Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Anria

Dit is nie my tuin nie.

Deur Datum gepubliseer: 1 Januarie 2018 4

Vasgevang in ‘n donker sel
vir jare gelewe
in ‘n bekende hel.

Uitgekom en rond gekyk
gesien hoe vrolik
die wêreld buite lyk.

Voete vries op groen gras
‘n pragtige tuin
wat nie myne was.

Vallye en dale is wat ek verdien
en moet ek aanhou stap
om die waarheid te sien.

Ek hou vas, ek Belowe!

Deur Datum gepubliseer: 25 Desember 2017 10

Ek wens ek kon jou vashou
Ek wens jy was nog hier
Ek wens ek kon verstaan
hoekom jy weg moes gaan.

Ek mis jou soos die blare
na reën druppels op hul verlang
en die alleenheid in my siel
maak my eintlik bang.

Daar is hande in die gat
die…

Suzel.

Deur Datum gepubliseer: 23 Desember 2017 7

Skoenlapperprag
blondekop pop
jy trap feëtjiespore
trippel trippel sag
waar jy
deur harte wandel.

Soms jok mens vir jouself.

Deur Datum gepubliseer: 18 Desember 2017 10

Jy sê jy het my lief
ek is al by wie jy wil wees
maar steeds
lê sy in jou bed en ek
(ja ek weet, die regte woord is gek)
slaap alleen.

Laat my gaan.

Deur Datum gepubliseer: 16 Desember 2017 5

spinnerak vas
jy hou my hier
jy klou aan die boks
waarin jy
my gesit het

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 136 gaste aanlyn

Bydraes – Argief