Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Barbara

Doring (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 5 Desember 2020 8

DORING

doring
gladdelyf gesant
gekoester al vir jare
dig teen my bors
wieg sagkens weg
en word gewek
uit nanag-euforie
geruk deur reuk
van vars formeersel

hoe lank nog voor jy
die laaste lewe uit my suig
.
© Barbara Smit 4/12/2020

Kersfeesliggies (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 5 Desember 2020 8

Kersfeesliggies

die foto’s wat ek uitpak
verbreed die soet rand van my hart
herinnerings se repertoire, feestelik
soos kersfeesliggies deur die huis

al voel dit soms of lamferbande
my arms stomp afbreek
die liggies brand tog trots en helder
nóóit laat die LIEFDE in die steek

dae, maande, jare
dit is gebêre…

Liefdesblyk (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2020 7

Liefdesblyk

‘n skewe posy
in my hand
selfgeplukte woorde
sonder klank
met stil gedagtes
én met liefde
kies ek die kleur en geur

vou dit bymekaar
in blink-blou selofaan
waar jy nou lê
lê ek dit neer
nederig my liefdesblyk
om wat jy was
‘n laaste keer te eer

© Barbara…

SOU JY BLY? (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2020 8

sou jy bly?

as jy
my binnekamer
sou betree
my sonder
vreugdesmasker
sou ervaar
sou jy
in die skaam-skemer
van my liefde
wou vertoef?

sou jy
verstrengel raak
in die rafels van my tong
my vrese en onsekerheid
jou wurg
sou jou hande teer
steeds só sag
oor my wang kon…

Geskryf in die Sterre (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 10 Oktober 2020 10

Geskryf in die Sterre

ankerloos in winterkou
in sierskrif lê dit uitgestippel
op wysie van die wind se tune
tot in die siel se blouste blou

die dolosse blink uitgeskud
van horison tot horison
dui presies die plek, die oomblik aan
waar ek moes groet, waar jy moes gaan

ek dobber hier…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 205 gaste aanlyn

Bydraes – Argief