Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Anria

Flashbacks

Deur Datum gepubliseer: 14 November 2017 8

Flashbacks
sucker punch jou in die maag
in die hart
in die gut
dit slaan jou onverwags
slaan jou winduit
slaan jou lag uit
slaan jou hard.

Flashbacks
trigger ander flashbacks
trigger memories waarteen jy
veg met jou hoop
met jou doelgerigtheid
met jou vasberadenheid om te glimlag.

Flashbacks
van jou

Dis sulke doef-doef geluide.

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2016 12

Vrolike
spierwit skoenlappers
smash
een vir een vir een
v i r e e n
teen my windskerm
en skiet
gate in my hart.

@ Anria

Ek is die storm in jou.

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 11

Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel vernietig.
Ek sny jou
met my warrelwinde
en maal jou gedagtes fyn.
Ek is die storm wat binne jou woed
en jou siel verpletter.
Ek breek
jou hoë mure af tot op die grond
en laat jou weerstand verbrokkel.
Ek is die storm wat binne jou woed
waarvan jy…

Die mooi van die donker

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 6

Ek weet ek smag na die passie
en die hunker
die verlange van voel

terwyl ek moet lewe
om te strewe
na vrede en rustigheid

maar ek soek
die seer van (te) lief wees
en na die vraag binne jou
wat…

Jou musiek

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 19

My gebroke siel

( wat vol fyn krakies
wat gebreek
en halfhartig gelas –
wat haar beste probeer het
om heel voor te kom
maar steeds
in stukke was )

het geheg
die dag
die oomblik
toe ek jou
die eerste keer hoor sing het

– jou stem
die passie in jou stem
die voel
die verlange
die seer –

jou stem het my
(siel)
opgetel en elke stuk…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 113 gaste aanlyn

Bydraes – Argief