78 Die Coda
78 Die Coda
Dit is al ‘n lang tydperk my indruk dat daar noue bande is tussen verskillende kuns vorms. In musiek is die coda die finale gedeelte van ‘n stuk of beweging, wat gewoonlik ‘n addisionele deel vorm tot die basiese struktuur. In ballet is dit die slot gedeelte van ‘n dans. Dit kan ook die eindigende gebeurtenis, in ‘n reeks gebeure wees. Die coda is ‘n kort aparte slot gedeelte
In haar gedig “Coda” dra Dorothy Parker die laaste jare van die menslike lewe uit. Stephen Watson se gedig “Coda,” in sy bundel “The Other City” vertel van die wel en wee van Kaapstad, ‘n plek waar die spreker in die gedig tot sy einde gaan kom en die lewe pynlik, onvergelykbaar word.
Hier is my gedig waarin ek die laaste jare of die slot gedeelte van die mens se lewens verloop uitdruk
Coda
(na Dorothy Parker)
Daar is ‘n tyd dat om te leef ‘n plesier is,
dat die lewe iets goddelik besit,
as liefde die essensie vorm van neem en gee
en die lewe vonkel soos goeie rooi wyn
maar as tyd verby snel
verloor die liggaam die bruikbaarheid daarvan,
as die meeste van mens se dae verby is
en sinies beskou mens dan vriende met ‘n soort afsydigheid
terwyl jy in kuns ‘n tipe katarsis najaag, suiwerheid wil ontdek,
sommige mans soek die lieflikheid van ‘n jong vrou
as hulle stry om die essensie van saligheid te vind
maar die lewe nader reeds die einde daarvan en word skaduagtig
terwyl jy die finale bewegings uitvoer in die lewe se betowering,
die verskille en paaie na die hemel en hel probeer uitstippel.
[Verwysing: “Coda” deur Dorothy Parker.]