Rooiwyn (Italiaanse Sonnet) (Silwer)
In ‘n digmisgetooide môrestond,
teen ‘n ploegskaarlyn van ‘n losklip rand
is ek neergelê deur die boer se hand,
‘n varsloot geplant in geleende grond.
So koelsomersoel en blinkpêrelrond
in volrooi getooi teen die wingerd sand,
vryhand geskilder aan die berghang kant,
soos ‘n smelt in die mond, so ongeskond.
My vrede so soet is per se verby,
sommer net so gepluk en uitgeruk
uit die rustigheid van my droom vallei.
En ek wens dat ek nou gerust sal kry,
in ‘n Langverwacht of ‘n Grootgelukt,
wyl ek vredevol op my rak gedy.
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2020 – Ek wens dat ek … projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Esmari Potgieter
Hallo Seirdna, ek het hierdie gedig van jou so geniet. Die klanke daarin is so lekker soos rooiwyn!