Resensie: HANNA SE REIS, die film
HANNA SE REIS, die film
Nog ‘n film oor Israel – hierdie keer oor Duitsers in Israel. Nie net dat dit gedeeltelik in Tel Aviv gedraai is nie, maar ook ondersteuning van ‘n israelse filmowerheid gekry het. (In die dankeslys aan die einde van baie europese films kom die name van mense en organisasies wat (meestens finansieel) gehelp het.) En diekeer ‘n drietalige film met ondertitels waar nodig. Eerstopvoering in Montreál in August 2013 by die World Film Festival; duitse premiére in Januarie 2014.
☼
[Hannas Reise; regie: Julia von Heinz; draaiboek: John Quester, Julia von Heinz; met Karoline Schuch, Doron Amit, Max Mauff, Lore Richter, Trystan Pütter, Lia Koenig, Suzanne von Borsody; orginaaltale: duits, engels, hebreeus; 2013; Duitsland, Israel.]
☼
Hanna Eggert is ‘n eersugtige jong student van ekonomiese bestuurskunde kort voor haar eindeksamen. By ‘n onderhoud met haar voorgenome firma lieg sy dat sy in ‘n joodse tehuis vir gestremdes gaan werk („Iets joods is altyd goed, iets met gestremdes is altyd goed; met joodse gestremdes . . . dubbelgoed!”) en vra haar ma om so ‘n skyngetuigskrif op te stel. Haar ma, wat by ‘n vrywilligheidsdiens werk, is ontset en sê vir haar dat sy ‘n plek kan vind waar sy kan werk, maar sy skryf geen vals berigte nie…
In Israel aangekom leer sy hoe om met die gestremdes om te gaan, sy leer ‘n jong man ken wat haar gedurig met holokaustgrappe beledig, en sy leer haar (plig-) holokaustoorlewende ken. Frau Gertraud Nussbaum. Hulle ontdek dat Hanna se moeder lank gelede ook as vrywillige in Israel was, en dat Frau Nussbaum haar geken het. Hulle speur haar interesse en kontakte na. En so kom hulle op die spoor van hoe Hanna se grootouers hulle destyds in die Derde Ryk gedra het.
Hanna het ‘n eksamen wat sy moet aflê wanneer sy na Berlyn terugkeer, en moet daarvoor swat; sy het ‘n vriend met wie sy skaaip; die woongemeenskap van die vrywilligediens, waar sy woon, is ‘n heillose deurmekaar, en haar dag het eenvoudig nie genoeg ure nie. Daartoe kom dat sy en die onuitstaanbare Israeli hulle inmekaar verlief het.
Die verhaal toon ‘n stadige verandering in iemand se persoonlikheid – van ‘n yskoue, materialistiese, moderne jong vrou in ‘n warmhartige, lewenslustige meisie wie se oë oopgaan vir dit wat werklik – en werklik belangrik – in die lewe is. Nadat hulle lank gekabbel het oor reg en onreg, oor skuld en vergifnis, bereik die twee jong mense ‘n slotsom: „Ons moet daar aanvang waar ons is. Ons kan nie terug na nul nie.” Niemand kan.
☼
Europese films hou hulle nie aan die Hollywood-formule nie: „Boy meets girl; boy chases girl; girl catches boy. Happy ending.” Daar is veel meer beweging, sielsbeweging. Die agtergrond waarvoor dit afspeel, die newedaarstellers en húlle idees en vrae meng saam om ‘n aanhoudende ruil tussen helder en donker, swaar en lig, vrolik en treurig te bring. En jy kan nie altyd weet wat as volgende gaan gebeur nie.
Heerlik! Goed en graag vier sterre.
☼
Ek kan nie Hebreeus nie, maar hier is ‘n paar vertalings wat ek gevind het uit die israelse pers.
In die hoogaangesiene hebreeuse filmblog Motke: „Die ontdekkingsreis van ‘n jong Duitse na Israel, wat ‘n rypingsproses begin, boeiend en humorvol geskilder…, sensitief, grapperig en intelligent. …Slotsom vir die publiek: u Moet Hanna beslis op haar reis begelei.”
Uri Klein in Haaretz: „As dit nie ‘n speelfilm van 100 minute was nie, en as die hooffiguur nie ‘n nie-Jodin was nie, sou Hanna se Reis – ‘n film van die duitse regisseurin Julia von Heinz – slegs een van daardie zionistiese infomercials wees, waarin Jode uit die hele wêreld hulle beleefnisse beskryf wanneer hulle na Israel kom. Die film het ongeveer soveel diepgang soos sulke filmpies en wat hy polities voorhet is eweso lomp.”
Daar kán aldus nie net één mening wees nie!
☼
©.tje………… ………..c]:o(٤…|☼☼☼☼|…(o;Þ………….17e.Januarie2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.