Jongste aktiwiteit:

Ou bul

“Die verdekselsde bul wil nie skuif nie,” kla Magriet in Ben se oor. “
Kan jy hom nie net verby vat nie?” Sy sug hardop. “Is jy mal? Het jy gesien hoe groot is die ding se horings!” Sy klink byna histeries.
“Oukei. Wag net hier.”
“Gmf, waarheen dink jy nou sal ek heen gaan?” Kom dit sarkasties.
Ben druk die bakkie se deur toe en stap met ‘n kopskud na die bul toe. Ai, die ou bul soek net ‘n kop krap. Hy is so bederf maar Magriet is steeds skrikkerig vir die ou bul.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed