Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Barbara

Oorbegin

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2019 11

OORBEGIN

die wenstreep
word ‘n doodloopstraat
wat wyd was word te nou
agter word nou voor, en voor
‘n holderstebolder agterstevoor
groot nou onbenullig niks
commonsense raak nonsens
dak word vloer en vloer gee pad
die klok versnel in agteruit-rat
‘n nimmereindegende reis
met ‘n onseker padkaart
wat nie al…

TYD IN ‘N BOTTEL

Deur Datum gepubliseer: 22 Julie 2019 7

Tyd in ‘n bottel

x
die
warmte
van ‘n huis
vol liefde, waai
heuningsoete tyd in
druppels goud en blink
bymekaar om te bewaar
in ‘n groot can fruit bottel
om eendag op ‘n reëndag
as mens jou vingers doop
in die taai-soet stroop
te smul aan soet
onthou

© Barbara…

Die Sirkel is Voltooi

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2019 11

Die Sirkel is Voltooi

ek by Hom en Hy bý my
lángs my – Hy leer my loop
wankel-kleuter-treetjies
Hy gaan die pad vooruit
so veeg Sy Grootsheid oor my

ek by Hom en Hy lángs my
soos ek die bakens omloop
tienertraantjies
grootmensbaantjies
vrou word – ma word – groot…

DIE OUBAAS

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2019 12

DIE OUBAAS

as die Oubaas
kromrug nader skuifel
die son net so effens
so deur die ylgrys hare
so op sy bleskop blink
hoor ek hom grom en kreun
sien hom norsrig op sy kierie leun
my asem, die koue wasem
wat deur sy neusvleuels wolk
dis soos ‘n somber…

WINTER 2019

Deur Datum gepubliseer: 17 Junie 2019 12

Winter 2019

dié jaar voel sy tande stomp
sy weste wind se asem sonder sny
sy handevryf se wikkeldansies lomp
sy frons so nors oor ons nog kaalvoet bly

die swaels vergaar maar kry nie koers
die son is lui maar doen sy werk
steeds keer sy skyn die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 131 gaste aanlyn

Bydraes – Argief