Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Skrywer:

Bernie

Op Usakos se standplaas

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2018 11

Op Usakos se standplaas

300 Ovambos dreunsang in gelid verby
op hul skouers die sware stawe van hout
ander kap ballas klip
met ritmiese slae
spierwit kopdoek op oupa se kop
groen gaberdene hemp
swart verbrand
sweet pêrel in strale af
die spoorlyn moet gelê word tot aan die kus

STORM

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2018 9

STORM

Golf oor golf
breek oor my gemoed
storm broei
klotsende stemme
slaan vas aan wande
breinvoos suig gety
spartelende emosies
in hartkamers
brullend sweepslag brander
oor neurone
elektriese lading
lek aardskuddend
in spiertonus
spasmaties wriemelende
sinne nou onbeheers
seekatarms trillend
in elk asemteug
spoegend swetsend
die storm broei

Stil die stemme

Deur Datum gepubliseer: 6 September 2018 13

Stil die stemme

Die tolbos rol om om om
kakie groei welig
wiele rol om om om
ratkas krap
olie tip tip tip
opiaat my maat
dowwe oë
gefikseerd
myn ontplof
kop bars oop
soos spanspek
web draai vas
donker nektar vloei
benewelde denke
sinne onlogies
hardloop hardloop
kry dekking

Stil die stemme

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2018 11

Stil die stemme

Die tolbos rol om om om
kakie groei welig
wiele rol om om om
ratkas krap
olie tip tip tip
opiaat my maat
dowwe oë
gefikseerd
myn ontplof
kop bars oop
soos spanspek
web draai vas
donker nektar vloei
benewelde denke
sinne onlogies
hardloop hardloop
kry dekking
mortiere swoesj
bloedbevlekte klere
stukkies mensvleis
gedrapeer aan takke
hoekom
gestoor in brein
warboel
paai my wolf
hy wil nie
vlymskerp tande knars
grom alom
bloedbelope oë
bewende hande
trane…

Pyngedagtes

Deur Datum gepubliseer: 4 Julie 2018 8

Pyngedagtes

Dowwe klop-klop plof in my kop
swaar las kom lê op my skof
uitdagings is rof
uitsig is dof
tree vir tree
ploeter voort
dae en nagte
sonder slaap
emosies tolbos
kraaineste in my sinne
donker nag gooi spookskadu’s
koggel swiepend heen-en-weer
in elk kraak van hout
skree die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 77 gaste aanlyn

Bydraes – Argief