
OPSTAANTYD
Soos moeder Eva het sy opgestaan
die brokke van haar verlede
saam met die kreukels en stof
uit die lakens oor haar bed afgeskud
toe die somersoggend
in die palm van haar hand vasgevang
en alles om haar in smôrensoranje geskilder
– die laaste ster ook opgevou
en in haar sak gedruk
haarself in ewige stiltes verdrink
die vonkelprag van vroeë voëlgesange
om die nuwe dag gehang
een aan elke vars sonstraal
wat nog yl, los en lenig
oor haar vensterbank kruip.
Haar bed perfek opgemaak
want vanaand
moet sy dalk weer daarin slaap.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.