Titel: Plaaspad Soen
Deur Koos Elsum

ń grondpad kronkel
deur oop veld
oppad na boerebeskuit
en soet winterkoffie
die sitplekke vou
warm om bene boude
in die luim
ń vry atmosfeer
harte stop
lippe stamp seer
in dié eerste wintersoen
sonder sonde rede
oor winterveld
flits gevaarligte
die gemeenskap nooddienste
is daar om die pasiente siek te verklaar
TEMAS