Jongste aktiwiteit:

Skielik is jy vry

Daar is nuwe perspektief
in afstand en tyd, sou ek leer in latere nagte toe
onthou nie meer afknou nie
herinneringe draaglik word en
alleen verkieslik bo eensaam is
toe introspeksie blaam verdeel en
ek myself bloot net nie meer kon verskoon
want in die spel van stukkende harte
is geen hand sonder bloed
elke weer probeer meer futiel
as die vorige keer
onder dieselfde dak
het ‘ons’ weer ‘jy en ek’ geword
die skrif was aan die muur
en ek te besig om te spoeg en plak aan
my bêredroom oor ‘white picket fences’
en ewige liefde
om te begryp
ons was so lank al maar net
skepe in die nag

©️Elize Kruger
September 2021




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed