Jongste aktiwiteit:

Platteland Speurder

In die plat vaal veld
staan ń kind
met skoon gemoed
in kort
vaal broek.

In onskuld verweef
soekend na meer as veld
veilige platteland
speurder na ń gevaarliker
landskap.

ń Flaprand kinderboek
gee instruksies oor speurderskap
ken jou gemeenskap
mense paaie plekke
al is daar min.

Die studie is ongedaan
almal is bekend
die landskap plat
al die donker kolle
krotte, swart rivier lope
jode, lebanese, mogorotsies…
eeue al as gevaar geklassifiseer
is nou hier saam
gesweer.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed