Skadu oor die kruis
Wanneer jy diep
in die blou-hemel kyk
lyk die lug kreukel’loos,
maar hoekom is die mens so roekeloos?
Dit laat my dink
dit laat my bly opkyk
en in my gedagtes plant ek ‘n akkerboom
langs ‘n kronkel rivierstroom
Hemel’trane drup teen sy blare af
oor die skadu’kruis se bodemlose graf
“Hemel’trane” reȅn
‘Skadu’kruis’ sondeput
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2021 - Oordenkingsprojek