Repliek Oop projek klas silwer November/Desember
Repliek
gister se goed geankerde fondamente
van ons bronsbakens bonkig en blink
en klepels van kerkklokke
wat in afrikaans koorlik klink
dit is net artefakte nou wat doelloos
draal deur die droewe driwwe
van die vier en veertig dissidente
ja, die kopdoek korps van die kapsie kultuur
wat ons vasspyker teen hul presumasiemuur
ons betaal duur vir die wat ons hart verlaat
bloedsverwante wat hul slagare poog sny
sodat die as en stof
van ons verwante dooie familie
soos ’n gaasdoek wegwaai
die lewe het duur geword vir afrikaners
en daarmee saam kom die dood se
doemprofete se vloeke mos altoos uit
gister vandag se seker nog vir honderd jaar
die verdomde hensoppers maak hul
akademiese duimsuiery mos altyd waar
dat ek van jul gespeen is
dra ek met tierende trots
gedistingeerd
soos ‘n dubbelken
(C)MCH
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir NOVEMBER & DESEMBER 2025 – OOP projek