Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Plank Vloek

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 17 Junie 2021 Aantal woorde: 83 228 Kere gelees 2

gange verbind
dominee voorgee kamers
moeë kop wegkruip kamers
leë maag vervul kamer
warm kosmaak kamer
ń stink nood kamer

voete soen sag
plank gang vloere
wat ongehoord kraak
as enige kalant
skelm kamer
verlaat

die vloer kreun is ongeag
swaar boude tannies
stoute tiener giere
oumens skuifel
die ure

uit die planke toep*
kraak ń vreemde taal,
ou bome onder matte
vra vir lug en
uit ń dieper ruimte
roep ondeunde voorvaders
hello!

*toep – elektronies hulpmiddel op vele terreine in die geval ń vertalings hulpmiddel




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 570
Kommentaar telling: 82

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 221 gaste aanlyn

Bydraes – Argief