Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

AnnaPatat

Donker Goël-uur: (Kwatryne)

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2019 12

selfs die rooi-dagbreek lê nog sluimerend
sy glip uit drome gedagtes ontbind
en kleef vas teen die donker van die uur
die stilte verstrengel haar versmorend

‘n vrou lê wakker in ‘n sinkplaathuis
‘n vrou sit wakker in haar duur kombuis
op die oog af verskillend dog glad nie
want…

met eer aan: Bibi Slippers

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2019 10

kanarie-geel
vlieg jy my gedagtes binne
elke woord poësie op sy eie
boeiend

soos jou geliefde “xerox”:
lees ek:
weer en weer
oor en oor

jou gefotostateerde foto
in die binneblad
kyk my stip in die oë
aangenamekennis

jou skepping is…
(gebrek aan voldoende woorde)
bekoorlik en
ontlok in my ‘n
euforiese…

Paljas

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2019 13

ek verander in n nar
n traan kleef teen my wang
– verstarde gedagtes-
[jy het my kwansuis liefgehad]
grap
als ontaard nou in n sirkus

Metamorfose: (Kwatryn)

Deur Datum gepubliseer: 24 Mei 2019 6

massiewe platane verkleur seisoen
groen na bruin geel oranje rooi voldoen
‘n teken van die natuur se rustyd
in die stilte met jouself te versoen

Kortverhaal [vir Johan]

Deur Datum gepubliseer: 23 Mei 2019 6

Eendag lank, lank gelede…

het ‘n draak hom ingesluk

en die dood was beter in stede

van die lyding van die lewe wat misluk

niemand het sy binnelandskap geken

as hy lepelgelê het in die nag

met sy gedagtes wat bereken

hoe om sonder faal sy slot te vermag

ons sal wonder of hy nog iets wou…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 136 gaste aanlyn

Bydraes – Argief