Jongste aktiwiteit:

SAMBOK MET SONDES

Jou sambok is verward tussen jou eie sondes
sondes waarvoor jy ander laat boet
kinder gesiggies vervreem jy van my
jaloesie het jou hart in groen geverf
jou kondisies uit die hof van jou siel
die regter se plek het jy ingeneem
God sin ook jy verander seën na straf
jy is geblinddoek met n skaal
geregtigheid en vergifnis ken jy nie in jou taal
jy vermom jou eie foute as jy die leuen van alle meesters erkenning gee
ek staan vuisvoos voor jou
verpletter in stukke gekap
jou hande drup van my omgee
wat jy vermorsel vermoor
my hart loop buite rond
afvlerk haweloos boemelaar sonder hoop
jou dade sal eendag aan jou deur kom klop
sonder uitnodiging sal jy die bloed afskrop
@Loret Zwarts
Bronsgradering
Maart – oop projek




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed