Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Annamarie

Petisiepeloton (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2021 2

Petisiepeloton

Ek sal vanuit ‘n laer van ink*
my met die pen verweer;
magsbehep se onheilswaard
van my erfgoed wegkeer.
Woorde laat opklink, snel en luid,
bó-oor verwoesting uit;
téén gulsige vergrype
wat my grond, geloof, geluk
vir ewig wil vermink.
Ja, plak my teen die linies,
slaggereeed,
in laer met pen en ink.*

*BRONTEKS: Plak my teen die linies, Ink Moderator

©ASvdMerwe

Bettysbaai (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2021 5

Bettysbaai

Bokant Bettysbaai
troon Kogelberg teen die son.
Fynbos wat daar fraai
tussen witklipkronkels blom.

Die skerp geur van geluk
kelk koninklik om jou oop.
Jou hart sal oral waar jy loop
daarvan pluk.
Stukkies afbreek
en stewig in jou…

Genesis (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2021 7

Genesis

Ek wou eens my geloof opsê:
toe jy as ster verskiet,
my aarde onherstelbaar kantel,
die wêreld in sy kern krummel
en lawastrome vastigheid versmelt
tot vormlose plate koue klip.

Maar ek’t besef ek kan nie:
hierdie breinlose bondel eensellige niks
gaan nie evoleer uit die chaos
om as sterkere te oorwin
en morfologies aangepas
verbeterd te funksioneer nie.

Al waaruit…

In Ocean Basket (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2021 9

In Ocean Basket

Sushi is vis. Dood en rou.
So ook jy en my verlange na jou.
Ek eet alleen aan die groen goed
met die naam wat ek altyd vergeet.

Dit slaan my asem weg

en brand ‘n pad af in my keel:
amper so intens as die seer
om te weet dat ek jou naam
straks…

Wou (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2021 8

Wou

ek sou jou graag wou liefhê

ek’s spyt om dit nou kras te sê
ons was vir mekaar bloot nodig
(dit besef ek nou –
t’rugwerkend gebeskou)

so trane is oorbodig
nou wat jy finaal jou rug draai
op wat ons saam gesaai
(én saam verdraai)
het

net
(gun my dit tog maar sê)

ek sou jou graag wou liefhê

©ASvdMerwe

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 151 gaste aanlyn

Bydraes – Argief