9. Satire of hekeldig
9. Satire of hekeldig
Satire of hekeldig is die gebruik van taal in gesprekke en skrif wat van menslike swakhede ‘n bespotting maak. Die hekeldigter vertel ons dat iets verkeerd is en baie kere, amuseer vermaak hy ons, terwyl hy ons probeer beïnvloed en verandering probeer bewerkstellig. Met tye gebruik die hekeldigter ironie, sarkasme, skimpe en smaad saam met humor om ons gekheid, domastrantheid uit te druk.
Die hekeldig is liries en spreek die digter se verontwaardiging uit teenoor openbare persone, maatskappy of toestande of sake wat toorn of minagting opwek. Die hekeldig het gewoonlik ‘n didaktiese doel; om onreg te wreek, verkeerde toestande openbaar te maak en verander te weeg te probeer bring. Hekeldigte kom in allerhande vorms voor, gewoonlik is dit in die vorm van epigram, maar dit kan ook in lang uitvoerige gedigte wees. Die blyspele van die Franse skrywer Molière en die Nederlandse skrywer Marnix se “Biëncorf der Heilige Roomsche Kerkcke,” waar die Katolieke kerk fel gespot word is goeie voorbeelde hiervan. Die hekeldig kan spottend, of uiters ernstig in die toon daarvan wees, met amper heilige erns soos in die kerklike en middel Nederlandse toestand uitgedruk deur Maerlant. Selfs Vondel se grootste gedig “Roskam,” is uiters ernstig en in ‘n waardige toon waar daar gehekel word met die burgerlike bestuurders van sy tyd. Vondel kan selfs haatlik en uiters spottend skryf soos in sy “Rommelpot in ‘t Hanekot” en “Nieu Lietgen van Reytgen de Vos.”
In die Afrikaanse letterkunde is Uys Krige se felle aanslag teenwoordig in sy “Lied van die Fascistiese Bomwerpers,” waar sy haat uitgedruk word teen die Spaanse Fasciste in die Spaanse burgeroorlog. I.D. Du Plessis se gedig “Kultuur,” is ‘n aanval op mense wat van kultuur praat, maar niks doen om dit te bevorder nie. Hy het ook ‘n hele bundel satiriese gedigte getitel “Skermutseling en skote” uitgebring.
In die gedig “Executive” trek John Betjeman ‘n satire met die waardes en lewenstyl van ‘n jong sakeman. In “Hymn of the Scientific farmers,” het Clive Sansom dit in met moderne boerdery metodes. Bruce Dawn se gedig “Life-cycle” dryf die spot met Australiëse rugby en die fanatiese aanhang daaraan. In Charles Caulsey se gedig “I Saw A Jolly Hunter” word die woord “jolly” (jolig) tot oorlopens toe gebruik. Hierdie gedig dryf spot met Britse aristokrate, wat baie lief en geneig was om daardie woord te gebruik en is teen die sinlose uitwissing van dierelewe. Ogden Nash se gedig “the hunter” spot met die inteligensie van die eend jagter en met sy tegnieke. Paul Dehn looi die praktyke van sensasie wat koerante najaag in sy gedig “Gutter Press.”
Hier is ‘n paar voorbeelde van my hekeldigte. Een het te make het met regstellende aksie en die stroping van werk geleenthede onder blanke Afrikaner mans, en die waardes en lewenstyl van nuwe bestuurders. My gedig “Droom van die onsinnige bakkie bouer” het egter te make met die stroping van die natuur. Die effek van ontwikkeling en verstedeliking. In my gedig “die groot wild slagting,” hoef ek nie eens van satire gebruik te maak, om die barbaarsheid, die vernietigende impak wat die mens op die natuur kan hê uit te druk nie. Die ware feite is klaar te skokwekkend:
‘n Finansiëlle bestuurder in die nuwe Suid-Afrika
Die son rys soos ‘n groot ryp lemoen
en ek kan amper die geur van die rypheid kry
op die vroeë oggend lug
en bestuur my splinternuwe rooi BMW
met sy leer sitplekke,
donker vensters,
wapperende Suid-Afrikaanse vlae
en groot L-teken
stadig deur die aftandse bakkies,
die ou Jetta’s en tien jaar oue karre
van die wit mense
wat werk toe gaan
netsoos ‘n trop beeste.
SEB is werklik ‘n grootse ding
en gee aan my die geleentheid
om bevorder te word
van liasseer klerk
na finansiëlle bestuurder
en nou is my niggie
wat ‘n tee dame was
die personeel bestuurder
en alhoewel die werk moeilik lyk
maak dit regtig nie eintlik saak
hoe ek dit doen nie,
so lank as wat ek betyds by die werk aankom
en die wit minderheid dryf
om te uithaal en wys
en om vir my in te staan.
Soms gaan feite en bedrae by my verby
maar my wit adjunk
is werklik skerp
en praat soms namens my,
veral by raadsvergaderings
en as hy nie my behaag
en in lyn bly
sal sy werk myne wees
om uit te deel aan ‘n ander
wat neerbuig
en aan my ja baas sê.
Nou-nou sal ek my kop krap,
my voete op die lessenaar sit
en hard vra:
“reg, waar is ek nou?”
En as die syfers
op die dokumente voor my
nie sin maak nie
sal ek kopskuddend opmerk:
“stadig op pad na nêrens heen.”
Die middag tee sal aanwys
dat die werksdag byna verby is
en dat dit tyd is om huis toe te gaan
waar drie vroue my sal welkom heet
en soos ‘n god sal ek loop
deur die wit werknemers
en na een van hulle staar
om die daglig uit hom te skrik
en vra hoe dit met ‘n werkstuk gaan
en of dit voltooi is?”
En ek sal leggers by hom neem
en groen lyne op plekke trek,
selfs al verstaan ek
geen van die berekenings nie
en vanaand sal ek ontslae raak
van my pak klere, my hemp en das
my tradisionele velle aantrek,
in die skaduwee van die ou eikeboom sit
aan die agterkant van die erf
rondom ‘n pot skuimende bier
en sal die stemme
van my kinders hoor en met hulle speel,
‘n orgie met al drie my vroue hê
en nou drink ek my tee
sonder om iets uit die koppie te mors
en die horlosie teen die muur
vertel dat dit tyd is om huis toe te gaan.
[Verwysings: SEE beteken: Swart ekonomies bemagtiging A riot policeman deur Christopher van Wyk.]
Droom van die onsinnige bakkie bouer
Ek droom dat ek in my ou bakkie ry
en ‘n meester plan kry
om my besigheid mee uit te brei.
Dit laat materiaal en kapitaal
en masjiene in my skoot val
en ek ontwikkel hier en ontwikkel daar
en slaan planne aan mekaar.
As ontwikkelaar kan ek geen ruimte spaar
en maak my stootskrapers velde reg en klaar
en skiet my dinamiet bome tot niet
en waar strome weerstand bied
word dit herlei,
want wie wil veld en vlei besit.
Waar daar velde was,
is daar nou geboue van glas;
want mense moet bly plek kry
en diere en voëls en alles daar
kan self op ‘n ander plek gaan bly.
So vêr mens die oog op slaan
is waar my plekke die lug in staan
en as die natuur daardeur vergaan
staan dit my nie aan;
want ek moet paaie bou
wat die stad omvou.
Ek sien die stad strek
tot by die see
en help om bou plekke af te tree
en sien hoe word my planne uitgemeet en afgetrek
tot dit die aarde dek
en ek huise aan almal gee.
Die groot wild slagting
Thomas Baines het in agtien sestig
‘n skildery geverf
met die titel “die slagting”
wat ‘n wild stroping uitbeeld
wat georganiseer was as ‘n reuse jagtog.
Dit was tot eer van prins Alfred
(‘n seun van koningin Victoria)
wat Bloemfontein besoek het.
Omtrent ‘n duisend inboorlinge
van die baRolong stam het saamgekom
onder dekking van die koppies
gewapen met assegaaie
en het op die vlakte saamgekom
om dertig duisend wild te omsluit.
Die verskillende soorte wild
het gegroepeer as aparte troppe
springbokke, wildebeeste,
bontebokke, sebras en volstruise
en het op en af gemaal en gestorm
in ‘n groot roesemoes
mekaar kruis, in blote skrik mekaar vertrap
met gewere wat afmaai,
die inboorlinge wat skreeu en hulle spiese gebruik
en ‘n groot stofwolke wat bo oor alles hang.
.
Die verbete verskrikte wildebeeste
het groot stormlope gemaak
en keer op keer probeer deurbreek op plekke
maar was afgemaai met assegaaie
om terug oor die dooies te hardloop
terwyl die ander diere rondmaal
in die naderende sirkel
en die gebulk
van die verwonde diere
het vlugte aasvoëls aangelok
wat swewend die lug gevul het
l’Envoi
met waarskynlik nie meer
as drie duisend koppe wild wat deurbreek
in die nou vallei,
verby swiep by die huis van Thomas Baines
en ek kan net tot die gevolgtrekking kom
dat die mens die mees vernietigende
lewende kreatuur
op die ganse aarde is.