82 Beelding (“Imagism”)
82 Beelding (“Imagism”)
Die naam “imagism” was gegee aan ‘n beweging in poësie wat gemik het na helderheid van uitdrukking deur gebruik te maak van presiese visuele beelde. In die vroeëre tydperk was dit ook bekend as in die Franse vorm as “Imagisme.” Dit is om spreektaal te gebruik, maar die presiese woord, nie die naasteby korrekte te gebruik. Om woorde te gebruik wat dinge werklik beskryf en nie dekoratiewe woorde te gebruik nie.
Die “imagism” beweging het in die Verenigde State van Amerika en Brittanje floreer tussen 1909 en 1917 as ‘n rebellie teen romantisisme. Hierdie beweging in digkuns was gelei deur die Amerikaanse digters Ezra Pound en later deur Amy Lowell. Ander digters wat van “imagism” (beelding) gebruik gemaak het was die Britte D.H. Lawrence en Richard Aldington en die Amerikaanse digters John Gould Fletcher, Hilda Doolittle en T.E. Hulme.
Hierdie digters het nadruk geplaas op presiese, skerp beelde, presisie in die keuse van woorde, vryheid van keuse tot die onderwerp materiaal of stof en die vorm waarin geskryf word en die gebruik van algemene spreektaal. Die meeste van hierdie digters het in vrye vers geskryf waar hulle assonansie (halfrym) en alliterasie gebruik het eerder as formele rym patrone om struktuur aan hulle digkuns te bring. “Des Imagistes: An Anthology (1914) wat saamgestel was deur Ezra Pound en die drie boeke saamgestel deur Amy Lowell onder die titel “Some Imagist Poets (1915,1916,1917) is merkbare versamelings van hierdie gedigte.
Die gedig “Autumn” deur T.E. Hulme is ‘n goeie voorbeeld van waar “imagism” (beelding) in ‘n gedig gebruik word.
Hier is my poging om hierdie tipe beelding (“imagism”) in ‘n gedig te gebruik:
‘n Ander winter (imagism)
Bytende koue gryp my met reën op die winter nag –
waar ek met die promenade stap,
die wind lewendig aan my gryp en weer gryp
soos ‘n astrante kind
‘n donder bleek wit skielik naby knal
ek die slag ruik van daardie intimiteit
waar die maan se rooi gesig uit die see uit bars,
verdwyn en weer teenwoordig is
soos ‘n swem kampioen wat met borsslag die water breek,
ek oomblikke gaan staan, die water aanskou
wat swart, woes, stormagtig is
soos ‘n baie kwaai vrou
en ek die weeklaag van die wind hoor
die sterre deur verwaaide wolke na my kyk
met aardige ernstige gesigte.