Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Anria

Ek was ok sonder jou, tot nou

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2018 9

Jy het my
weer ‘n keer

…van balans gegooi.

Jy het my
weer ‘n keer

onseker.

Ek het gedink
jy het van my vergeet.

@Anria

Oor en oor en oor en …

Deur Datum gepubliseer: 13 Februarie 2018 9

Gisteraand het ek van jou gedroom.
Hoekom?
Ek probeer dan so hard!
Ek veg
en skop
en skree
en bid
en smeek my hart om van jou te vergeet.
Ek lief jou sò!
Jy wou nie by my wees nie.
… maar gisteraand het ek weer van jou gedroom

Dis nie jy nie, dit is ek.

Deur Datum gepubliseer: 7 Februarie 2018 8

Miskien
sukkel ek so om oor jou te kom
nie oor wie jy is nie
nie omdat jy die beste man is
wat nòg in my lewe was nie
nee
miskien
sukkel ek so om oor jou te kom
oor wie ek is
oor al die reeds gebreekte stukkies

Klouerige dorings

Deur Datum gepubliseer: 31 Januarie 2018 18

Ek klou
vas aan jou dorings
ek klou
en jy laat jou dorings
in my hande delf
soos ek klou
ek klou vas aan jou
met oop hande.
Jy dink ek klou
vas aan jou.
Jy dink
maar die oomblik
wat jou dorings my los
gaan jy val
en…

Niks skree.

Deur Datum gepubliseer: 28 Januarie 2018 8

Musiek is stil.
Jy is stil.

Woorde is stom.
Jy is stom.

Jy het my musiek gesteel.

… stile, skreeuende stilte …

Jy is stil.

Die musiek is stil.

Jy is stil.

… daar is geen woorde oor
geen woorde oor vir ons
woorde om ons te beskryf nie.

@Anria.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 679 gaste aanlyn

Bydraes – Argief