Jongste aktiwiteit:

74 Doe :eoade (“Peiades”)
vir

74 Doe :eoade (“Peiades”)

74 Doe :eoade (“Peiades”)

Die pleiade is ‘n baie nuwe versvorm. Die pleiade (“Pleiades”) versvorm was daargestel in 1999 deur Craig Tigerman, die hoof redakteur van die Sol tydskrif. Die pleiade is ‘n ster bondel in die Taurus konstellasie wat deur die Grieke ontdek was en genoem word as die sewe susters, Alcyone, Asterope, Celaeno, Electra, Maia, Merope en Tygeta.

Die basiese versvorm bestaan uit sewe versreëls waarvan elke versreël begin met dieselfde letter as die een woord titel en eers was geen metrum of aantal lettergrepe aangedui nie.

Hortensia Anderson het geargumenteer dat elke versreël moet bestaan uit ses lettergrepe wat die byna onsigbare aard van een van die susters verteenwoordig. Ander digters het egter geargumenteer dat hierdie versvorm moet bestaan uit sewe lettergrepe per versreël in dat byna nie heeltemal onsigbaar is nie en daardie ster gesien kan word en nou bestaan hierdie versvorm op sewe lettergrepe per versreël. Later was ooreengekom dat die een woord titel uitgebrei kan word tot twee of drie woorde.

“Treasure,” van Ryter Roethicle, “Drums,” van Maryse Achong, (B) Lucky Me van Lorainne Dafney, “Hope” van Leny Roovers en “Clocks” van Nia Wynne is almal baie goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is my pogings tot die pleiade (“Pleiades”) gedig vorm in Afrikaans:

Jammer (Pleiade)

Jammer is ‘n hartseer woord,
jou keel trek toe as jy faal,
jy wil nie swakheid erken,
jaloesie kom ook dalk in,
jarigheid kan dit nie keer,
jeug aanvaar dit makliker,
jeremiades het pyn.

Hoop (Pleiade)

Hoop is soms heel buite sig,
het geen vaste soort struktuur,
help mense om aan te gaan,
het soms ‘n soort vertroue,
hou ‘n tipe grootsheid in,
hopeloosheid word oorwin
halfpad na ‘n groot sukses.

Vryheid (Pleiade)

Vir mense val als in plek
vry volgens hul eie wil,
vir ander is dinge heel
vreeswekkend en hulle is
vreeslik uitgelewer aan
verskillende instansies,
vals regerings beloftes.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed