Jongste aktiwiteit:

Sigsag deur die lewe

Sigsag deur die lewe

*

Langs die stil sterwende dor spruit

tussen eie nagedagtes van eergister

lê opdrifsels verstik op repies turf

in kronkel heimwee se vergetelheid

¨

stadig sif eerste trane reën treurend neer

tussen hardkoppigheid en stille voorgee

op savannas van verstrengelde gedagtes

dan kriewel dormante saad in teelaarde

¨

kwistig beur die embrio deur tot lewe

jou hart is daar waar jou tuin ontplooi.

*

©Arnold

19 April 2024 om 15h58




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed