Jongste aktiwiteit:

Pannekoek Resep

bring bestanddele
eenvoudig in plus minus maat
koekmeel, bakpoeier en bietjie sout
trou dan in ń familieband

gooi loopgoed saam
volroommelk, olie en meng eiers
meng die nat en droë goed
trou dan in ń familieband

bou die hitte
tot die sitvlakke skroei
bietjie olie verbruin almal
trou in familieverband

kaneel suiker
versoet die veelvoud
van familie pannekoek skandes
trou in familieverband

smaaklose bestanddele
vermeng tot soet pannekoeke
geslagte swyg oor skandvlekke
getrou in familieverband




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed