klanke word benadruk waar hulle saam met alliterasie en assonansie voorkom soos wat van die gedigte van Dylan Thomas goeie voorbeelde van toon. Hier praat ek spesifiek van “Under the milk wood.” In Dylan Thomas se gedigte bring hierdie tegnieke ‘n musikale effek na vore, wat natuurlik atmosfeer skep en ‘n tipe lewende energie voortbring.

As mens na rym patroon variasies kyk moet mens eindrym, binnerym en halfrym in ag neem. Die mees algemene vorm van rym wat deur digters gebruik word is eindrym en dit is rym aan die einde van versreëls soos byvoorbeeld blom en kom, waar opeenvolgende of alternatiewe lyne rym en baie variasies is moontlik in ‘n spesifieke gedig, maar altyd aan die einde van versreëls.

Binnerym is waar woorde rym wat in dieselfde versreël voorkom byvoorbeeld verby en sy, waar ‘n woord in die vers met ‘n eindwoord van dieselfde vers rym. Hierdie rym vorm kom dikwels in ballades voor. Ek is ook lief om party kere van verspringende rym gebruik te maak waarvan dy en verby voorbeelde is.

Half rym of assonansie het te make met die herhaling van vokaal klanke waar woorde rym suggereer maar nie voluit rym nie.

Kom ons neem my gedig: “Vrou met ‘n tjello” om na van hierdie effekte te kyk:

Vrou met ‘n tjello (in antwoord op Johann Johl)

Langs ‘n appelboom op ‘n kruispad
speel ‘n vrou ‘n liefdeslied
wat weg geswiep word deur die wind ———- [Alliterasie]
stryk ‘n tjello teen haar dy

die wind waai swiepend verby en alleen staan sy ———–[ verby en sy: binnerym]
en wonder wanneer die lente kom ———-
en die appelboom weer gaan blom————-[ kom en blom: eindrym]
en half verblind speel sy
met haar hart wat in die lied in stort ——[haar hart wat: assonansie of halfrym]

en drie tjankende jakkalse word deur die musiek vasgevang —[tjankende jakkalse:
en bly stilstaan asof hulle aan die deuntjie hang Onomatopeïes]
terwyl sy speel en diep verlang.

[Verwysings: Skildery: Vrou met tjello en jakkalse deur Andrzej Busza. Gedig: Vrou met tjello en jakkalse deur Johann Johl.]




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed