Titel: Oplossing Leuen
Deur Koos Elsum

leerstoele sit vol gatte
die tafelblad blink
waterkraffie met glase
bekrompe in die middel
droë monde wag
vir praat slag
hoë rug stoel swaai
die deur is oop vir praat
droë mond spat gladde oplossings
op plastiek gebonde papier
oor ligstrale teen wit muur
vir nou en toekomstige probleme
leer stoele sweet gesit
tafel blad in kolle gevat
leë water glase met koppies
oral, vuil gebruik
gladde verkoop monde
stil in die môre lig
oorgee tye, implimentering party
is alles hande klap aanvaar
dié oplossings is nou dié probleem
voor tyd en prys se deur
droë mond sit almal
alleen en wag