RESENSIE: Die DIEPTE, die film
RESENSIE: Die DIEPTE, die film
„Die gebed aan ‘n meeu*”
Hoe voel dit om as proefkonyn aangesien te word? As ‘n reeks wetenskaplik verifiseerbare toetsuitslae? As ‘n stuk vleis met fisiese eienskappe en chemies-genetiese beïnvloeding? Dit moet verskriklik wees, maar daar sit ek die einde van die episode vooraan: ‘n Man het iets onmoontliks gedoen, en daar moes nagevra word oor hoe dit kon wees. Want ons glo nie meer in wonders nie, nè? Of dog? Nadat sy viskutter in 1984 gekenter het, het ‘n visserman ure lank in die yskoue winternagwater voor die kus van Ysland oorleef en daarna nog twee ure lank kaalvoet deur sneeu en ys oor die lavaberg geklim-struikel op pad huistoe. Regisseur Baltasar Kormákur het die verhaal rustig soos in ‘n dokumentêrfilm navertel.
*
[ The DEEP (Yslands: Djúpið); 2012 (Ysland) ; r. Baltasar Komákur; d. Ólafur Darri Ólafsson, Þröstur Leó Gunnarsson, ea., 95 minute. ]
*
Die ongeveer dertigjarige Guðlaugur Friðþórsson, „Gulli”, gaan saans om nege-uur aan boord die kutter, saam met sy vyf makkers wat ook in die kroeg was. Die ene was in ‘n bakleiery en nog ene moet eers uitkots, so dronk is hy. Nadat hulle geëet en koffie gedrink het, kan die enjin aangeskakel en toue losgemaak word. Eers word die bemanning voorgestel: Yslanders! Ruwe, rowwe kêrels, maar met ‘n goue kern êrens. Yslanders ewe:
Die familievater wie se gesin hom liefhet, en hy vir hulle,
die masjinis wat so dronk is, hy kan skaars die enjin in gang kry,
die stuurman wat sy koffie so sterk wil hê dat ‘n halwe pakkie op ‘n beker gebrou moet word,
die nuwe kok wat vroeër hier op die Westerman-eilande voor Ysland gewoon het, voordat die laaste vulkaanuitbreuk sy ouers gedwing het om na die hoofeiland te vlug. Almal eie persoonlikhede, die ene na die andere…
En Gulli (sê Ghoelie), ‘n diklike moedersseuntjie, wat sy melk uit ‘n glas drink, kalm, rustig, vredeliewend.
Almal aanboord wat ‘n taak te doen het, doen dit, die ander kyk slaperig tv met slegte ontvangs. By die eerste plek waar hulle nette uitgooi, kom niks nie, en hulle trek verder. By die tweede plek haak die hooftou in iets onderwater vas en die boot kenter. Drie, vier manne word oorboord gegooi en klou vas aan die kiel. Na mekaar val hulle af en sink weg, tot net een oor is, Gulli [Ólafur Darri Ólafsson]. Hy besluit om te swem — en gesels met die meeuwe wat hom begelei. Die lugtemperatuur is minus 2° Celsius en die water -5°C, ongeveer 19°F.
Dit alles speel in die arktiese winternag ab, en die kameragebruik is besonders beïndrukkend: Hoeveel lig kan jy toelaat as dit nag is, ‘n helder sternnag ja, waarby ‘n sterk wind waai? Dis ‘n swart silwerdoek, nie somber nie, maar met helder beligting op die dinge wat gesien moet word. En onderwater voor ‘n grou-groen agtergrond swem die visse, die nette en toue . . . en die lyke.
Later kon vasgestel word waar die boot ondergegaan het: In die tyd toe ‘n bekende tv-program speel, asook hoe lank hy moes geswem het, en hoever hy oorland moes geloop het tot hy by ‘n vriend se huis aan die deur geklop en soos ‘n dooie omgeval het. Of vier ure of ses ure geswem, weet ek nie meer nie, maar boonop twee ure kaalvoet bergklim oor die lavarotse.
*
Maar hy was nie dood nie, en, behalwe vir sy stukkende voete, was hy gou weer taamlik gesond. Soiets word gou bekend, en hy het op sy hospitaalbed alreeds met die tv-mense gepraat. Toe kom natuurlik die natuurwetenskaplikes wat hom deeglik wil ondersoek. So is hy tot na Engeland in ‘n groot militêr-hospitaal vir allerhand ondersoekinge gebring.
Ek siteer uit die resensie van Kaspar Heinrich in Die Zeit; ek kan dit nie beter uitdruk nie: „Esteties is dit goed vir die film, dat hy [die film] terugstaan, onopdringlik is. Dis seker moontlik dat dieselfde plot as Hollywood-produksie óór-inseneer sou word en in pathos sou verdrink. The Deep dra die dramatiek van die geskiedenis deur sy terloopse grondtoon en lang [kamera-]instellings. ‘n Spektakulêre gebeurtenis het geen spektakulêre daarstelling nodig om te werk nie. Komákur het dit verstaan.
So werk die film die sterkste waar hy die stilste is. Wanneer Gulli uit die water met ‘n seemeeu, wat oor hom sirkels draai, praat en vra om nog ‘n dag, en die dag dan skilder. Of wanneer die vrou van ‘n verdrinkte oor die telefoon van die ongeluk verneem, is nóg woorde nóg ‘n musiekbed nodig om die swaarte van die toneel oor te dra.”
Dis ‘n fassinerende film, mooi kan ek nie sê nie, maar dit hou jou aandag geboei van aanvang tot einde. En die mense het bly sit gedurende die lang ry tegniese personeel en ander medewerkers en dankseggings (wat niemand kon lees nie — dis alles Yslands). Uit geroerdheid. Ek ook. Daar is origens ‘n paar kort toneeltjies van die rêrige Gulli, Guðlaugur Friðþórsson, uitknipsels uit sy tv-onderhoude in 1984, heeltemal aan die einde.
As onderhoudingstydverdryf op die vlak van Brad Pitt of Julia Roberts: ‘n slegte 2. Maar so ‘n film het ‘n eie kategorisering nodig:
4 sterre.
*
* Subtitel van ‘n resensie in Die Zeit, ‘n weeklikse koerant.
©21e.Februarie2017≈≈≈ ◄]:o(…|****|…(o;Þ.≈≈≈≈≈≈≈≈≈≈≈≈≈≈≈≈(2014)tje
[Europa en die wêreld / Ysland]
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.